Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 JY SÊ HOEVEEL MENSE PRAAT AFRIKAANS?

Die Oscarbekroonde Charlize Theron se opmerkings oor Afrikaans het ’n groot bohaai veroorsaak

Dis baie hartseer en nie waar wat jy sê nie. Ons is trots op ons taal; hoe kan jy nie wees nie? Dis in ons bloed, wie ons is, en wie jy is. Ek sal mense leer oor my taal en jy het ook, nou sê jy iets anders?

GAYNOR

Afrikaans is nie eers in Suid-Afrika die lingua franca nie; Engels is. Dis ’n feit. Dis nie iets om oor sleg te voel of skaam te wees nie. Ons kan steeds sentimenteel trots wees op ons taal.

ELBI

Mense moet dalk die podsending gaan luister. Ek lag vir al die ontstigtes. Ontspan, mense! Dis akteurs besig om mense te vermaak; dit was tong in die kies gesê. Dis op Instagram beskikbaar.

KAROOLSIE

Ek het Ja, dit was dalk net ’n grappie, maar dit was ietwat van ’n afwysende grappie. En dit ten koste van Afrikaanssprekende mense van alle rasse.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot1 min read
STEM VIR JOU GUNSTELING en Jy Kan Óók ’n Vakansie Na Mauritius Wen!
1 gelukkige leser kan ’n vakansie vir twee na Mauritius wen*! 5 gelukkige lesers kan luukse parfuumolies van Tapputi wen. Besoek huisgenoot.com om vir die top-10 te stem. *Jy moet inteken op World Leisure Holidays se nuusbrief om in aanmerking te kom

Related