Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Geraamtes op die Solder: Marketville Misteries, #1
Geraamtes op die Solder: Marketville Misteries, #1
Geraamtes op die Solder: Marketville Misteries, #1
Ebook353 pages5 hours

Geraamtes op die Solder: Marketville Misteries, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Calamity (Callie) Barnstable is nie verbaas om te hoor dat sy die enigste begunstigde van haar oorlede pa se boedel is nie, hoewel sy geskok is om te ontdek dat sy 'n huis in die stad Marketville geërf het - 'n huis wat sy nie geweet het hy het nie. Daar is egter voorwaardes verbonde aan Callie se erfenis: sy moet na Marketville verhuis, in die huis woon en haar ma se moord oplos.

Callie is nie lus om 'n dertigjarige raaisel op te sleep nie, maar as sy dit nie doen nie, is daar 'n skelm psigiese genaamd Misty Rivers wat hoop om self die Barnstable-familie geheime bloot te lê. Vasbeslote om Misty te stuit en haar pa se wense te vervul, aanvaar Callie die uitdaging. Maar is sy gereed om die geraamtes wat op die solder versteek is, in die gesig te staar?

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJan 6, 2023
ISBN9781667448343
Geraamtes op die Solder: Marketville Misteries, #1
Author

Judy Penz Sheluk

A former journalist and magazine editor, Judy Penz Sheluk is the bestselling author of Finding Your Path to Publication and Self-publishing: The Ins & Outs of Going Indie, as well as two mystery series: the Glass Dolphin Mysteries and Marketville Mysteries, both of which have been published in multiple languages. Her short crime fiction appears in several collections, including the Superior Shores Anthologies, which she also edited. Judy has a passion for understanding the ins and outs of all aspects of publishing, and is the founder and owner of Superior Shores Press, which she established in February 2018. Judy is a member of the Independent Book Publishers Association, Sisters in Crime, International Thriller Writers, the Short Mystery Fiction Society, and Crime Writers of Canada, where she served on the Board of Directors for five years, the final two as Chair. She lives in Northern Ontario. Find her at www.judypenzsheluk.com.

Related to Geraamtes op die Solder

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Geraamtes op die Solder

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Geraamtes op die Solder - Judy Penz Sheluk

    1

    Ek het vir die beter deel van 'n uur in die ontvangs area van Hampton & Vennote gesit toe Leith Hampton uiteindelik deur die hoofdeur ingebars kom, sy gesig gloeiend en 'n flou reuk van sandelhout naskeermiddel wat deur die vertrek walm. Hy het 'n swart, oorvol, aktetas in elke hand gedra en 'n verskoning gemompel oor 'n rowwe oggend in die hof voordat hy 'n vlaag instruksies aan 'n vennoot, met ‘n verbysterde uitdrukking, begin blaf het. ‘n Stertswaaiende Goldendoodle het uit die niet verskyn, en ek het besef dat die hond onder die ontvangsdame se lessenaar gelê en slaap het.

    Leith het in die rigting van sy kantoor geknik, 'n teken vir my om in te gaan en te gaan sit, hy agterna gekom, en die twee die aktetasse op die tafel neergeplak. Hy het vooroor geleen om die hond te streel en ‘n beskuitjie uit sy broeksak gegrawe. Atticus, het hy gesê, sonder om na my op te kyk. My persoonlike terapie hond. Sommige dae is hy die enigste ding wat my by my gesonde verstand hou.

    Ek het geknik, in 'n stoel naaste aan die venster gaan sit. Dit was nie 'n besondere groot kantoor nie, en jy het beslis die rumoer vanaf die straat gehoor – toeters wat raas, loeiende sirenes, en die lawaai van ‘n motorfiets enjin wat af en toe oopgedraai word- maar ten minste het dit ‘n mooi uitsig oor Bay Straat gebied. Ek het toegekyk hoe ontelbare mense van elke moontlike grootte, postuur en kleur op die sypaadjies geskarrel het, hoe fietsryers - heeltemal kranksinnig na my mening - hul pad in en uit deur die eindelose stroom druk verkeer gevleg het. In die hart van Toronto se finansiële distrik was almal altyd haastig, selfs al was dit onmoontlik om haastig iewers te kom.

