Weg! Ry & Sleep

Grondpad tussen die ‘daisies’

Die N14-snelweg strek loodreg deur die Groen-Kalahari. Kokerbome waak op ’n vaal geel grasvlakte en die teerpad suis onder jou trokkie se wiele terwyl jy droë rivierlope oorsteek. Die naamborde daarvan flits verby: Hartbees, Yas se Laagte, Kaboep... uit die rooi riviersand verrys sneeuwit gousblomme, so al asof hulle dankbaar is vir die onlangse winterreën.

Jy’t gister amper 900 km uit Gauteng afgelê tot op Kakamas in die Noord-Kaap. Dit was ook maar goed jy’t by die Kakamas-hotel aangeklop, want wie’s lus om ná so ’n lang dag tent op te slaan?

Ons gaan beslis kamp op hierdie toer, maar jou gerieflike hotelkamer het jou die kans gebied om jou kamera se batterye te laai en doodseker te maak die geheuekaarte is almal skoon. Die hotel se restaurant het boonop skaapstertjies (R69) voorgesit, ’n Karoo-lekkerny wat drup van die vet. Diep lekker!

Maar nou is ons op pad Namakwaland toe. Die eerste dorp ná Kakamas is Pofadder, waar die veldblomme langs die pad al hoe weliger begin raak. Uiteindelik is dit tyd om jou veldblomgidsboek uit die paneelkissie te haal, want ’n mens raak nuuskierig oor watter blomme jy te siene gaan kry.

Die bloeiwyse van een soort plant is goudgeel blomblare met donker kolle rondom die kern, en die gidsboek dui hom aan as Gazania lichtensteinii of, in die volksmond, kougoed. ’n Ander een is ’n soort vygie en sy liggeel blomme het fyn repies vir blaartjies – jou gidsboek noem hom Malephora crassa of geelvingertjies. Die volksname is te pragtig.

Soos ons Springbok nader, is die veld oortrek met groen en geel stinkskaapbos (Tripteris oppositifolia), en plek-plek koekeloer nooienskokerbome (Aloe ramosissima) oor die kliprantjies.

Op die buiterand van Springbok, een van die Noord-Kaap se groot dorpe, draai jy links op die R355-streekpad en volg die padaanwysers tot by die Goegap-natuurreservaat. In verlede jaar se Oktober-November-uitgawe het ons oor die 4x4roete in die reservaat geskryf, maar in kort wag die volgende op jou: Nadat jy R300 per voertuig en R30 p.p. betaal het,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related