Weg!

Dis my plek dié!

MIDDEL

NamibRand-natuurreservaat

Dié 2 250 km²-reservaat is geseën met beeldskone landskappe, ’n oorvloed fauna en flora, en ongeëwenaarde fotogeleenthede. Dit maak nie saak of jy stap, ry of op ’n begeleide toer is nie, die duine, vlaktes en valleie gáán jou oorrompel.

Hier’s ’n paar blyplekke in die reservaat. Die Family Hideout (#111, bl. 104) is ’n bekostigbare keuse. Die opgeknapte en smaakvolle plaashuis is net reg vir ’n klein groep vriende terwyl avontuurlike reisigers aanklank sal vind by die drie private kampplekke met ’n geriefie of twee (spoeltoilette en warm water).

– Phil Sturgess en Carina de Klerk

MIDDEL

Gamsbergpas

Namibië is nie juis bekend vir bergpasse nie. Maar om van die Khomas Hochland-plato in die middel van die land na die woestyn te ry moet jy bergaf. En die mooiste roete om dít langs te doen is die C26-grondpad van Windhoek af oor die Gamsbergpas (2 347 m).

Dis Namibië se langste en hoogste pas – die daling is ’n hele 1 100 m! Die kronkels vat jou verby pragtige plantegroei, koedoes, sebras en klipspringers. Dis só mooi hier, mense noem dit die Tuinroete van Namibië. Gee jouself genoeg tyd om die pas te ry, want daar is baie plekke om stil te hou en oor die berge en die woestyn uit te kyk. En as jy nog meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Kortliks
ABALOBI is ’n slimfoon-app wat kleinskaalse vissersgemeenskappe met klante verbind. Restaurante en individue kan met die app vars vis direk by ’n visserman koop. Sodoende kry die vissermanne ’n goeie prys en toegang tot ’n groter mark. Dié grensversk
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related