Weg!

Kom doedoe op Omaruru

Die Omaruru-museum is bot toe en die Franke-toring gesluit. ’n Sonverbleikte bordjie dui aan dat die toring se sleutel beskikbaar is by Little Bush Rest B&B. Daar gekom, staan die gastehuis leeg – dis te koop.

Ek en Shelley Christians, Weg se fotoredakteur, het gister van Windhoek af hierheen gery. Dis vroegoggend en ons suiker op en af deur Omaruru se stil strate. Tot dusver boesem die dorp, glo Namibië se kunshoofstad, nie veel vertroue in nie.

Tikoloshe Afrika op die koppie nes jy die dorpie van die suide af binnery, is wel oop. Ons draai in by wat lyk soos ’n skrootwerf vir houtprodukte. Langs die dubbelverdiepingwinkel skaaf en skuur drie ouens behendig aan stukke hout.

Martha Pitt kom groet en verduidelik hoe dinge werk. Hier’s verskeie vertrekke met allerlei curios van reg oor Afrika, en ’n koffiewinkel bo. Hier is die gewone goed: maskers, houtlepels, houtbeeldjies, batiklappe… maar die eienaar, Paul Goldbach, en sy span – Ndingi Ndumba, Alberto Kambinda, Rino Johannes Kativa en Johannes Lirunga – skep iets spesiaals hier. Hulle kerf diere en voëls uit droë stukke boomwortel, van ’n enorme seekoei tot ’n kleine hoephoep. ’n Groot olifant van rooi salignabloekom staan juis gereed om na Oostenryk verskeep te word. En ’n kameelperd is op pad Duitsland toe.

Hulle kry die droë wortels – mopanie, tambotie, kameeldoring… – van boere in die omgewing. “Die hout sê vir jou wat dit wil wees,” verduidelik Paul.

Hy het in 1970 van Duitsland af in Namibië kom werk as pelsmaker. “Maar ek het moeg geraak vir die tannies.” Daarna het hy op ’n wêreldreis op die Peruviaanse kunstenaar Agustin Rivas se houtsnykuns afgekom. Rivas het allerlei beelde uit boomwortels gekerf. Paul het 20 van die kunswerke gekoop en na Duitsland verskeep.

Terug in Namibië het hy as plaasbestuurder gewerk en vir Paulo Cashinga ontmoet, ’n bedrewe Kavangohoutkunstenaar. Saam het die twee begin werk aan boomwortelbeelde eie aan Namibië. Paulo is in 2012 oorlede, maar die res van Paul se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related