Weg! Ry & Sleep

Die strandmere van Maputaland

Maputaland in die Noordoos-KwaZulu-Natal is ’n plat, sanderige en moerasagtige streek wat grens aan Mosambiek in die noorde, die Tugelarivier in die suide en die Lebomboberge in die weste. Geoloë sê dié wye kusvlakte was 100 miljoen jaar gelede onder water, en deesdae word Maputaland gekenmerk deur tientalle mere, strandmere, moerasse en grasvlaktes, asook reusagtige duine van meer as 150 m hoog wat oorgebly het nadat die see teruggetrek het.

As jy op teerpaaie bly, kan jy die lengte van Maputaland binne vyf uur kafdraf, maar hier is ’n agterpad wat jou eers deur olifantwêreld neem en van daar af kuslangs tot op die Mosambiekse grens. As jy jou paspoort onthou het – en die pandemie-inperking dit toelaat – kan jy boonop Ponta do Ouro besoek vir garnale, peri-peri-hoender en ’n yskoue 2M-bier.

JOU REIS BEGIN by Kaap Vidal, ’n gewilde kampplek 30 km noord van die KwaZulu-Natalse kusdorp St. Lucia. Die Kaap Vidaloord lê teen ’n baai wat deur ’n rif beskut word teen inkomende branders. Hier is 50 staanplekke, elk met water en elektrisiteit, en netjiese ablusiegeriewe. Dis ’n gewilde bestemming oor die groot dae en jy moet dus lank vooruit bespreek.

Die geheimsinnige skip die Dorothea het op 31 Januarie 1898 hier by Kaap Vidal op die rotse geloop. Volgens oorlewering het die destydse president van die Transvaalse Republiek, Paul Kruger, ’n vrag goudstawe uit die Witwatersrand na Delagoabaai (vandag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Blinknuwe Ford
Die nuwe Ford Territory is op 4 Mei vanjaar bekend gestel. Die nuweling word aangedryf deur ’n 1,8 ℓ-EcoBoost-enjin wat 138 kW en 318 Nm lewer en kom ook met nuwe selfaan-en-afskakel-tegnologie wat brandstofverbruik verlaag. Die enjin is gekoppel aan
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges
Weg: Ry & Sleep13 min read
Kyk Net Al Die Waens!
Een van die nuwe gesigte op die ekspo was Danie Rossouw met sy TrailPod, en al was Danie nooit voorheen ’n kampeerder nie, het hy nie minder nie as drie nuwe Cricket-modelle vir die heel eerste keer kom wys. Danie het sy ontwerp op die klassieke traa

Related