    Atticus het vir homself 'n stoel in die hoek van die vertrek uitgesoek en opgespring. Na gelang van die kombers wat op die sitplek gelê het, was daardie sy gereelde sitplek. Dit het my geamuseer om te dink dat Leith Hampton, 'n kriminele verdedigings prokureur, bekend vir sy vurige kruisondervragings en genadelose manewales, beide binne en buite die hof, 'n Goldendoodle besit het, wat nog te sê van een wat op die meubels toegelaat word.

    Na 'n goeie vyftien minute, en 'n half dosyn konsultasies met nog ander verbysterde vennote, plus drie telefoonoproepe, almal kort, was Leith blykbaar tevrede met die organisering van wat gedoen moes word en wie wat sou doen. Hy het na my opgekyk, en ek het besef wat die rede was waarom mense so aangetrokke tot hom gevoel het. Dit was nie sy vyf voet-, ses-duim gestalte nie, meestal skraal met die uitsondering van 'n effense boepie, maar sy oë; oë so blou, so intens in hul blik, dat hulle elektries gelyk het.

    Hy het 'n laai oopgemaak en 'n manila-lêervouer verwyder saam met 'n dun dokument wat in ligblou karton gebind is, die woorde LAST WILL EN TESTAMENT VAN JAMES DAVID BARNSTABLE was in swart op die omslag ingeëts. Kom ons gaan na die raadsaal. Ons sal nie daar gesteur word nie.

    Blykbaar was Atticus nie in die raadsaal toegelaat nie, want hy het van die stoel afgespring en teruggegaan na sy plek onder die ontvangstoonbank en met ‘n harde sug sy krullerige lyf op die vloer uitgestrek. Ek het Leith na 'n lang, vensterlose kamer gevolg waarin 'n mahoniehout tafel was met ‘n paar swart leër draaistoele daarom gerangskik. Ek het 'n sitplek oorkant hom gekies en gewag.

    Leith het die testament voor hom neergesit en 'n onsigbare kreukel met 'n goed versorgde hand, glad gestryk, die naels het tekens getoon van ‘n hewige poleer sessie. Ek het gewonder watter soort man ingegaan het vir mani- en pedikure - ek het oor die pedikuur net gespekuleer - en besluit dit was die soort man wat sy dienste vir vyfhonderd dollar per uur aangebied het.

    Anders as sy kantoor, wat 'n lessenaar hoog gestapel met papierwerk, 'n soutwater akwarium en mure bedek met diep geborduurde tapisserieë is, was die raadsaal sonder hope dokumente of versiering. Die enigste uitsondering was 'n geraamde foto van 'n aantreklike blou-oog blondine, middel-tot-laat twintigs. Sy het haar arms besitlik rondom twee blonderige kinders gevou , met ouderdomme tussen drie en vyf geskat.

    Mev Leith Hampton die vierde, het ek aangeneem, of moontlik die vyfde. Ek het tred verloor, nie dat dit saak gemaak het nie. My besigheid hier het niks te doen gehad met Hampton se jongste trofeë vrou of hul haasbek nageslag nie. Ek was hier vir die lees van my pa se Laaste Wil en Testament, 'n gebeurtenis wat ek eerder vir nog ‘n hele paar jaar nie sou wou hê. Ongelukkig het 'n foutiewe veiligheids harnas nie sy val van die dertigste verdieping van 'n woonstelblok onder konstruksie gestop nie. Die feit dat 'n kriminele verdedigings prokureur met Leith se reputasie die testament opgestel het, was 'n aanduiding van hoe lank die twee mans vriende was.

    Leith het sy keel skoon gemaak en na my gekyk met daardie intense blou oë. Is jy seker jy is gereed hiervoor, Calamity? Ek weet hoe naby jy en jou pa aanmekaar was.

