Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

501 Lekkerlag Grappe
501 Lekkerlag Grappe
501 Lekkerlag Grappe
Ebook206 pages7 hours

501 Lekkerlag Grappe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Van ou Koos se manewales tot die dom blondine se eskapades, van dierekaperjolle tot plaasplesiere, k(l)askenades tot kantoorpret ... 501 Lekkerlag-grappe is propvol staaltjies en verhaaltjies wat jou sal laat kraai van die lag! Dié boek bevat 'n mengsel van tradisionele Afrikaanse grappe, maar sal jou ook met nuwes laat hoes en proes. Lag luidkeels, uit jou maag, en geniet die ou bekendes se amusante avonture. Lekkerlag-grappe is 'n onontbeerlike grapgids, 'n móét vir elke huis!
LanguageAfrikaans
PublisherDelta
Release dateSep 7, 2015
ISBN9781868427031
501 Lekkerlag Grappe

Related to 501 Lekkerlag Grappe

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for 501 Lekkerlag Grappe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    501 Lekkerlag Grappe - Andre Brink

    cover.jpg11892.jpg

    ANDRÉ J. BRINK

    DELTA UITGEWERS

    Johannesburg & Kaapstad

    Aweregse definisies en vrae

    Agtergrondmusiek: Musiek vir mense wat self geen agtergrond het nie.

    Alleenloper: ’n Man wat elke oggend uit ’n ander rigting werk toe kom.

    Amptenaar: Iemand wat vir elke oplossing ’n probleem het.

    Anatomie: Iets wat almal het, maar dit lyk beter aan ’n meisie.

    Argeoloog: Iemand wie se lewe ’n puinhoop is.

    Assuransie: Iets wat duisende rande kos sodat wanneer jy eendag dood is, jy niks het om jou oor te bekommer nie.

    Babawaentjie: Verlede jaar se pret op wiele.

    Babawagter: ’n Jong mens wat hom of haar soos ’n grootmens moet gedra sodat die grootmense kan uitgaan om hulle soos jong mense te gedra.

    Bankier: Iemand wat vir jou wil geld leen as jy kan bewys jy het dit nie nodig nie.

    Bed: ’n Meubelstuk waarin jy saans nie wil klim nie en waaruit jy soggens nie wil klim nie.

    Berou: Verstand wat te laat kom.

    Bid: Die uitaseming van die gees van die mens en die inaseming van die Gees van God.

    Borsgleufie: Iets wat ophou daar waar vermoede oorgaan in sekerheid.

    Brandweerwa: Boorgat op wiele.

    Brommer: ’n Vlieg met ’n dieselenjin.

    Diplomaat: Iemand wat iemand anders kan slegsê sonder dat daardie persoon kwaad word.

    Dood: ’n Gebeurtenis wat jou asemloos laat.

    Eggenoot: Iemand wat sê Ek sal kook en dan braaihoender gaan koop.

    Ekonoom: ’n Deskundige wat sal weet waarom vandag nie gebeur het wat hy gister voorspel het nie.

    Ervaring: Wat mense hul foute noem.

    Geduld: ’n Stadige manier om jou moer heeltemal te strip.

    Gelukkige paartjie: ’n Getroude man wat met ’n ander man se vrou dans.

    Gesinsvakansie: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.

    Geskiedenis: Ou nuus.

    Goeie buurman: Iemand wat sy gras net so hoog soos joune laat groei.

    Goeie ou dae: Swak geheue.

    Hoofpyn: Die voorbehoedmiddel wat vrouens die meeste gebruik.

    Hoogdrukgebied: Die toilet op die berg.

    Hotel: Die plek waar jy bly as jy nie familie by die see het nie.

    Huweliksertifikaat: ’n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.

    Inflasie: Iets wat ’n paar jaar gelede R100 gekos het en nou R200 kos om te laat regmaak.

    Kommunis: Iemand wat niks het nie en dit met ander wil deel.

    Kompromie: Die eerlikste manier om iedereen ontevrede te laat.

    Konferensie: Probleemfees.

    Kortpad: ’n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.

    Kritikus: Iemand wat die pad ken, maar nie kan bestuur nie.

    Menopouse: Die tien jaar van ’n vrou se lewe tussen 39 en 60.

