Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Putvrou: 'n Borduurstorie
Die Putvrou: 'n Borduurstorie
Die Putvrou: 'n Borduurstorie
Ebook75 pages32 minutes

Die Putvrou: 'n Borduurstorie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie verhaal is gebaseer op die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou soos dit opgeteken staan in Johannes 4 in Die Bybel. Madelé Burger pas die verhaal toe op 'n stuk borduurwerk wat sy gedoen het en vertel van haar persoonlike reis tydens die borduur daarvan.

LanguageAfrikaans
Release dateDec 16, 2022
ISBN9781005247355
Die Putvrou: 'n Borduurstorie
Author

Madelé Burger

Toortsie skryf daagliks op haar blog, wat te kry is by toortsie.comEk volg die Bantingleefstyl sedert 2014 en het reeds die volgende boeke gepubliseer:1) Toortsie se Bantingboerekos2) Toortsie’s Banting Bash! (Printed and e-book)3) Hier’s die Toortsie weer!4) My kinderjare met betrekking tot vandag (outobiografie)5) Toortsie se Soetighede (Gedruk en e-boek)As publiseerder publiseer ek boeke namens die Goue Vroue. https://www.smashwords.com/profile/view/Gouevroue.

Read more from Madelé Burger

Related to Die Putvrou

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Putvrou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Putvrou - Madelé Burger

    Hierdie is my eie weergawe van die storie van die vrou by die put, soos dit opgeteken is in Johannes 4. Dit is glad nie feitelik korrek nie en ook nie soos dit in die Bybel staan nie, maar soos wat sy vandag in my hart met my praat. Kom ons noem haar Marie.

    Marie is ’n Samaritaanse vrou. Sy woon rondom die jaar 0032 in die Samaritaanse dorpie, Sigar. Sy is ’n uitgeworpene. ’n Randfiguur. Nie gewild nie. Nie een van die ‘in-groep’ nie. Die mense skinder oor haar. Baie.

    Want sy is anders. Sy pas nie lekker in nie, veral nie in die boksie wat ’n tipiese Sigarvrou in 0032 moet pas nie. Sy hét al probeer om in te pas in daardie boksie, om so te wees soos wat die samelewing vereis. Om die waarheid te sê, sy het dit eintlik heeltemal reggekry. Só goed dat ander haar amper bewonder het daarvoor. Maar, aan die ander kant het hulle haar juis vermy omdat hulle amper jaloers was op haar. Soms het dit voorgekom of hulle nie weet hoe om in haar teenwoordigheid op te tree nie.

    Dít het haar egter baie moeg gemaak en, om die waarheid te sê, glad nie gelukkig nie. Geen mens kan regtig gelukkig wees as hy nie sy ware self uitleef nie. Dit is soos om ontrou aan jouself te wees.

    Marie is anders. Sy hou van bont. Helder kleure. Nie noodwendig kleure wat by mekaar pas nie. Sy volg baie keer wat haar hart vir haar sê, selfs teen die uitstekende raad van ander in. Soms hoor sy selfs dat sy hardkoppig is. Stroomop. Die mense kan net nie verstaan dat sy met die tweede beste tevrede wil wees terwyl die beste binne haar bereik is nie. Hoekom sal sy teen alle reëls in die vreemdste keuses maak?

    Daar word baie stories oor haar gefluister, ook stories wat nie waar is nie. En die stories kry stertjies. Sy is so ánders as die ander vroue.

    Die ding is dat Marie daarvan hou om te eksperimenteer. Om dinge op ’n ander manier te doen as wat die norm is. Om te kyk of daar nie meer praktiese maniere is van doen nie. Of interessanter maniere. Of lekkerder maniere. Nie om snaaks te wees nie of om aandag te trek nie, maar om te ontdek. Sy gee nie om om foute te maak nie, want sy glo dat sy in die proses leer. Ontwikkel. En as sy nie die logika in iets sien of verstaan hoekom ’n ding op ’n sekere manier gedoen móét word nie, is dit vir haar baie moeilik om dit op daardie manier te doen. Selfs al doen almal dit so.

    Marie het

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1