Weg!

Namakwaland se ánder mooi

Ek was nog nooit voorheen só diep in die Kamiesberg nie. Wie sou kon raai dat hier, tussen die eentonige N7 en die plat Boesmanland, sulke mooi granietboggels lê? En kyk net al die kokerbome! Maar wag, ek moet wikkel – die ander stappers trek al weer ’n ent vooruit. Nou gou agter dáái rots ’n draaitjie loop, dan weer aanstoot om… Ek bokspring verskrik oor die bosse tot terug in die oopte van die plaaspad. ’n Verdomde swart spoegkobra! Bakkop. Blasend.

Die episode het my ver laat agter raak, maar ek sien genadiglik die res van die Dapper Dosyn se oranje beffies oor ’n afstand raak. Die meeste van my kamerade vir die week te voet deur Namakwaland is van Gauteng, met twee van KwaZulu-Natal en enkele Kapenaars. Saam met die bondel stap twee van ons gidse, Frik Olwage en Luan Fourie. En ’n ent vorentoe kruie die derde lid van die ondersteuningspan, Karen de Wet, met ’n bussie aan.

Ons het gisteraand op die plaas Pedroskloof, sowat 20 km oos van Kamieskroon, aangekom en stap die volgende vyf dae deur verskillende streke van Namakwaland – die Kamiesberg, die nasionale park, die Knersvlakte en die Olifantsriviervallei. Party dae is korter afstande, met die bussie wat ons van een mooi kol na ’n ander aanry; ander dae stap jy 20 km!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related