    Ek het by die aanhoor van Calamity gekreun. Mense het my Callie of glad niks genoem nie. Net my pa was toegelaat om my Calamity te noem, en selfs dan ook eers wanneer hy ernstig geïrriteerd was met my, en nooit in die openbaar nie. Dit was 'n ooreenkoms wat ons op laerskool gemaak het. Kinders kan wreed genoeg wees sonder die bykomende aansporing van 'n naam soos Calamity.

    Wat die om gereed te wees betref het, was ek reeds gereed vir die afgelope negentig-plus minute. Ek was gereed vanaf die oomblik toe ek die eerste oproep gekry het om my te vertel dat my pa in 'n onvoorsiene beroepsongeluk betrokke was. Dit is hoe die losstaande stem aan die ander kant van die telefoon dit gestel het. 'n Onvoorsiene beroepsongeluk.

    Ek het geweet dat ek op een of ander stadium die feit moet aanvaar dat my pa nie sou terugkom nie, dat ons nooit weer oor die politiek sal argumenteer of saam sou lag terwyl ons na 'n episode van The Big Bang Theory kyk nie. Ek het geweet dat ek eendag sou gaan sit en 'n goeie lang huil sessie sou hê, maar op die oomblik was dit nie die tyd nie, en dit was beslis nie die plek nie. Ek het lank gelede geleer om my gevoelens in noukeurig geboude kompartemente te stoor. Ek het Leith met droë oë in die gesig gekyk en geknik.

    Ek is gereed.

    Leith het die lêer oopgemaak en begin lees. Ek, James David Barnstable, verklaar hiermee dat dit my laaste wil en testament is en dat ek hiermee alle testamente en kodisille wat voorheen deur my gemaak is, gesamentlik of afsonderlik herroep, kanselleer en nietig verklaar. Ek verklaar dat ek ‘n wettige ouderdom is, en by my volle verstand is om hierdie testament op te stel, dat hierdie laaste wil en testament my wense vrylik en sonder onbehoorlike invloed of dwang uitdruk. Ek bemaak my hele boedel, eiendom en bateshet , aan my dogter, Calamity Doris Barnstable.

    Ek het geknik en probeer om die eentonigheid van die testament se regstaal te ignoreer. Ek het niks meer of minder verwag nie. Ek was die enigste kind van twee enigste kinders, en my ma het lank gelede my en my pa verlaat om vir onsself te sorg. Nie dat die algehele boedel veel sou bevat nie; 'n paar goed gebruikte meubels, 'n paar onpas borde, en 'n klein stapeltjie boeke met hond-oor gevoude bladsye, meestal Clive Cussler en Michael Connelly, met die toevallige John Sandford ingegooi vir 'n goeie smaak.

    Die erfenis sou beteken dat my pa se twee slaapkamer meenthuis ontruim en skoongemaak moes word, 'n droewige voorbeeld van 1970's argitektuur wat in die ingewande van die buitenste voorstede vasgevang is. Ek het aan my oorvol ateljee woonstel in die onderdorp van Toronto gedink en het geweet dat die meeste van sy besittings by die plaaslike Salvation Army of ‘n Tweedehandse winkel sou opeindig. Die gedagte het my hartseer gemaak.

    Daar is een bepaling, het Leith gesê en my uit my dagdromery gesleep. Jou pa wil hê dat jy in die huis in Marketville moet intrek.

    Ek het regop gesit en Leith in die oë gekyk. Dit is duidelik dat ek iets belangrik gemis het toe ek uitgesoneer het. Watter huis in Marketville?

    Leith het 'n dramatiese hofsaal teater sug gegee, goed geoefen, maar effens teveel vir sy gehoor van een. Jy het nie regtig geluister nie, het jy, Calamity?

    Ek is gedwing om te erken dat ek nie regtig geluister het nie, hoewel hy nou my onverdeelde aandag gehad het. Marketville was 'n pendel gemeenskap sowat 'n uur noord van Toronto, die soort dorp waar gesinne met twee kinders, 'n Kollie en 'n kat verhuis het om na 'n groter huis, 'n beter skool en sokkervelde te soek. Dit het nie baie soos ek of my pa geklink nie.