    Middeljare: Die ouderdom waarop ’n man probeer bewys dat hy nog net so goed is soos hy nooit was nie.

    Moerby: Die een wat jou steek.

    Oorerflikheid: Iets waaraan ons glo as ons slim kinders het.

    Optimis: ’n Man wat sy vrou by die winkels aflaai en vir haar wag sonder om die motor af te skakel.

    Pessimis: ’n Man wat kruisbande én ’n belt dra.

    Plesierrit: Wanneer jy jou skoonma huis toe neem.

    Psigiater: Iemand wat die mans dophou wanneer ’n mooi vrou die vertrek binnekom.

    Sadis: Iemand wat wittebroodspaartjies die stadigste hyser in die hotel laat gebruik.

    Simpatie: Wat een vrou aan ’n ander gee in ruil vir die detail.

    Sinikus: Iemand wat as hy blomme ruik, rondkyk om te sien waar die doodskis is.

    Sinoniem: ’n Woord wat jy gebruik as jy nie die ander woord kan spel nie.

    Skuiwergat: ’n Kind wat nie kan stilsit nie.

    Takt: Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.

    Trui: ’n Kledingstuk wat ’n kind moet aantrek wanneer sy ma koud kry.

    Vleisbraai: ’n Partytjie waar die kos so ’n bietjie rou en die gaste so ’n bietjie gaar is.

    Volwassene: Iemand wat aan albei ente van sy lyf ophou groei het en nou net in die middel groei.

    Winskopie: Iets wat jy nie nodig het nie teen ’n prys wat jy nie kan weerstaan nie.

    Wittebrood: Die vakansie wat ’n man neem voordat hy vir ’n nuwe baas begin werk.

    * * *

    Suiwer Afrikaans

    V: Wat is ’n suiwer Afrikaanse woord vir cleavage?

    A: Pram-poortjie!

    Vanselfsprekend

    V: Wat is die naam van Pamela Anderson en David Hasselhoff (Knight Rider) se seun?

    A: Silikoon Kitt!

    Beskerm die eiendom

    V: Wat is die verskil tussen ’n deurtrekker en doringdraad?

    A: Daar is nie ’n verskil nie. Albei beskerm privaat eiendom, maar dit belemmer nie die uitsig nie!

    Probleme

    V: Wat is die ooreenkoms tussen ’n sielkundige en ’n prokureur?

    A: Albei word ryk uit ander se probleme.

    Rek sy bene

    V: Hoekom het die rubberhoender oor die pad gestap?

    A: Om sy bene te rek, natuurlik.

    Dra water

    V: Hoe dra jy water in ’n sif?

    A: Jy vries dit eers.

    Dis country

    V: Wat kry jy as jy ’n countryliedjie agterstevoor speel?

    A: Jy kry jou werk terug, kry jou huis terug, kry jou vrou terug, kry jou oes terug, kry jou kinders terug ...

    Lekker toring

    V: Watter Franse toeriste-attraksie word gemaak van jellie, room, vla, sponskoek en vrugte?

    A: Die Trifle-toring.

    Soos bloed

    V: Wat sing die vampier vir sy vrou?

    A: Theuns Jordaan se Soos bloed, so is jy vir my.

    Skok vir Elvis

    V: Wat het Elvis Presley gesê toe die mikrofoon hom skok?

    A: I’m all shook up!

    Skud as af

    V: Wat kry jy as jy tabak en springmielies kruis?

    A: Sigarette wat hul eie as afskud.

    Pinocchio

    V: Op watter plek in die Wes-Kaap voel Pinocchio nie tuis nie?

    A: Stompneusbaai!

    Hy suig petrol

    V: Wat kry jy as jy ’n Volksie en ’n vampier kruis?

    A: ’n Karretjie wat in die nag rondry en ander karre se petrol uitsuig.

    Reken nou net

    V: Aan watter siekte ly rekenmeesters?

    A: Depressiasie!

    Smeerlap

    V: Hoe beledig jy ’n Laplander?

    A: Noem hom ’n smeerlap!

    Blitsvinnig

    V: Wat gaan van 0 tot 100 in minder as twee sekondes?

    A: Die skaal.

