Huisgenoot

’N SON MINUS 3 STRALE

DIE son val sag op haar lang hare waardeur die seebries streel. Sy stap, wit tekkies in die hand, deur die vlak waters terwyl die wit broek en baadjie soos die wit skuim van die branders aan haar lyf kleef.

Die oomblik toe die kamera begin kliek, steek haar onblusbare gees sy kop uit en glimlag sy breed. Die blinkers op haar pienk oogskadu flits in die son.

Die donkerkopvrou word nie verniet deur haar vriende Sonskyn genoem nie. Sy lag gereeld spontaan, en haar energie borrel oor. Maar wanneer die gesels op die strand draai na die groot verlies en seer wat sy in ’n bietjie meer as twee jaar moes beleef, kom lê die verlange swaar oor haar.

Eers was dit haar lieflingbroer, die sanger Theuns Jordaan (50), wat in 2021 ná ’n stryd teen leukemie gesterf het. Toe, ’n bietjie meer as ’n week later, is haar ma, Maryna (79), oorlede.

En ’n dag ná die onlangse Theuns Jordaan-huldeblykkonsert in Kaapstad is haar geliefde pa, Willie (82), ook vroeg in Januarie vanjaar dood.

Nou is Theuns se suster, Linda Jordaan, of Lindatjie soos hy haar altyd genoem het, alleen oor.

“My hart is in stukke,” sê Linda en pers haar rooigeverfde lippe saam. “Dis erg, want ek hanteer al drie se dood gelyk omdat mense nou oor al drie gelyk praat.”

Maar dan draai sy meteens haar gesig na die son asof sy energie daaruit put. “Dis darem mooi hier,” sê sy.

“Elke mens wat op jou pad kom wat goed is vir jou, is ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related