    Jy sê dat my pa 'n huis in Marketville besit? Ek verstaan nie. Hoekom het hy nie daar gewoon nie?

    Leith het sy skouers opgehaal. Dit wil voorkom asof hy homself nie kon bring om daarvan ontslae te raak nie, en hy kon dit nie verdra om self daarin te bly nie. Hy het die huis sedert 1986 uit verhuur.

    Die jaar toe my ma weg is. Ek was ses. Ek het probeer om 'n huis in Marketville te onthou. Niks het by my opgekom nie. Selfs my herinneringe aan my ma was vaag.

    Die huis het deur 'n paar moeilike tye gegaan, met huurders wat oor die jare gekom en gegaan het, het Leith voortgegaan. Ek het my bes gedoen om die eiendom teen 'n beskeie maandelikse fooi te bestuur, maar as mens nie naby woon nie... Hy het effens van kleur verander en ek het gewonder hoe beskeie daardie fooi was. Ek het weer na die foto van sy lewendige jong gesinnetjie gekyk en vermoed dat sulke ‘skatte’ nie goedkoop gekom het nie. Daar was waarskynlik ook onderhoud te betaal vir die ander trofeë vroue. Ek het besluit om dit daar te los . My pa het hom vertrou. Dit moes genoeg wees.

    So jy sê dat ek ‘n reg-maker geërf het.

    Ek veronderstel dat jy dit so kan noem, alhoewel jou pa onlangs, toe die laaste huurder uitgetrek het, 'n maatskappy gehuur het om basiese verbeterings te doen. Hy het deur sy notas in die leër geblaai. Royce Konstruksie en Eiendomsbestuur. Ek neem aan die eienaar van die maatskappy, Royce Ashford, woon langsaan. Maar ek is nie seker dat daar al veel, indien enigiets, reeds aan die huis gedoen is nie. Natuurlik sou alle werk tot stilstand gekom het ná jou pa se dood.

    Jy het gesê hy wil hê ek moet by die huis intrek? Wanneer wou hy my daarvan vertel?

    Ek dink die oorspronklike plan was dat jou pa daarheen sou terugtrek. Maar natuurlik nou –

    Noudat hy dood is, dink jy hy wou hê ek moet daarheen trek?

    Eintlik is dit meer as wat wou gehad het, Calamity. Dit is 'n bepaling en voorwaarde van die testament dat jy vir die tydperk van een jaar na Sestien Snapdragon-sirkel moet trek. Na daardie tydperk staan dit jou vry om daarmee te doen wat jy wil. Jy kan dit weer uitverhuur, voortgaan om daar te woon, of dit verkoop.

    En as ek sou besluit om dit te verkoop?

    Huise in daardie gedeelte van Marketville verkoop gewoonlik vinnig en teen 'n ordentlike prys, beslis 'n paar keer meer as jou ouers se oorspronklike belegging in 1979. Jy sal harde werk moet insit, om nie eens te praat van die basiese opknappings nie, maar jou pa het jou ook ‘n bedrag geld daarvoor nagelaat.

    Hy het geld opsy gesit? Genoeg vir opknappings? Ek het aan die lamlendige meenthuis, die deur getrapte matte, en aan gate in die oortreksel van die antieke olyfgroen brokaat bank gedink. Ek het altyd gedink dat my pa is spaarsamig geleef het omdat hy moes. Dit het nooit by my opgekom dat hy geld weggebêre het om ‘n huis op te knap, waarvan ek nie eens bewus was nie.

    Ongeveer honderdduisend dollar, hoewel slegs die helfte daarvan vir opknapping toegeken word. Die balans van vyftig duisend sal in weeklikse paaiemente aan jou betaal word terwyl jy verniet daar woon. Sekerlik genoeg vir jou om 'n jaar van werk af te kan neem en aan die ander vereiste te voldoen.

