Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek Onthou: Boek 1
Ek Onthou: Boek 1
Ek Onthou: Boek 1
Ebook219 pages8 hours

Ek Onthou: Boek 1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Andri Nieuwoudt bring ’n reeks van onthou uit en nooi u uit om die pad saam met hom te loop wat hy geloop het: hy belowe jou hy sal jou nie verveel nie, want hy was anders, en die andersgeit is sy normaal.

Ek het saam met hom sy pad geloop en was verryk deur sy onthou. Ek haal sy onthou wat hy met ons deel aan: “Om te onthou is om dinge wat vergeet geraak het weer te laat lewe- is dit van enige nut? Die onthou wat uit die dieptes van die emosionele wegbêre plekke kom het gewoonlik 'n stimulus nodig om wakker te word uit die slaap- die drome word weer werklikheid voor die geestes oog en oortref gou die werklikheid want dis omhul deur 'n waas van heerlikheid. Die waas verdof dit in die verlede tot 'n vaagheid wat selfs met ietwat van 'n goue raam ook deelmaak van die onthou. Wat sal die onthou wees as jy nog steeds in die werklikheid sit?- daarom is die onthou veral lekker vir diegene wat nie meer daar is nie: jy sit weg van dit wat jy wil onthou -veral as dit met konkrete werklike aardse goed te doen het: onthou van 'n afstand maak die beeld tog mooier. Jy voel die warmte dorheid van die Oostewind teen die Weskus met minder felheid- die Suidewind stof raak jou nie, en net die sleepmis van die Weskus sit op jou vel, tong en in jou oë. Dis dan wat die gevoel van emosionele onthou inskiet en als mooi maak, selfs die dorheid en stof begin deel raak van die emosionele wentelbaan. En jy onthou als-ook die pyn en goedheid en hartseer en blydskap en ....pik 'n traan weg.

En jy dink en wil terug na was, maar wil ook nie.”
Hierdie reeks van drie boeke is leesstof wat jy weer en weer kan lees en elke keer met andersgeit verryk sal word.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9780463712238
Ek Onthou: Boek 1
Author

Andri Nieuwoudt

Dr Andri Nieuwoudt MB,ChB, MMed(O&G) LKOG (SA) Matriek: in Hoërskool Namakwaland 1967. Het Ginekologie en Verloskunde praktiseer sedert 1984, eers as konsultant by Tygerberg Hospitaal, Parow, daarna sedert 1986 in Stellenbosch Hospitaal en Hottentots Holland Hospitaal. Sedert 1988 was hy in privaat ginekologiese praktyk in Somerset Wes en Stellenbosch tot 2002, waarna hy as voltydse konsultant in Ginekologie en Verloskunde in Ziekenhuis Zorgsaam te Terneuzen Nederland aangestel was tot sy pensioenering in Desember 2016.

Read more from Andri Nieuwoudt

Related to Ek Onthou

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek Onthou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek Onthou - Andri Nieuwoudt

    Ek onthou

    Boek 1

    Andri Nieuwoudt

    Outeur: Andri Nieuwhoudt

    Omslagontwerp: Andri Nieuwoudt

    Geset in Times New Roman 12pt

    Alle regte voorbehou

    Kopiereg © Andri Nieuwoudt

    ISBN 978-1-928413-91-2

    Eerste Uitgawe 2018

    Hierdie boek mag nie sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Uitgegee en Gedruk deur

    Malherbe Uitgewers

    Die wisselwerking tussen wat jy dink jy bereik het en dit wat jy eintlik maar is, word alleen beheer deurdat jy kan terugstaan van die hier en nou en eintlik maar staatmaak op waar jy vandaan kom.

    Hierdie lewenslynboek is in ‘n sin ‘n ode aan my gesin en hul gesinne deurdat ek bevoorreg is om hierdie lewe te kon lei: alles eintlik maar genade. Dis ook ‘n herdenking aan die wat deur my handelinge, medies of andersins, benadeel is. Miskien het ek tog iemand kon positief beïnvloed deur sekere van die dade ook.

    Wat begin het in die stofstrate van Alexanderbaai, ‘n klein myndorpie aan die weskus van Suid Afrika, wat orals drade wat as lewenservaring beskou kan word, opgetel het in Suid Afrika en later in die res van die wêreld, sal hier weergegee word.

