Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Prikkelpop Fiksie
Prikkelpop Fiksie
Prikkelpop Fiksie
Ebook50 pages40 minutes

Prikkelpop Fiksie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Verskeie gewigtige kortverhale in die noot van jou ouers se gunsteling sokkie dans treffer op steroids.

My naam is Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt en ek is 'n Boere Punk. 'n Boere Punk, natuurlik, is iemand wat die gees van die bittereinder van oud uitleef in literatuur, op so 'n boeiende en kreatiewe manier, dat dit die leser vermaak, iets leer, en boonop nog sosiale kommentaar ook lewer. 'n Boere Punk gebruik genre fiksie op 'n radikale manier om sy leser te roer. Dit kan net so teer en mooi wees, as wat dit rof en onbeskof is.

Alles is tot jou beskikking om jou punt te maak, en niks is verbode nie.

Hoe sê hulle? 'n Boer maak 'n plan, maar 'n Boere Punk maak seker daar's iets om oor te lag daarby.

Jy mag my dalk like, maar jou moeder gaan my wil vet voer, skattebol.
 

LanguageAfrikaans
PublisherBoere Punk
Release dateMar 23, 2019
ISBN9781386997368
Prikkelpop Fiksie
Author

Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt

Social Media is tres satanique, but if you must: @JGL2Spooky

Related to Prikkelpop Fiksie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Prikkelpop Fiksie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Prikkelpop Fiksie - Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt

    Index:

    Droom Verlore

    Outoppie Sokkie

    Ansel A

    Prikkelpop Fiksie

    Oor die Skrywer

    Droom Verlore

    "S y's lief vir my en ek's lief vir haar. Dis al wat ek ooit wou gehad het. 'n Meisie met die tiepe hoop in haar oë wat die benede haar sommer siek maak. 'n Meise wie se glimlag pessimiste aan die brand slaan. Ek meen, dis nie die kwaliteit van die tande wat seker saak maak nie maar die inklinasie agter hulle. Ek vra nie vir baie nie God. Okay, miskien vra ek vir die hemel en meer. Maar die hemel hoor my, U gee my nie veel om mee te werk nie. Die keuses deesdae is maar swak hoor. Dis nie so veel die lyf wat pla nie, maar die kop. Ek gee nie om vir 'n dik koekie nie (moenie vir my 'n dik vrou stuur nie asseblief, Vader. Ek probeer net 'n punt hier maak. Ek soek 'n lekker Boere meisie. Een met net sulke, uhm , oë - ja. Sulke mooi, ronde, groot, vol, bruin oë.) maar sy moet darem nie 'n narsistiese, seks verslaafde feeks wees nie. Kyk, ek like van seks nè, maar, ek's 'n man en nie 'n speelding nie. Ek soek van diep in die oë in kyk. Al wanneer ek die agterkant van haar kop behoort te aanskou is as sy af buk om iets op te tel. En dan, Vader, is ek dood seker my aandag elders sal gevestig wees. Dik maar nie getik nie. Ja. (Weereens. Mate(s) voor oë asseblief.) Ek weet hulle sê daar's baie visse in die see, maar dit beteken seker nie ek moet vir 'n giftige een, of 'n haai settle nie. En hier sit ek nou, die ene Kobi, en ek vra U, op my knieë, met hande gevou - en soos U weet is dit 'n helse prestasie om my op my knieë te kry , want 'n man hoort nie op sy knieë nie - stuur my daai one in a million , asseblief God. Stuur my daai babe en 'n half ! Ek meen, dis nie as of ek dit nie verdien nie. Ek's mos 'n soet seuntjie, of hoe? Ek eet al my groente op. Asseblief God... Amen."

    Kobi knyp sy twee ogies styf toe en visualiseer hoe hierdie warrelwind van 'n meisie in sy lewe in waai en alles verander.  Met alles wat hy het en nog gaan kry sien hy hoe sy verdwaal in sy oë. Voel hy hoe sy net vir hom klop. Brand hy vir haar om aan hom te vat en hom heel te maak met haar glimlag en haar vingers. En net soos die einste Kobi wil lig-skep met sy eie twee oë, voel hy hoe gly 'n hand oor een van sy breë skouers. En dan volg 'n soet, hees stem wat net aan iemand kan behoort wat ingeteken is tot "Babe en 'n Half Weekliks - Hey, jy kan nie hier wil kom en hardop bid vir die God van die Christene nie, pêl. Dis 'n Moslem gebied hierdie en hulle moer ouens vir minder as dit. Kobi kyk op oor sy skouer. DANKIE GOD!" Sy's pragtig. Beeldskoon. Asemrowend. Onvergeetlik. Afrikaans en boonop wit ook! (Hy wil nie daaroor praat nie.) Die tiepe girl waaroor Amerikaanse pop punk groepe van die laat negentigs en vroeë 2000's geskryf het. Dit was 'n kak tyd vir

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1