    50 0000 dollar. Byna twee keer soveel as wat ek in 'n enkele jaar in my inbelsentrum werk by die bank maak. Om daar te bedank, sal beslis nie armoede beteken nie. En my maand-tot-maand huurkontrak sou maklik genoeg wees om te breek met dertig dae kennisgewing. Wat is die ander vereiste?

    Leith leun terug in sy stoel en laat nog een van sy dramatiese sugte uit. Ek het die indruk gekry dat hy nie regtig baie ingenome met die voorwaarde was nie.

    Jou pa wil hê jy moet uitvind wie jou ma vermoor het. En hy het geglo dat die leidrade moontlik in die Marketville-huis weggesteek kan wees.

    2

    Ek het oopmond na Leith Hampton gekyk. Wat op aarde praat jy van? My ma is nie vermoor nie. Sy het ons verlaat toe ek omtrent ses was. Ek het dalk nie 'n helder herinnerings van my ma gehad nie, maar ek onthou nog die manier waarop kinders by die skool daaroor gepraat het, hul ouers was die ooglopende bron van hul inligting. ‘n Klein dorpie se lospop vind 'n nuwe man en maak spore om 'n beter lewe te gaan maak. Tot nou toe het ek geen idee gehad dat die skinderpraatjies op enige ander plek as Toronto opgeduik het nie.

    Blykbaar het jou pa anders begin glo, het Leith gesê en sy arms voor sy bors gevou.

    Dit het my verbaas. My ma se naam is selde genoem toe ek grootgeword het. Die meeste van die tyd het dit gevoel asof sy nooit bestaan het nie. My natuurlike nuuskierigheid oor wie sy was en waarheen sy gegaan het, was ver van versadig. Die paar dinge wat my pa my van haar vertel het, gewoonlik na 'n paar biere, was nie noemenswaardig nie. Dat haar naam Abigail was; dat sy daarvan gehou het om te bak; dat sy lief was vir ou flieks, veral musiekblyspele uit die 1950's.

    So jy sê die Marketville-huis was nooit deel van sy testament nie?

    Die huis was altyd deel van die testament, en jy was altyd die begunstigde. Die kodisille is die gedeelte waar jy vir 'n jaar in die huis moet gaan woon en probeer om jou ma se beweerde moord op te los, of dan anders, die werklike rede agter haar verdwyning te vind. Leith skud sy kop. Ek sal erken ek het nie hierdie idee ondersteun nie, maar hy het daarop aangedring. Ek het my bes gedoen om hom daaruit te praat, maar jy weet hoe hardnekkig jou pa kon wees.

    Ek het. Kyk die woord hardkoppig op in die woordeboek en jy kan dalk net 'n foto van James David Barnstable daar kry. Dit was 'n eienskap wat ek geërf het, reg saam met sy onbedwingbare bos kastaiingbruin hare en swart-omringde hazel oë. Die hare kon ek reguit en onder beheer bring, met genoeg haar produkte, genoeg geduld met 'n haardroër en haartang, en die oë was waarskynlik my beste bate. Maar die hardkoppige streek was meer as eenkeer amper die einde van my. My pa s’n ook. Weet jy wat tot sy fiksasie gelei het?

    Ek weet hy het 'n private speurder gehuur, net na jou ma weg is, maar niks het daarvan gekom nie. Dit was asof sy in die niet verdwyn het. Miskien was daar ander pogings waarvan ek nie bewus is nie. Maar dit was sy laaste huurder in die Marketville-huis wat weer die vuurtjie aangehits het.

    Hoe so?

    Leith het 'n droë laggie gegee, maar daar was geen humor in die klank daarvan nie. "Blykbaar was die huurder heldersiende, of ten minste het sy beweer dat sy is. 'n Vrou met die naam Misty Rivers.