    Dis egter maar nie veel anders as jou eie verhaal nie. Dis miskien nie ‘n besondere lewe nie, maar dit is myne en kon joune ook gewees het: dit is wat dit groot maak.

    Ek nooi u uit om die pad saam met my te loop wat ek geloop het: ek belowe jou ek sal jou nie verveel nie, want ek was anders, en die andersgeit is my normaal.

    Om te onthou is om dinge wat vergeet geraak het weer te laat lewe- is dit van enige nut?

    Die onthou wat uit die dieptes van die emosionele wegbêre plekke kom het gewoonlik 'n stimulus nodig om wakker te word uit die slaap- die drome word weer werklikheid voor die geestes oog en oortref gou die werklikheid want dis omhul deur 'n waas van heerlikheid.

    Die waas verdof dit in die verlede tot 'n vaagheid wat selfs met ietwat van 'n goue raam ook deelmaak van die onthou. Wat sal die onthou wees as jy nog steeds in die werklikheid sit?- daarom is die onthou veral lekker vir diegene wat nie meer daar is nie: jy sit weg van dit wat jy wil onthou -veral as dit met konkrete werklike aardse goed te doen het: onthou van 'n afstand maak die beeld tog mooier.

    Jy voel die warmte dorheid van die Oostewind teen die Weskus met minder felheid- die Suidewind stof raak jou nie, en net die sleepmis van die Weskus sit op jou vel, tong en in jou oë. Dis dan wat die gevoel van emosionele onthou inskiet en als mooi maak, selfs die dorheid en stof begin deel raak van die emosionele wentelbaan.

    En jy onthou als-ook die pyn en goedheid en hartseer en blydskap en ....pik 'n traan weg. 

    En jy dink en wil terug na was, maar wil ook nie.

    Boek 1

    ONTHOU

    Andri Nieuwoudt

    Met insetsels deur tydgenote

    The Land of Lost Content

    Into my heart an air that kills

    From yon far country blows:

    What are those blue remembered hills?

    What spires, what farms are those?

    That is the land of lost content,

    I see it shining plain,

    The happy highways where I went

    And cannot come again,

    A.E. Housman

    Die gediggie laat die verlange na dit wat was, voor die gees roep. Dit wat was, sal nie weer wees nie en bly maar net `n herinnering aan vervloë dae. Vergesigte na die dae van weleer.

    Van toepassing op ons wat nie meer terug kan gaan na waar ons vandaan gekom het nie, omdat dit nie meer is soos ons dit agter gelaat het nie. Maar tog leef dit voort in ons en om ons en iewers, vér weg, in die onthou.

    Ons is `n murasie omdat ons `n verlede het. Die dak, mure en vloer mag verslete voorkom vir dié wat jou verhaal nie ken nie, maar jyself sien dit nie raak nie. Miskien voel mens die krake meer as wat dit vir jou sigbaar is.

    Tog is die feit dat jy dit voel, `n herkenning van lewe. Ek sal liewers `n murasie wil wees as wat ek ongeskonde voorkom vir ander, maar van binne verrot is.

    Ook sal óns vergeet word deur die wat nog moet kom, al voel jy vandag groot.

    Voorwoord

    Ek hou daarvan om ‘n taal te praat wat losrol van my tong af, uit my kop uit na my vingers en van hier na die klawers van die sleutelbord voor my en van hier op die skerm. Daar is geen groter plesier as om daardie gewaarwording te kan voed nie en uit te leef nie: al lees niemand wat hier neergesit word nie, het ek die plesier daarvan beleef en geniet- selfs vir die wat dit nie gedoen het nie!

    Ek hoop tog ander gaan dus die plesier van net sit en lees, die plesier van uit eie onthou gestimuleer te word en die plesier van Afrikaans soos ek hom ken uit eie bron te ervaar. Om egter die taal te laat leef is daar ‘n soort van massa nodig waaroor gepraat moet word en hiervoor het ek myself gekies, want wie ken jouself beter as jyself? Uiteraard gaan daar ander figure ook in moet kom in my verhaal en die het geleef, leef nog en is ook laat leef al is dit net versinsels hier en daar.

