Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Verfris en Genees Uself deur Meditasie
Verfris en Genees Uself deur Meditasie
Verfris en Genees Uself deur Meditasie
Ebook142 pages2 hours

Verfris en Genees Uself deur Meditasie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJun 4, 2019
ISBN9781547591213
Verfris en Genees Uself deur Meditasie

Related to Verfris en Genees Uself deur Meditasie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Verfris en Genees Uself deur Meditasie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Verfris en Genees Uself deur Meditasie - Brahma Kumari Pari

    Inhoudsopgawe

    Oor die Outeur

    Hoofstuk 01 : Inleiding

    Hoofstuk 02 : Om die Siel te Bemagtig om Verfris te Voel en vir die Genesing Proses

    Hoofstuk 03 : Gebruik God om te Genees

    Hoofstuk 04 : Genesing deur die Holografiese Liggaam

    Hoofstuk 05 : Verswakking en Genesing Gebaseer op die Siklus van Tyd

    Hoofstuk 06 : Siel Bewus en Liggaam Bewus

    Hoofstuk 07 : Liefdevolle Verhoudings met God vir Genesing Doeleindes

    Hoofstuk 08 : Universele Wette Betrokke By Genesing

    Hoofstuk 09 : Genesing deur die Saamvloeiende Era Aura en Omgewing

    Hoofstuk 10 : Afstandelike Genesing

    Hoofstuk 11 : Die Rol van die Energieë van die Menslike Siel vir Skepping en Genesing

    Hoofstuk 12 : Genesing Deur Aanraking en Massering

    Hoofstuk 13 : Inname van Geënergeerde Kos en Drankies

    Hoofstuk 14 : Voordele van Slaap en Wakker word in Herinnering van God

    Ander Boeke ensovoorts deur Brahma Kumari Pari

    Oor die Outeur

    Die outeur praktiseer meditasie vanaf die 1970's. Sy was voorgestel aan die kennis van die Brahma Kumaris in 1994 en is van toe af 'n BK (een wie die kennis van die Brahma Kumaris gebruik). Deur 'n BK te wees, het die outeur konstant God se energie gebruik om verfris te voel, haarself te genees, om gereinig te word en om te stap in die Goue Oue Wêreld. Deur hierdie boek, gebaseer op haar ervaring en die kennis wat sy opgedoen het, lei sy ander oor hoe om verfris, gereinig te word en hoe om hulself en ander te genees.

    Sedert 1996, het die outeur artikels en boeke geskryf oor:

    1. die Holografiese Heelal.

    2. haar verskeie spirituele ervarings

    3. die kosmiese energieë wat betrokke is by wêreldvoorsiening, insluitend die Goue Oue Wêreld.

    4. die verskeie antieke maniskripte en mites

    5. Brahma Kumaris Raja Joga, meditasie praktyke, geskiedenis, ensovoorts.

    Sommige van haar vroegste artikels, wat geskryf is gebaseer op uitgebreide navorsing en praktyke, was oor die genesings praktyke. Sy het geskryf oor hoe genesing kan plaasvind deur die Spirituele Sentra/Chakra (afgelei van die Sanskrit cakraṃ, letterlik wiel of skyf) verwys in tantriese Hindoeïsme, tantriese Boeddhisme (Vajrayana), Joga, tradisionele Sjinese medisyne en in sommige esoteriese leringe na gepostuleerde subtiele energiesentra in die vorm van wielagtige energie vortekse tussen die liggaam en die subtiele liggaam (eteriese dubbelganger van die mens), akupuktuur punte ensovoorts. Toe sy daardie artikels gekryf het, het sy dit slegs versprei na mense wat aan haar bekend was en het dit nie aanlyn gepubliseer nie. Gebaseer op was sy geskryf het in daardie artikels oor genesing, is sy van plan om 'n paar boeke te skryf oor hoe om die liggaam te genees met die gebruik van God se energieë. Hierdie boek is die eerste daarvan. Die boek gee die inleiding tot verduidelikings oor hoe en hoekom u uself kan genees en ander deur die gebruik van God se energieë.

    Hoofstuk 01 : Inleiding

    Hierdie boek is geskryf gebaseer op die kennis van die Brahma Kumaris (BK kennis). Dus, alles in hierdie boek sal u help om u skakel met God te bewerkstellig sodat u die vibrasies van God kan gebruik om uself en/of om verfris te word.

    Die mylpale van die Brahma Kumaris is nie om God se energieë te gebruik om die fisiese liggaam te genees nie omdat God gekom het en die Brahma Kumaris gevestig het om die Goue Oue Wêreld te herskep. Dus, die lede van die Brahma Kumaris is nie betrokke by die seker maak van die liggaam genesing nie. Hulle fokus is net om seker te maak dat die siel gesuiwer en versterk word. Maak, menige BK’s, insluitend myself (die outeur), het gevind dat wanneer ons die energie van God gerig het in die rigting van die liggaam vir genesing doeleindes, genees die liggaam wel. Ek het die redes hiervoor al probeer verstaan en deur dat ek dit verstaan, het ek hierdie boek geskryf.

    Die inhoud van hierdie boek kan help om u verfris te laat voel wanneer u moeg is as gevolg van harde werk, verveling, siekte of indien u sukkel met euwels. U word ook geleer hoe om uself te genees en ander deur die eliminasie van siektes uit die liggaam deur die blootstelling van die liggaam aan God se energieë.