    As iemand wat vernoem is na Calamity Jane, 'n Wilde Weste frontiersvrou met ‘n twyfelagtige reputasie, was ek nie op die punt om iemand anders se naam te kritiseer nie. Ek was net dankbaar dat my ouers die goeie oordeel gehad het om my 'n ander middelnaam te gee. Wat het hierdie Misty Rivers gedoen of gesê om my pa se aandag te kry?

    Sy het vir hom gesê dit spook in die huis, dat die spook iemand was wat eens daar gewoon het, iemand wat lief was vir lila blomme.

    En van daar het hy tot die gevolgtrekking gekom dat my ma vermoor is?

    Dit is 'n verregaande, ek weet. Maar in die verlede het 'n ander huurder gekla oor vreemde geluide. Kraak geluide in die kelder, voetstappe in die solder, daardie soort ding. Ons het albei die klagtes afgemaak as die huurder se poging om uit haar huurkontrak te kom. As dit die doel was, het dit gewerk. Sy het voor die tyd uitgetrek sonder om enige heffings te betaal.

    Maar toe, na die heldersienster -

    Presies. Na Misty Rivers was jou pa nie meer so seker nie. Toe julle uit die Marketville-huis getrek het, het hy al jou ma se besittings op die solder toegesluit. Hy het gesê hy kon dit nie oor sy hart kry om deur haar besittings te gaan nadat sy weg is nie, toe het die jare net verby getik. Misty het hom laat glo dat daar moontlik leidrade tussen jou ma se besittings versteek is.

    Dit was asof Leith van 'n vreemdeling gepraat het. Hy het my nooit van enige van hierdie dinge vertel nie.

    Hy wou seker wees, om jou te beskerm teen seerkry. Hy wou nie gehad het dat jy in iets moet glo wat dalk net 'n sprokie kon gewees het nie.

    'n Sprokie. Behalwe dat hierdie een nie 'n gelukkige einde gehad nie. Ek het in my handsak rondgekrap vir my kokosneut lipsalf terwyl ek daaroor nadink.

    Wat is die storie met die lila blomme?

    Oor die jare het mense probeer om 'n verskeidenheid plante daar te laat groei, blomme, 'n groentetuin, alles sonder enige mate van sukses. Die enigste ding wat op die eiendom gegroei het, was 'n onbeheerbare lila blom bos in die agterplaas. Dit het nie saak gemaak hoeveel keer dit teruggesny is nie, die volgende lente sou dit vol en bosagtig terugkom. Blykbaar het jou ma dit geplant.

    Ek het my oë gerol. Lila blomme is bekend vir hul onvernietigbaarheid. En dit sou maklik genoeg wees vir iemand om 'n ou lila bos te sien en die gevolgtrekking te maak dat die oorspronklike eienaar dit geplant het. 'n Ander gedagte het by my opgekom. Hierdie Misty Rivers, wou sy geld hê?

    Leith knik, sy gesigs uitdrukking strak. Ek glo jou pa sou haar betaal het om verder ondersoek in te stel. Teen my advies in, net vir die rekord. Ongelukkig vir juffrou Rivers het sy voortydige dood ingegryp.

    Ongelooflik. My gesonde verstand, belasting betalende, hardwerkende ambagsman van 'n pa. Huur 'n heldersienster. Wat het hom besiel?

    Dit was asof Leith Hampton my gedagtes gelees het. Ek weet dit is baie om in te neem, Callie. Al wat ek weet, is dat jou pa die afgelope paar maande toenemend obsessief geraak het met jou ma se ... ehh verdwyning. Ek moet erken dat ek dit nie sien kom het nie. Al die jare het hy geweier om oor haar te praat, en met goeie rede.

    Watter goeie rede?

    Leith het sy lippe opmekaar gepers, asof hy die woorde wat hy gesê het, of wou sê, wou terug sluk.

    Watter goeie rede, Leith? Ek het weer gevra. As ek hierdie wilde perd gaan opsaal, moet ek ten minste alles weet wat daar te wete is.

    Leith het gesug, maar hierdie keer was dit nie dramaties nie. Ek veronderstel dat jy reg is, en boonop, sodra jy in die verlede gaan begin grawe, sal jy inelkgeval uitvind.

