Huisgenoot

RUS TUSSEN STOF EN GRONDPAD

DIE sand en klippe spat in alle rigtings dat die stof so staan. Die wind por die stofwolke aan en vir ’n oomblik is dit onmoontlik om die grondpad te sien. Daar is nie ’n stopstraat in sig nie.

Dis hier, waar die stof aan jou kleef en jy die sand in jou mond proe, dat een van Suid-Afrika se beroemdste modelle agter die stuur van ’n bakkie inskuif en die dorpie Vermaaklikheid se grondpaaie navigeer.

Die stof pla ons land se eerste supermodel, Josie Borain (60), hoegenaamd nie waar sy nou buite haar bakkie by haar huis staan nie. Sy hou die deur oop vir haar hond, Jonah, sodat hy kan inspring.

Josie draai ’n serp om haar nek nadat sy vinnig ’n trui aangetrek het. Die son begin water trek en die koue kom. Sy ken die weer goed omdat sy al twee jaar lank op Vermaaklikheid woon.

Dié dorpie voel asof dit in die middel van nêrens is, al is dit eintlik net 30 km se grondpad vanaf plekke soos Heidelberg, Witsand en Riversdal.

Josie is gou op pad om iemand te gaan optel en aflaai wat vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot4 min read
Ongewerwelde Diere
KAN jy glo 97% van diere op Aarde het nie ’n ruggraat nie. Dit klink ongelooflik, maar dis waar, en jy sal sien dat hierdie ongewerweldes van die vreemdste en wonderlikste wesens is wat jy kan teëkom! Daar is nagenoeg 35 groepe ongewerweldes, en somm
Huisgenoot6 min read
Doodgewoon
DIS die middel van die nag, die middel van Mei, die middel van die neëntigs. Ons is in ons vroeë twintigs, op die N1 iewers anderkant Bloemfontein. Ver anderkant. Anderkant Welkom ook. Op pad na ’n vriend in die noorde. Die radio vang lankal net ’n g

Related