PLANTS OF THE BAVIAANSKLOOF
Deur DOUGLAS EUSTON-BROWN en MAGRIET KRUGER
Struik Nature, R389*
’n Mens lees botaniese gidse natuurlik oor die feite daarin, maar jy kan ook op ’n lui Saterdagmiddag dit net deurblaai om die volksname te geniet: oupa met sy pyp, dikvoet, stinkdoring, bobbejaanarm, nentabos, swartstormbos, spaansaalwyn, tokkelossiebos (wat my tuin vol staan, maar wat ek tot nou net geken het as plumbago), ensovoorts.
Die Baviaanskloof is ’n smal vallei in die suidwestelike hoek van die Oos-Kaap wat begrens word deur die Kouga-en Baviaanskloof-berge.