Weg! Platteland

Klok in op Clocolan

Kort nadat ek my kop én hart vrye teuels gegee het in die megalopolis van Clocolan in die Oos-Vrystaat, klim ek op ’n vliegtuig na die Keniaanse eiland Lamu. (Dié sin klink so windgat dat die winterbleek vlaktes van die Vrystaat sommer uitbars in helder kleur.) Ek was net te dankbaar die vliegtuig het nie neergestort toe ons opstyg nie. Ek sit die boek wat ek wil lees op my afslaantafeltjie neer: The Tattooist of Auschwitz deur Heather Morris.

My buurman in die sitplek aan die ander kant van die paadjie staar lank na die omslag van die boek, sy oë ernstig dog blink in ’n gesig wat oënskynlik deur plooie en lyne bymekaargehou word. Dit blyk gou hy is ’n Joodse finansier van Miami wat al die wêreld gesien en onlangs ook vir Donald Trump ontmoet het. Kom ek stel dit in sy taal: We got on like a plane on fire! Gedurende die vlug van vier uur Nairobi toe deel hy sy mening oor die Amerikaanse kiesstelsel, die Amerikaanse burgeroorlog, Viëtnam, die CIA, Mao Zedong, Mossad, Wladimir Poetin, die Russiese oligargie, Simon Wiesenthal, die nut van ’n handelsverbod, Iran, die Saudi’s en die benarde posisie waarin Israel hom bevind met sy vyandige Arabiese bure.

In ’n stadium, waarskynlik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
My Paadjie Platteland Toe
Ek is maar ’n stadsjapie. My eerste nege lewensjare was in Seepunt, gevolg deur ewe veel tyd in Vrede-hoek, Kaapstad. Dié skuif is het gekom nadat my oupa oorlede is en ons gesin by my ouma ingetrek het. Een van die lekkerste dinge van Vredehoek was
Weg: Platteland3 min read
Rosendal… Vir Altyd In My Hart Gegraveer
Dit is nou ses maande sedert ek na Amerika, my geboorteland, teruggekeer het ná tien jaar op die dorpie Rosendal in die Vrystaat. Hier waar ek nou is, is die paaie goed en die krag dalk altyd aan, maar in my hart is daar ’n groot gat. Op Rosendal is
Weg: Platteland8 min read
Karoogoud Vir Jou Vel
‘Het jy al gevoel hoe sag is skaapskeerders en wolklasseerders se hande?” vra Leon en Hanli Stegmann amper gelyk toe Leon, die vyfde geslag op die plaas, in die ou skeerskuur op Kruidfontein ’n oopgespreide merinovag uithou. “Vryf dit tussen jou ving

Related