Vrouekeur

Elvis Blue LEEF VIR UITDAGINGS

“Toe ek Idols SA gewen het, was my verwagtinge van die musiekbedryf eintlik baie eenvoudig: Ek wou bloot ’n lewe kon maak. Ek het gedink ek was gereed vir die uitdagings en moontlike roem, maar ek was toe nie,” sê Jan Adriaan Hoogendyk, beter bekend as die gewilde en bekroonde musikant, sanger en liedjieskrywer Elvis Blue

“Ek was darem al 30 jaar oud en was miskien meer gereed as iemand wat baie jonk is. Ek het geweet ek moet volhoubaarheid skep. Om dit te kon doen, moes baie dinge in plek val.

“Ek moes die regte mense rondom my kry, die regte liedjies skryf en goeie verhoudings bou. Roem is egter ’n wonderlike én dodelike ding. Ek verwerk en hanteer dit dag vir dag – soms met meer sukses as ander kere,” mymer hy.

Almal ken die hartroerende verhaal van hoe Jan die naam Elvis gekry het – dit was die naam van ’n sterwende bewonderaartjie wat hy oorgeneem het ter ere van die outjie se dapperheid.

Die res is feite.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
Besonderse BOLPLANTE
Affodille en tulpe is sekerlik van die mooiste bolplante wat daar is, maar mens moenie van hul families vergeet nie. Daar is talle bolplante, veral ons inheemse spesies, wat op ’n plekkie in tuine wag. Die veranderinge wat herfs aan die natuur bring
Vrouekeur6 min read
Ons Eendag
Die geweld kom vinnig en warm van agter af, pluk my vingers tussen joune uit en slinger my deur die lug. Daar is geen klank nie. Ek voel my hart teen my ribbes hamer. Ek voel die hitte van agter af om my vou. Dit gebeur stadig. Ek sien my skaduwee oo
Vrouekeur1 min read
Fotoblokraai
Voltooi die blokraai en gebruik die omkringde letters om die versteekte woord of naam te ontsyfer. Leidraad: Lewendige, opgewekte dansklanke OPLOSSING – Opskopmusiek

Related