    Die weergawe van onthou hier is direk van wat uitkom vanuit die hoof: daar is nie feite navorsing gedoen nie. Die rede is dat dit wat weergegee word alreeds gesif is deur tyd en ervaring sodat die deel wat uitkom ‘n weerspieëling is van wat die mens, ek, gevorm het. Selektiwiteit van ervarings onthou is wat selektiwiteit van persoons ontwikkeling gee, en dis wat ek in myself wil nagaan.

    Ek kom van Namakwaland, of sal ons dit nou netjies stel: ek het waarskynlik deur `n geboorte-ongeluk in `n klein dorpie met die naam van Alexanderbaai, as 5de geboorteling uit myse ma gepeul.

    In dié streek en omgewing was daar in my kinder- en jong dae nie veel meer as die ongerepte natuur, halfwoestyn, `n paar mynhope en funksionele geboue nie, nog minder iets wat gebeur het. Ons moes ons self vermaak en weens die afstande tussen mense, is daar maar aan mekaar stories vertel en oorvertel. Omdat ons nou nie veel gehad het wat gebeur het nie, en ook omdat ons mekaar maar min kon bekyk het, is die kuns ontwikkel om uit niks uit `n storie te maak.

    Die manier wat jy na ander gekyk het, het ook die vermoë laat ontwikkel dat jy dinge raaksien wat ander nie raaksien nie. Ook het ons die neiging gehad om die beeld van wat ons dan só sien, met letters en woorde lewe te gee sodat ander dan beter deur onse oë kan kyk. Omdat ons maar min kans gekry het om mens te sien en derhalwe min geleentheid gehad het om die woordbeeld-skildery aan ander oor te dra, het ons met elke sien- en kuierslag, dit aangeleer om baie te praat en bietjie by te lieg. Sommer net so ter illustrasie en om kleur en geur te verskaf. Onwetend is die platvorm geskep om jare later `n ryk nostalgie te laat herleef.

    Omdat ons selde die invloede van buitetaal-ontwikkelinge ervaar het, het `n paar dinge gebeur. Een daarvan was dat ons nie heeltemal die uitspraak van die Hollanders afgeleer het nie. Soms het die uitspraak bietjie verwater geraak onner mekaar en het ons `n ding begin ontwikkel wat streekuitspraak deur ordentlike, grênd mense genoem word.

    As mens dus om een of ander rede met buite mense te doen gekry het, het dié oopmond gestaan en luister as `n Namakwalander begin praat om sy kop-beeld uit te druk van hoe hy nou dinge sien. `n Kenmerkende streektaal gemaak in Namakwaland, uniek, eenvoudig, ryk en treffend, maar tog onbeskaamd, eerlik.

    In Alexanderbaai was daar in die begin jare maar min vroue. Aanvanklik was dit net `n manne-wêreld en het die boontoe roep woord en die onner toe verwys woord, (onthou manne dink oor die algemeen meer onner toe as boontoe), deel van jou taalgebruik geraak. Ook om die rede sal alles in Namakwalands as hy gesê word, selfs as van een van die anner geslag gepraat word. Iets interessant, want as jy na die stamtaal, Nederlands kyk, word die verwysings-dinge baie `n haar, maar nie as dit persone betref nie. Dit net terloops.

    Ek wil nou hier afdwaal van my nie-verhaal verhaal: In my later jare hier in Nederland, het ek weer met die Nederlander se onnertoe woord gebruik te doen gekry en hulle aanvaarding dat daar wel `n onnerdeel aan die mens is en nie net bo die belt dele nie. Hulle sal byvoorbeeld verwys na die ding wat die ordentlike mens moeite het om te noem en naam te gee. Hulle noem vir hom moeiteloos op die naam. Dis nou daardie oortollige deel wat nié in mens se bloed in is na die etery nie, sonder om dit net in sogenaamde ordentlike geselskap te noem, naamlik poep, en dit is die vastestof, nie die wind nie. So sal hulle ook van windjies of selfs skyt praat vir wat die meer ordentlike mense as poep dink as hulle van windjies dink. Ook is die algemene gebruikswoord vir snobs om bekakt te zijn. Die Belge sal die poep woord weer vir iets heel anders gebruik. Wag, ek dwaal nou só af dat die moontlike ordentlike leser hier wil wil opgooi, want sy ordentlikheid dwing hom weer weg van onner af.

