Weg!

Van wes na oos deur die hartland

D ie behoefte om te reis en om nuwe landskappe te ontdek en ander mense te leer ken word nie deur ’n pandemie of ’n grendeltyd geblus nie. Inteendeel. Daardie drang om anderkant jou vier mure en lappie grond te verken raak net sterker.

Maar wat maak ’n mens as daardie oorsese vakansie waarvoor jy so lank gespaar het, vir wie weet hoe lank uitgestel word terwyl Alfa, Beta en Delta hulleself uitwoed? Jy ontdek jou eie plek! Honderde Suid-Afrikaners het die afgelope jaar op epiese reise hulle land van nuuts af ontdek.

Elke reis het ’n beginpunt. Ons s’n is Lambertsbaai. Ons toer saam met Live the Journey en die eienaar, Jurgens Schoeman, het dit in sy kop om water uit die koue Atlantiese Oseaan te skep en dit aan die ánder kant van die land, sowat 2000 km later, by Morganbaai in die Indiese Oseaan te gaan gooi. Tussenin lê agterpaaie, bergpasse en dorpies soos Victoria-Wes, Philippolis en Bethulie wat jou gulhartig ontvang. >

Oos van Wes, tuisland bes

Ek en my vrou, Ronel, ontmoet die res van die toergeselskap by die Bosduifklip Restaurant sowat 4km buite Lambertsbaai vir aandete.

Dié vissersdorpie roem homself op sy ongekunstelde Weskus-karakter, maar dis ’n wêreldklas belewenis om by Kobus en Aletta Engelbrecht aan te sit vir ete waar jy omring is deur enorme rotsformasies. Die plaas Albina waarop Bosduifklip staan, is al vier geslagte lank in Kobus se familie, en hy en Aletta maak al 30 jaar saam kos. Spitgebraaide lam

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
Die Mense Het Gepraat
Die wenners van die 59ste kompetisie Natuurlewefotograaf van die Jaar is einde laasjaar aangekondig. Maar met dié dat daar bykans 50 000 inskrywings was, het die beoordelaars besluit om nog 25 uitblinkers te kies, en lede van die publiek kon vir hull
Weg3 min read
Sterreweg
Halley is verreweg die bekendste komeet. Dié komeet het onlangs op die verste punt van sy baan om die son gaan draai, en hoewel dit eers weer in 2061 naby die son gaan wees, kry ons twee maal per jaar wel brokstukkies daarvan te sien. Terwyl ’n komee
Weg3 min read
BRIEF UIT Cradock
Dis kort ná tien in die oggend wanneer ek saam met Misha en Billy Bob fontein toe stap. Misha is ’n labrador; al hinkepink en in haar laaste dae, maar nog ywerig om saam te stap veral as daar ’n kans is dat sy kan swem – en fontein toe beteken water

Related