Sonde en sorg van ’n setlaar
Op die ANC se 108ste verjaardagviering in Januarie vanjaar het pres. Cyril Ramaphosa terloops melding gemaak van die feit dat vanjaar die 200ste herdenking van die aankoms van die Britse setlaars in die Oos-Kaap is – en toe ook net in die beskuldigende toon dat hul koms die proses van koloniale besetting in die land versnel het en die mededinging vir grond en natuurlike hulpbronne verdiep het.
Daarmee saam is alle moontlikheid vir genuanseerde historiese ontleding, rasionele intellektuele bespreking of jukstaposisie van verskillende perspektiewe en interpretasies oor dié belangrike moment in ons geskiedenis in die kiem gesmoor. Om die waarheid te sê kan enige kritiese beskouing van “dekolonisasie” deesdae tot ernstige reputasieskade lei.
Die gevolg is dat ’n groot korpus van historiese werk wat nie in die postmodernisme geanker is nie, deesdae deur baie plaaslike akademici as onaanvaarbaar beskou word. Dit sluit die werk van prominente meningsvormers soos Hermann Giliomee, R.W. Johnson en die Instituut vir Rasseaangeleenthede in. Dit is ligjare verwyder van ’n ander konteks – nie minder polities nie – toe ek begin leer het oor een siening van ons land se onstuimige geskiedenis.
Byna 50 jaar gelede aan die Laerskool Bergvliet in Kaapstad het
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days