    Windhond

    V: Watter soort hond het baie las van slegte spysvertering?

    A: ’n Windhond.

    Versamelaar

    V: Wat is ’n ander woord vir ’n muntversamelaar?

    A: ’n Bedelaar.

    Marokkaan

    V: Wat is die teenoorgestelde van Marokkaan?

    A: Pabroekuit.

    Kannibaal

    V: Wat eet ’n vegetariese kannibaal?

    A: Groenteboere.

    Sweedse kondoom

    V: Hoe noem jy ’n kondoom in Sweeds?

    A: Pippie Vangkous.

    Verkeerde kant

    V: Watter cowboy skiet na die verkeerde kant toe?

    A: Clint Westwood.

    Bulvegters

    V: Wat sê jy vir vier bulvegters wat in dryfsand vassit?

    A: Quatro sinko!

    Vier hoeke

    As die aarde rond is, hoe kan jy dan na die vier uithoeke van die wêreld reis?

    Altyd oop

    Waarom is daar ’n slot aan die voordeur van ’n winkel wat 24 uur van die dag 365 dae van die jaar oop is?

    Die arme blondines

    Oud of jonk?

    Het u medisyne teen wurms? vra die blondine vir die apteker.

    Apteker: Vir kinders of volwassenes?

    Blondine: Hoe moet ek weet hoe oud die wurms is?

    Ag nee wat, los maar

    Die blinde blonde man stap by die kroeg in, bestel ’n drankie en sê: Wil julle ouens die grap van die dom blonde man hoor?

    Hierop buk die kroegman vooroor en sê: "Kyk, ek weet jy kan nie sien nie. Daarom gaan ek jou nou ’n paar dinge vertel. Ek is die kroegman. Ek is oor die ses voet lank, het breë skouers, ’n kort humeur en is blond.

    "Links van jou is ’n rugbyspeler. Hy is ses voet twee duim lank. Hy is al ’n paar keer van die veld gestuur vir vuilspel. Hy is blond.

    "Regs van jou staan ’n stoeier. Hy is ses voet drie duim lank en weeg oor die 120 kilogram. Hy het al ’n ou se rug in die kryt gebreek. Hy is blond.

    "Daar in die hoek sit ons uitsmyter. Hy is ses voet vier duim lank en weeg 130 kilogram. Hy is blond.

    "En agter jou by die tafeltjie teen die venster sit ’n ou met ’n swart gordel in karate. Hy is verskriklik opvlieënd van geaardheid. Hy is blond.

    Dink jy nou nog jy moet daardie grap oor die dom blonde man vertel?

    Die blinde ou skud sy kop. Nee wat, los dit maar. Ek is tog nie lus om dieselfde grap vyf keer na mekaar te verduidelik nie.

    Moeilik of maklik?

    Twee blondines gesels. Die eerste een sê: Ek het vanoggend ’n swangerskaptoets gehad.

    Waarop die tweede een vra: Was die vrae moeilik?

    Trek af

    Die baas wil sy nuwe blonde sekretaresse se wiskun­dige vaardighede toets. Hy sê vir haar: As ek vir jou R5 miljoen minus 10% gee, hoeveel trek jy af?

    Sekretaresse: "Alles, meneer ... skoene, rok, bra, pantie, flippen alles!"

    Stap sommer

    Die blondine was baie opgewonde oor ’n nuwe karwas­diens wat naby haar oopgemaak het. Dis so gerieflik en naby, sê sy, ek kan sommer soontoe stap!

    Hoe gereeld?

    Die blondine vat haar motor motorhawe toe omdat hy rukkerig loop.

    Die werktuigkundige loer vinnig onder die enjinkap in en sê dan: Bollie in die vergasser.

    Blondine: Hoe gereeld moet ek dit doen?

    Dit bly geheim

    ’n Groep gaste om die etenstafel bespreek ’n gewig-tige saak: Wie van mans of vroue kan jy die meeste met ’n geheim vertrou?

    Een man laat heftig van hom hoor: Geen vrou kan ’n geheim hou nie!

    Dis nie waar nie, sê die mooi blondine wat oorkant hom sit. Ek het my ouderdom geheim gehou vandat ek twintig was.

