Weg! Ry & Sleep

Namibië toe met ’n wa op die haak

Ná ’n jaar of twee se deeglike beplanning (en spaar) staan ses egpare van Riebeeckstad gereed vir ’n toer van 25 dae en 6 000 km na Namibië: Jurie en Adriana Blom, Sarel en Ester Griesel, Pedro en Elize Erasmus, Frank en Desirè Korb, Gert en Christien Viljoen en Pieter en Annette van der Merwe. Daar’s ’n hele klompie boswaens in die groep – twee Bush Lapas, ’n Conqueror Companion, ’n Sprite Tourer en ’n LeBusha – maar ook ’n Sprite Swing en ’n Gypsy Rapsody. Pieter vertel.

Ná die skof van 330 km op die eerste dag kom ons by die Riverside-lodge naby Ritchie aan waar Hansie en Elize Bekker van Parys hulle by ons aansluit. Die kampplek hier is ’n gawe en netjiese oornaggerief langs die Renosterrivier en die beste een wat ons naby Kimberley kon opspoor.

Met hanekraai – ja, ’n klompie van ons het langs die hoenderhok gestaan!

– breek die tweede dag aan wat ons oor Griekwastad en Groblershoop na Oranjerus neem, ’n juweel naby Kanoneiland wat langs die Oranjerivier lê. Deur die Groen-Kalahari anderkant Groblershoop golf die pad met vaste reëlmaat.

Die Oranjerivier, wat verby Oranjerus op hoër vlakke as normaal vloei, is ’n indrukwekkende gesig. Dis ’n pragtige oord met groot grasperke, heelwat bome en uitstekende ablusiegeriewe. Dis ’n gawe staanplek as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier

Related