    Ek weet dat prokureurs per uur betaal word, maar dit was nie nodig om hierdie uur uit te rek nie. Ek leun vorentoe en staan half regop terwyl my vingernaels op die gepoleerde mahonie oppervlak tik. Wat inelkgeval uitvind?

    Hoewel jou ma se liggaam nooit gevind is nie, het niemand ooit weer van haar gesien of gehoor nie. Die polisie het vuilspel vermoed. Hoewel jou pa die een was wat haar as vermis aangemeld het, het hy gou die eerste verdagte geword. Daar was baie skinderpraatjies in die buurt.

    Omdat die eggenoot altyd die eerste verdagte is, het ek gesê en gedink aan die ontelbare episodes van Wet en Orde wat ek oor die jare gekyk het.

    Presies. Uiteindelik het die polisie aan beweeg, maar die saak is nooit gesluit nie. Die skade wat dit aan jou pa se reputasie in Marketville gedoen het... Hy kon net nie daar bly nie. Hy kon dit ook nie oor sy hart kry om die huis te verkoop nie. Vandaar die huurgeld oor die jare.

    En om nou terug te gaan? Ou geskiedenis op te roep, ou wonde oop te krap. Wat het hy gehoop om te bewys?

    Leith het sy skouers opgetrek. Miskien wou hy net sy naam skoonmaak, Calamity. Miskien was die toevoeging tot die kodisille sy manier om jou te vra dat jy dieselfde doen. Ek wens hy het my meer vertrou as wat hy gedoen het. Wat sy regsake betref, het hy my nie soos 'n vriend behandel nie, dan was ek sy prokureur. Ek het daardie siening van ons verhouding aangemoedig.

    Ek werk by 'n bank se inbelsentrum. Die enigste ding wat ek weet hoe om te ondersoek, is klagtes van kliënte. Ek het probeer om alles te verwerk van wat Leith vir my gesê het. Jy het gesê ek moet by die huis intrek. Wat as ek niks uitvind nie? Wat as, soos heeltemal waarskynlik gaan wees, daar niks was om uit te vind nie? Sê nou ek vind die bewyse wat my pa impliseer ?

    Jou enigste verpligting is om te probeer, en natuurlik, om daar te woon.

    As ek nie wil nie?

    Vyftigduisend dollar sal in bewaring gehou word vir opknappings. Misty Rivers sal toegelaat word om in die Marketville-huis te woon, huur vry vir die tydperk van een jaar, met die voorwaarde dat sy jou ma se verdwyning ondersoek. Ek sal weeklikse vorderingsverslae kry, waarvoor sy duisend dollar per verslag betaal sal word. Dieselfde soort vorderingsverslae wat daar van jou verwag sal word om te gee, indien jy instem om dit aan te pak. Die hele vyftigduisend dollar sal dadelik uitbetaal word indien die raaisel van jou ma se verdwyning opgelos word voordat die jaar om is.

    Weeklikse vorderingsverslae om wat te sê? Dat die lila weer terug was in blom? Ek wou skree. In plaas daarvan het ek gevra, Wat gebeur na 'n jaar?

    Misty Rivers trek uit. Die huis sal in geheel en al joune word, om mee te doen wat jy wil. Sonder enige voorwaardes.

    Intussen sou ‘n swendelaar sienster deur my ma se besittings en lewe krap wees, verniet in die huis bly, waarskynlik sonder enige belangstelling om my pa se naam skoon te maak. Nie met my geld of op my tyd nie.

    Soos ek vroeër genoem het, stop jou verpligting een jaar vanaf die datum waarop jy intrek. Daarna is jy vry om te doen wat jy wil. Verkoop die huis, bly daar woon, sit dit terug op die verhurings mark. Die vyftig duisend dollar vir opknappings sal beskikbaar wees vanaf die oomblik dat jy intrek. Enige geld wat nie vir opknappings gebruik word nie, sal na jou toe kom sonder voorwaardes.

