Water en woestyn
Ek trek af langs die B1-teerpad sowat 10 km anderkant Noordoewer en klim uit die kar. Dis warm, maar nie so warm soos by die grenspos langs die Oranjerivier nie. Daar was dit oondwarm. Hier is dit net vrekwarm.
Rondom my lê los rotse soos groot albasters op die kaal landskap en ’n paar struike wat g’n dier wil vreet nie. Die vlakte strek ’n halfkilometer na die weste, en trek dan steil uit teen ’n klipperige rand wat soos ’n versteende draak lyk. Na die ooste, verby ’n telefoondraad, lê nog van dieselfde. Dis ’n harde, droë wêreld.
’n Mens raak nie met die eerste oogopslag verlief op Namibië nie. Dis nie soos Mauritius waar die wit strande en palmbome jou reeds uit die vliegtuigvenster betower nie. Nee, Namibië is soos daai nuwe vellies wat jy eers moet inloop, en dan jarre lank dra.
Terug in die kar loop die kilometers opdraande, windin, Grünau toe. Later strek die horison heeltemal oop en die aarde lê van hoek tot kant vir sover as wat ’n mens kan sien. ’n Kraai. ’n Verdwaalde kudde vetstertskaap. ’n Afdraaibord na die plaas van ’n Aggenbach.
Só min, só mooi.
Ou vriende
Die volgende oggend sit ek by die ontbyttafel van Die Withuis-gasteplaas en gesels met die De Wets. Dolf en Kinna het afgetree, maar bly steeds op die plaas. Hulle seun, ook Dolf, en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days