TWA DIE TYDLOPER
Deur ANOESCHKA VON MECK PENGUIN, R235*
En daar kruip die kind jou wragtag onder die laaste stuk bos uit, haar oë gerek soos een wat sambok goed ken.
“Twalie! Wat suutjies jy hier op my skaduwee?”
Die kind se kop hang. Aan die vuil strepe oor haar gesig lyk dit of sy trane afgevee het. Die kennetjie bewe.
“Weet jouse mense waar jy flenter? Vandag het jy verkeerd gedoen. Baie verkeerd. Hierdie is ’n geheime plek. Hier is groot heiliggeit en dinge wat nie vir almal se ôgge bedoel is nie. Hoe kan ’n