Geraamtes van gister
Het jy al ooit op ’n grondpad gery en dan by ’n ou vervalle gebou gewonder: “As dié mure maar kon praat…”
Spookdorpe word beskryf as nedersettings wat leeggeloop het, met net enkele of selfs geen inwoners meer oor nie. Hulle is die geraamtes van gemeenskappe wat eens gefloreer het, en jy kry hulle reg oor die wêreld. Die meeste van ons ken die bekendes soos Machu Picchu in Peru en Kolmanskop in Namibië, maar spookdorpe kry jy op al sewe vastelande, selfs in Antarktika en die sub-Arktiese eilande.
National Geographic beskryf ons belangstelling in bouvalle met ’n aanhaling van Thóra Pétursdóttir en Bjørnar Olsen, redakteurs van die boek Ruin Memories: Materialities, Aesthetics and the Archaeology of the Recent Past: “Masked objects are unveiled, inside is turned out. Collapsed walls, broken windows and open drawers expose intimacy and privacy, recalling to light the previously hidden, forgotten or unknown.”
Wat spoke betref… ja, mense sien hulle wel glo af en toe. Ons almal ken iemand wat al ’n spook gesien het.
“Sandy is dood aan malaria, in kamer nr. 6,” vertel Margaret Locke van die Leydsdorp-hotel.
“Die prospekteerders het hom op ’n wa gelaai, maar halfpad af na die begraafplaas toe het hy afgeval. Almal was besope,” sê sy en skets ’n duidelike prentjie van die brassery van die laat 19de eeu. “Hulle het hom teruggebring en in die hoek van die kroeg sitgemaak. ’n Paar mense het al gesê hulle sien ’n spook daar.”
Kom stap saam met ons deur Leydsdorp in Limpopo en drie ander spookdorpe in Mpumalanga…
’n Lieflike warboel
Wat is die fassinasie met spookdorpe? Die natuurskoon by Vaalhoek slaan altyd my asem weg, maar dié
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days