    My punt is dat ons Namakwalanders sekere gewoontes aangeleer het vanuit ons leefwêreld, wat vir buitestaanders soms afstootlik is, of selfs amusant, afhangend van hoe jy nou met boontoe roep en die onner toe woord, dink / leef en omgaan. In hierdie boek sal ek op suiwer Namakwalands bly en `n hol `n hol noem. Aanvaar dit nou al en jou lees gaan lekker wees, neem aanstoot, nou ja, wel, tatta!

    As die Namakwalander `n verhaal vertel, vertel hy hom soos hy hom sien en in die taal of woordeskat wat hy ken, ook in kleurryke beskrywings soos geen ander hom dit kan nadoen nie. Veral in die uitspraak van woorde wat jy ook nêrens anders gaan hoor nie. Die manier van praat, of ons uitspraak, maak dit egter moeilik om `n ernstige verhaal te probeer vertel, want die mense lag waar dit nie snaaks is nie en kom ook nie altyd agter waaroor die verhaal nou konsuis gaan nie.

    Dit is alles dinge wat ek as mens mee moes omgaan toe my pa my daai dag met my nuwe back paddle fiets, nuwe koffer, nuwe en eerste langbroek, nuwe en eerste paar eie skoene voor Huis Marais in Stellenbosch afgelaai het vanuit die bak van sy bakkie.

    Op dié punt begin daar `n storie wat later vertel sal word.

    Ek wil terug gaan op my spore na waar my bloed sy oorsprong gehad het. Dis maar hoe ons almal hier gekom het en is nie `n unieke verhaal. Onse mense het nie gegroot trek Transvaal toe nie. Hulle het redelik vroeg na aankoms in die Kaap koers gekry teen die Weskus op. Weet nie waarheen nie, en weet ook nie waarom nie. Terugkykend kan mens net herken daar moes ‘n genetiese dryfkrag gewees het.

    Daar is baie Nieuwoudts so teen die Weskus op. Sit jou vinger op Kaapstad daar onder aan Afrika en as jy die N7 kry, neem dit dan op die landkaart na bo, uit die Boland uit, oor die Resseberge anderkant Piketberg en jy sal Clanwilliam en Citrusdal sien. Bietjie binneland toe, is die Cederberge. Dit was die eerste staanplek van die Nieuwoudt voorvaders. Die wat kon lees, het hier agtergebly en bossies begin meng met water en dit Rooibostee genoem. Die ander is met die toekomstige N7, nog verder noorde toe. By vandag se Vanrhynsdorp, het daar waarskynlik stamgenote verder binneland toe getrek en die dorp, Nieuwoudtville gestig. Volgens my wil nie veel Nieuwoudts daar wees nie, want vandag is hier nie veel Nieuwoudts te kry nie. Die meeste het nog verder Noord gegaan vanaf Vanrhynsdorp, deur die Knersvlakte en op Nuwerus uitmekaar gespat en in alle rigtings gegaan en plase probeer opbou. Mens vind nou nog spore van hulle daar in grafte op plase of in huisies waar hulle nog bestaan probeer maak, op niks. My voorsate kom vanuit die deel wat net na die binneland is van Nuwerus, in Kliprand se wêreld. My oupa het waarskynlik hier met klippe wou boer, want die plaas se naam was Klipfontein.

    Ek wil net by die Namakwalander bly. Hy sal sy storie vanuit twee posisies wil vertel. Die een is met die een voet so dwars agter hom uitgeskop, op dié been sal hy sy gewig laat rus. Die ander voet sal hy in negentig grade vooruit skop en met dié vaste rus van sy onderlyf, sal hy dan sy verhaal met sy pyp in die hand staan en vertel, met so nou dan `n onderstreep van hoe waar sy verhaal is, met voor Gods tussenin. Dié is boontoe verwys en nie boontoe roep nie, en ek as Namakwalander sal dit nie afstootlik of aanstootlik vind nie. Hierdie observasies wat hy dan uitdra, is om meer beskrywend te wees en dit is gewoonlik raak en gevul met lewenswysheid wat nét hy raak sien en die toehoorder mag verbygaan. Die ander posisie waarvandaan hy sy verhaal vertel, is om op sy hurke te sit, gewoonlik met sy hande voor hom uitgestrek na die vuurtjie wat daar brand. Die toehoorders sit óók so en sê elke nou en dan ja of ja, reg gesê as hulle heeltemal saamstem met onse man se storie.

