Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hagar
Hagar
Hagar
Ebook275 pages4 hours

Hagar

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die storie van Hagar is eintlik maar ons almal se storie. Elkeen van ons het ‘n Hagar, ‘n Abraham, ‘n Sara iewers in ons. Afhangende van hoe ons daarna kyk, kan dit my of jou storie wees hierdie.
Dalk wonder jy oor Hagar...waarom sou jy haar storie wou lees? Doodgewone storie wat ons almal van ons dae in die Sondagskool gehoor het, nie waar nie? Wat is so besonders aan haar? Ek gee vir jou ‘n klein loertjie in haar lewe, dan besluit jy maar self verder.
Hagar is diep in die veld besig om haarself voor te berei vir haar kind, Ismael, se geboorte. Sy het laasnag begin pyne kry en sy weet die tyd het aangebreek. Al wat sy by haar het, is ‘n kleipotjie olie, gemeng met die sap van papirus, sagte lappe om haar baba in toe te draai, ‘n tou en skerp klip vir die naelstring, en ‘n kan water om haarself en die baba mee te was agterna. Wanneer sy klaar is, kan die kan sommer daar bly lê. Sy sal dit op ‘n ander dag kom haal of iemand stuur daarvoor.
Sy is baie rustig oor die geboorte, want sy twyfel nie daaraan dat die godin, Hator, vandag saam met haar is nie. Sy was nog altyd teenwoordig by alle geboortes in Egipte, daarom sal sy vandag ook hier wees. Sy sal Hagar help, en as sy nie alles kan doen nie, is daar nog altyd Amun ook. Wanneer geboortepyne ondraaglik word, kom Amun en blaas ‘n koel windjie oor die moeder en dit verlig die pyn onmiddellik. Ja, sy is gereed vir alles wat kan kom vandag.
Op en af stap sy en sê haar Egiptiese mantra wat haar help om te fokus op die natuur se skoonheid en nie op die pyn wat deur haar liggaam sny nie. Op en af, op en af, terwyl sy die woorde oor en oor herhaal.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 11, 2018
ISBN9780463361948
Hagar
Author

Martha Poller

Hoe gebeur dit dat ‘n doodgewone ma, onderwyseres, huisvrou...wat nog? ewe skielik aan die skryf gaan? Ek dink dit is wanneer ander mense in jou iets raaksien waarvan jy self nie bewus was nie. Of... dalk het jy geweet, maar die moed het net (so effens) ontbreek? Dan kort jy net so ‘n hupstootjie van iemand om die pen op te tel. Ek hoor iemand brom dat ‘n mens nie op 62 jou droom kan begin uitleef nie. Nee, my vriend, jy is verkeerd. Mag jy ook jou visie vind en uitleef en die heerlikheid daarvan beleef.

Related to Hagar

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hagar

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hagar - Martha Poller

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1