    Jy sal dit wel eendag laat uitglip, sê die man.

    Nooit gesien nie! sê die blondine. As ’n vrou ’n geheim agtien jaar lank gehou het, kan sy dit vir ewig bewaar.

    Probeer die ander kant

    Die blondine kom die videowinkel binne, kyk versigtig om haar heen en fluister dan in die man agter die toonbank se oor: Waar is die seksvideo’s?

    Aan die ander kant, antwoord die man kortaf.

    Toe fluister die blondine in sy ander oor: Waar is die seksvideo’s?

    Flikker daai ligte

    Sarie, die goed bedeelde jong blondine, sê vir haar vriendin: Ek was bekommerd die werktuigkundige sal my dalk inloop toe ek my motor vir ’n diens geneem het.

    Het hy iets reggemaak wat nie stukkend was nie? vra haar vriendin.

    Nee, hy het nie.

    Het hy probeer om jou te veel te laat betaal?

    Nee – trouens, hy het gesê al wat my kar kort, is vloeistof vir die flikkerligte.

    Vreemde gesigte

    Op haar eerste dag by die valskermskool luister die blondine aandagtig na die instrukteur. Hy sê sy moet gereedmaak om te land wanneer sy tot ’n hoogte van 100 meter gedaal het.

    Blondine: Hoe sal ek weet wanneer ek by 100 meter is?

    Instrukteur: Gewoonlik kan jy gesigte van mense op die grond begin herken wanneer jy by 100 meter kom.

    Blondine: Maar sê nou daar’s niemand daar wat ek herken nie?

    Verslankend

    V: Wat doen die blondine as sy wil verslank?

    A: Pleks van die hysbak gebruik sy die roltrap.

    Jy het iets vergeet!

    Die dief beroof die winkel en hardloop weg met ’n TV-stel. Toe hardloop die blondine agter hom aan en skree: Wag, meneer! Jy het die afstandbeheer vergeet!

    Nog so ’n paar

    Die blondine dra ’n onpaar sokkies – die een is wit en die ander een rooi. Haar vriendin sien dit en sê: Jy weet dat jou sokkies nie by mekaar pas nie, nè? Die een is wit en die ander een rooi.

    "Dis so weird, sê die blondine. Ek het nog presies so ’n paar in my laai by die huis!"

    Slaapklere

    Het jy gehoor van die blonde knaap wat by sy meisie se huis gaan kuier het?

    Daar bars ’n kwaai storm los en haar pa sê vir hom hy sal maar moet oorslaap, want hy sal dit nooit huis toe maak in dié storm nie.

    Baie opgewonde verdwyn die blonde jong man en ná so twintig minute is hy terug – dié keer sopnat.

    Die meisie se pa vra hom wat gaan nou aan.

    Nee, oom, sê hy, ek het net gou my pajamas by die huis gaan haal!

    Waar’s my baba?

    Die blondine stap straataf met haar bloes oopgeknoop en een bors ontbloot. ’n Polisieman keer haar voor en sê: Dame, ek is bevrees ek moet jou in hegtenis neem vir onbetaamlike ontbloting.

    Die blondine kyk af, dink so ’n oomblik na en skree dan: Ag nee! Ek het my baba op die bus gelos!

    Harde rivier

    Twee blondines staan op ’n brug en kyk af na onder. Dis die Oranjerivier daai, sê die een.

    Nee, sê die ander een, dis die Vaalrivier.

    Nou dan sal ek gaan seker maak wat dit is en gou hier afspring, sê die eerste blondine en spring van die brug af.

    Ná ’n hele ruk kom sy terug – haar been is gebreek, haar arm uit potjie en haar neus bloei.

    Wat was dit toe, die Vaal of die Oranje? vra haar maat.

    Nie een van die twee nie. Dis die N1.

    Waghonde

    Die blondine koop vir haar twee Duitse herdershonde.

    Vriendin: Wat is hulle name?

    Blondine: Rolex en Timex.

    Vriendin: Hoekom sulke name?

    Blondine: "Want die man het vir my gesê hulle is watchdogs."

    Wie stoot so?

    Die blondine staan en wag by ’n baie besige busstop. Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie.

    Sy glimlag verleë terwyl sy die rits van haar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1