    Hierdie boek gaan oor die onthou van my en enkele ander. Wanneer jy hier lees, moet jy in jou geestesoog die Namakwalanders, wat ons in murg en been is, só sien soos ons dit vertel.

    Ek sluit af met so `n observasie-storie waar ek eendag op die stoep staan en kyk het hoe my een oupa en sy handlanger loop en aalwynblare afsny, wat uit sy natuurlike rotstuin, in die paadjies inhang. Agter hom aan kom die een handlanger met sy kruiwa sodat oupa die blare so al sny-sny, oor sy skouer kan gooi. Hoe dit nou kon gebeur het, weet die handlanger self nie; hy het dan saam met oubaas grootgeword en die twee is maats van kleins af, maar, ongelukke gebeur. Toe oupa weer een keer regop kom na so `n afbuk-snyslag, kom handlanger bietjie te vinnig met die kruiwa nader en slaan oupa in die waai van sy bene met die voorrand van die kruiwa. Oupa se gat-val in die afgesnyde doring-omringde aalwynblare, sy opvlie en sy praat, was een, maar jou donner, wat gaan met jou aan, hou jy jou nou spuls of wat? Kan jy nie sien wat jy doen nie, jy sal mos vandag dood gedonner word! Elke keer wat oupa asem skep, sê handlanger, want hy weet hy het drooggemaak, reg gesê baas, reg gesê.

    Dis my wêreld daai, dís waar ek vandaan kom, dis uit dít uit wat ek myself só moes aanpas dat die mense nie meer lag die oomblik wanneer ek my mond oopmaak nie. Dit is hoekom dit nou weer vir my moeilik is om hier in die Nederlandse Zeeland weer Zeeuws te leer praat, want dis dié uitspraak wat ek gaan afleer het toe ek die ontwikkelingswêreld ná wat anders is, moes deur maak.

    Hierdie wat nou gaan volg, gaan oor my, maar nie slegs oor my nie. Sien dit as die lewensdraad wat gevolg word deur `n Namakwalander en hoe hy dit rondom hom ervaar het. Die draad se een punt begin in `n dorpie met stofstrate by die mond van die Oranjerivier en loop wye draaie deur Suid-Afrika en Suidwes-Afrika, met as petrol die verkryging van wysheid en mens-ontwikkeling. Na 5 dekades gaan die draad oor die water in die rigting van waar die meeste van sy genes vandaan kom: Nederland. Hier sal die ander punt van hierdie lewensloop-draad eindig met hopenlik nog genoeg op die rol vir verder vorentoe.

    Net dit: die boek gaan oor onthou wat in Namakwalandse taal Oproep behoort te wees- jy onthou nie, jy roep die verlede op.

    Die boustene van hierdie onthou-verhaal, is die verhaaltjies van hoe ons onse wêreld en die wêreld buite die dampkring van ons wêreld sien en ervaar het. Die sement tussen die stene, is die lewensdraadjie van hoe en waar ek was en nog steeds is.

    Dit is ‘n triologie van boeke- die skryfstyl is subtiel anders tussen die drie. Waar die eerste boek die rou bousteen vorm van die mens in my, sal die tweede en derde boeke meer die poging tot andersheid in die vreemde wêreld weergee.

    As Namakwalander.

    Hierdie verhaal gaan oor 7 dekades in die lewe van een persoon, maar ook in die lewe van Suid-Afrika en uit Suid-Afrika geborenes en hoe hulle versprei het oor die aardbol. Daar gaan spronge gegee word en daar gaan kronologiese vervolg dekades op `n ry gesit word.

    Met die omblaai van hierdie boek, gaan in hierdie hoofstuk die gordyn gelig word van die toekoms voordat teruggekeer word na die lewensverloop van die skrywer om antwoorde te soek van waarom die tafereel in die toekoms sou wag.

    Ons het hier in Nederland 'n brilmaker met die naam Hans Anders en uiteraard adverteer hy gaan naar Hans Anders, want hij is anders. Dit sê soveel.

    Ek is ook maar anders- in ons huis was ek gewoonlik die anderste outjie,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1