Weg!

KOM SPEEL IN DIE HEUWELS

Die Tuinroete groei elke dag. Gerugte wil dit hê dat tot 30 gesinne elke maand van elders in die land hierheen trek. Mosselbaai, Hartenbos, Klein-Brak, Groot-Brak, George… Hier gaan binnekort nie eens meer plek vir die spreekwoordelike muis wees nie, want nuwe huise verskyn op elke beskikbare heuweltjie.

Dis selfs besiger in skoolvakansies, want almal wat nog nie hierheen getrek het nie, daag op met volgepakte Fortuners en Venterwaentjies vir ’n week of wat se pret.

Die pret kan egter oorweldigend raak, en dis dan wanneer die berge jou roep. Ná net ’n paar kilometer die binneland in is jy in ’n gans ander wêreld. Die berge troon rondom jou uit en padstalle wag jou in met tee en skons. Jy kan die omgewing op jou bergfiets verken of piekniek hou onder ’n 900 jaar oue geelhoutboom met net knysnaloeries as geselskap.

Toe, waarvoor wag jy?

Leeus vir ontbyt

Dis nie net Suid-Afrikaners wat elke jaar na die Tuinroete stroom nie, maar ook mense van oorsee. Duisende toeriste soos Sven van Swede kom op soek na wilde Afrika, en hier is talle wildreservate wat in hulle behoeftes voorsien. Ek kon nog nooit dink hoe een van hierdie reservate kan kers vashou by plekke soos die Krugerwildtuin nie, maar ek begin anders dink…

“Gaan na Botlierskop,” raai Meike Prenzel my aan. Sy is die eienaar van die Avenuesgastehuis waar ek gisteraand oorgeslaap het. Meike en haar man, Martin, het 14 jaar gelede uit Duitsland hierheen getrek, en ken die toerismehart van die streek.

“Ons stuur altyd ons gaste soontoe. Dis nie wat ’n mens verwag nie.”

Ek weet nie mooi wat ek verwag het nie, maar beslis nie iets só groot nie. Die Botlierskop- private wildreservaat beslaan Africa-ervaring soek sonder om die regte dieptes van Afrika aan te durf. Die dagbesoekersdeel is net so indrukwekkend – dis waar Skukuza in die Kruger ’n luukse wynplaas ontmoet.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg8 min read
G’n Kortpad Deur Die Langeberg!
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veld

Related