Kuier

Lee-aan LEEF VOLUIT

Sy leef deesdae in dankbaarheid - met haarself, met ander, en ook die natuur. Dís wie sy nou is, sê Lee-Ann van Rooi onomwonde. En vandag se Lee-Ann staan sterken dapper in daai trappers van haar.

Ná byna 30 jaar in die vermaak bedryf waarin sy al telkemale haar staal as aktrise én regisseur en vervaardiger gewys het, verstaan ’n mens dat sy nou al ’n stewige lysie het van die dinge waarvolgens sy leef.

As jy jou vir ’n toffie uitgee, moet jy bereid wees om gekou te word. En sy laat nie aan háár kou nie. Jy hoef nooit te verduidelik waarom jy nee sê nie en ook geen verskonings daarvoor te maak nie, is haar uitgangspunt.

“Ek is al 29 jaar in die bedryf; dis nogal lank. Ek doen wat ek doen en ek het nie goedkeuring nodig van mense nie. En, ja, ek het nogal hardegat geword oor dinge, en ook baie fermer,“vertel dié gesoute aktrise, wat al oor die jare onder meer op ons kassies te sien was in reekse soos Sara se geheim en Die boekklub.

Die punt is: as die woorde van ’n teks nie lekker in haar mond sit nie, hou sy verby. Want vir Lee-Ann (51) gaan dit oor die nalatenskap van dít wat sy nóú doen. Want, wat baat dit ’n mens haak heeltyd vas in die verlede?

“Ek is picky wanneer dit by rolle kom. Daar waarjy jou energie instort, is uiters belangrik. Ons kan nie terugbeweeg nie; ons moet vorentoe kyk, die bedryf bou. en . Dit maak die landskappe oop van wie ons is as mense, en dat ons oukei is daarmee.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier5 min read
Om ‘N ‘Amma’ Soes Dié Te Hê
Nadat sy en haar man uitmekaar is, was daar dikwels nie kos in die huis vir haar ses kinders nie. Dan het Charmaine Africa gedoen wat sy by haar ma geleer het: Gaan op jou knieë. Praat met die Here. Bid. Sy't Hom gevra om asseblief ietsie te voorsien
Kuier5 min read
Kelders Van Geheime
Geheime, intrige, boeiende storielyne…In Januarie het die kameras begin rol naby Franschhoek op die stel van e.tv se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama, en op 6 Mei maak dié nuutjie, Kelders van Geheime, sy TV-debuut. Dit draai o

Related