    "En wat word van Misty Rivers?

    Sy is op 'n vyfduisend dollar-gebruikers fooi , sou jy besluit om met haar te konsulteer. Ek kon myself nie voorstel om so iets te doen nie.

    Maar dit het voorgekom asof ek na Marketville gaan verhuis.

    3

    Snapdragon Sirkel was 'n cul-de-sac binne 'n enklawe van die 1970’s se steen en skakelhuisies. Die toevallige twee verdiepings huis het hier en daar voorgekom in 'n andersins voorspelbare voorstedelike landskap, hoewel met nadere inspeksie sou mens ontdek dat die boonste vlakke toevoegings was tot die oorspronklike strukture.

    Elke straat binne die onderverdeling is vernoem na 'n provinsiale veldblom, wat begin met die sentrale slagaar van Trilliumweg, wat dan vertak het na simmetriese systrate met name soos Dag Lelie Straat, Lady's Slipper Laan en Coneflower Singel.

    Die meeste van die huise was goed versorg, die grasperke welig en groen, die vensters skoon en blink. Sestien Snapdragon Sirkel, 'n geel baksteen huisie met 'n erg ingesakte motorafdak, was die een opmerklike uitsondering. Die dak is op 'n halfdosyn plekke gelap met min aandag daaraan gegee of selfs ‘n poging aangewend om ten minste by die kleur van die ander teëls te pas hou nie. Die vensters is toegesmeer met jare se stof en sand, en heel moontlik met 'n paar eiers uit Halloweens van vorige jare.

    Om te sê dat die huis 'n bietjie TLC nodig gehad het was om dit sagkens te stel. Wat hierdie huis nodig gehad het, was 'n goeie laag afbrand.

    Dit het my 'n paar oomblikke geneem om te besef dat 'n man oor die verdorde voorste grasperk gestap het om by my aan te sluit. Ek het hom op omtrent veertig geskat, aantreklik in 'n rowwe nutsman soort van manier, die soort man wat jy op TV sien in daardie huis opknappings programme. Goed gedefinieerde bo arm spiere, sand bruin hare tot teenaan die kopvel gesny, warm bruin oë. Hy het jeans, werk stewels en 'n swart gholfhemp gedra met 'n goue logo wat Royce Konstruksie & Eiendoms Bestuur adverteer. Ek het my 'n sespak gespierde ribbekas onder daardie hemp voorgestel en hard probeer om nie te bloos nie.

    Royce Ashford, het hy gesê en sy regterhand uitgesteek. Ek bly langsaan. Hy na ‘n netjiese agsterskakel huis beduie, met grys baksteen en wit rante. Die rantjies lyk nuut.

    So hierdie was die kontrakteur waarna Leith Hampton verwys het - die kontrakteur wat my pa gehuur het.

    Callie Barnstable.

    Is jy die nuwe huurder? Daar was iets in die manier waarop hy dit gesê het, 'n klankie van hier gaan ons alweer en arme jy geïmpliseer in die woorde.

    Nog erger. Ek besit hierdie plek. Ek het my werk bedank om hierheen te trek.

    Vir 'n kort oomblik het Royce sy wenkbroue verbaas gelig, maar hy het vinnig herstel. Ek het van sy ongeluk gehoor. Ek's jammer. Hy het na 'n goeie man gelyk.

    Dankie. Ek het van Leith Hampton – my pa se prokureur – verneem dat jy my pa geken het.

    Ek sou nie sê dat ek het hom presies geken het nie. Ek het hom 'n paar weke gelede vir die eerste keer ontmoet. Ek het afgelei dat hy toe vir die eerste keer in jare weer hier aangedoen het -al die verhurings was deur Hampton & Assosiate hanteer. Hy was merkbaar nogal geskok oor die toestand van verval. Royce glimlag. Ek is bevrees huurders respekteer nie altyd 'n eiendom soos hulle sou as dit hul eie was nie.

    Ek het dit agtergekom ja.

    "Jou pa was van plan om

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1