    Deur die inhoud van hierdie boek te lees kry u die skakel na God (Paramatma of Supreme Siel). So u kan die praktyke in hierdie boek gebruik om verfris te voel, uself en ander te genees, saligheid te geniet, spiritueel gesuiwer te word en kragtig, ensovoorts. U kom in die Saamvloeiende Era indien u die kennis van hierdie boek aanvaar en gebruik. Die Saamvloeiende Era is die Era waartydens die wêreld getransformeer is na die Goue Oue Wêreld. Indien u die bedoeling het om so te maak, kan u selfs die inhoud van hierdie boek gebruik om in die Goue Oue Wêreld te stap waar u ‘n verfrisde en gesonde lewe kan leef. Die inhoud van hierdie boek fokus egter nie om u te leer om in die Goue Oue Wêreld te stap nie. Informasie oor hoe om in die Goue Oue Wêreld te stap kan wel gevind word in die boek: Grow Rich While Walking Into The Golden Aged World. Hierdie boek fokus slegs op die leer om uself te verfris en genees.

    Soos u hierdie boek lees, sal u u skakel na God kry omdat ek u die kennis gee as ‘n instrument van God en so sal God almal wat hierdie boek lees help om die skakel te vind. U sal met God skakel so lank as wat u so wens. Indien u net hierdie boek lees vir die informasie en nie u skakel met God wil vind nie, sal u nie skakel vind nie. Dit hang alles af wat u wil hê.

    God word aanbid in alle gelowe deur verskillende name. Dit maak nie regtig saak watter naam u gebruik wanneer u na Hom verwys nie. Enige naam kan gebruik word wanneer u na hom verwys. Deur die kennis van die Brahma Kumaris verwys God egter na Homself as Shiva aangesien Shive Punt, Wêreld Weldoener, Saad van die Ganse Skepping" ensovoorts beteken.

    In Hindonisme, en inooreenstemming met die BK kennis, is Parvati Shiva se vrou. Vanaf 1996, het ek myself gereeld as Parvati ervaar, die vrou van God, gedurende meditasie. As Parvati, was ek altyd in toestand om verfris te voel selfs al moes ek eintlik moeg gewees het aangesien ek baie werk gedoen het en/of ek was nie wel nie. Ek was in toestand om verfris te bly omdat God se vibrasies my spiritueel hoog gehou het. Die wat hierdie boek lees sal ook op hierdie manier in toestand wees om verfris te voel.

    Rondom die jaar 2000 het ek gereeld visioene gesien dat ek na die einde van die Siklus (Sien Hoofstuk 5 vir informasie oor hoe tyd vloei op ‘n siklus manier), sou ek goue hande hê wat kan genees. Ek is nie seker of ek nou reeds oor daardie gawe beskik nie. Miskien sal ek in die toekoms. Ek het opgelet dat die visioene, wat ek gesien het vanaf 1996, waar word, byvoorbeeld, Ek sien visioene wat wys dat ek ‘n rol sal speel op die wêreld verhoog, rondom die einde van die Siklus, en ek het begin om dit te doen. In die visioene was ek nie enige idee gegee oor die jaar waarin die geleenthede sal gebeur nie. Ek het probeer om uit te werk watter jaar daardie geleenthede sal gebeur gebaseer op wat ander gesê het en gebaseer op wat om my aan gegaan het. Byvoorbeeld, al was ek nie ‘n idee gegee oor watter jaar ek ‘n rol op die wêreld verhoog sou speel nie, kyk wat is nou aan die gebeur en ek sou sê dat ek alreeds ‘n rol op die wêreld verhoog speel. Ek was ook nie ‘n idee gegee oor in watter jaar ek my goue hande sou wat kan heel hê nie. Slegs tyd sal daardie informasie openbaar. Dit mag moontlik wees dat die visioene (oor dat ek goue genesende hande sou hê) my net in gelig het dat wat ek skryf ander mense sal help genees. Dit mag ook moontlik wees dat God energieë sal stuur, deur my, na almal wat hierdie boek lees, sodat ek hulle kan genees (selfs al is ek nie daarvan bewus dat Hy my gebruik nie).

    Sommige van die wat my boek gelees het oor die Holografiese Heelal, het my ingelig dat hulle magtiger hulp ervaar in die Holografiese Heelal omdat hulle die boek intensief gelees het om die inhoud te verstaan. Een persoon het genoem dat die krag uit die woorde van die boek kom om die persoon te help om die Holografiese Heelal te ervaar. Sommiges het gemeen dat die hulp uit my rigting gekom het. Dit is dalk moontlik dat God hulle vibrasies gestuur het deur my of deur my woorde in die boek. Dit is moontlik aangesien ek ‘n liggaam in die Liggaamlike Wêreld het en ek gebruik is om die boeke te skryf, help God mense wat my boeke lees deur my te gebruik (al is ek nie bewus daarvan dat Hy my gebruik om hulle te help nie). Op ‘n soortgelyk manier, sal God u genees wanneer u die kennis en meditasie praktyke in hierdie boek gebruik om uself te genees. U sal genees wees omdat u u konneksie met God deur die BK kennis gevind het, wat in hierdie boek voorgestel word.

    Christus word uitgebeeld as iemand wat in toestand is om die liggaam te genees en die terugkoms van Christus beeld God se terugkoms uit, nou, deur die Saamvloeiende Era. Dit is God wat hierdie magiese gawes het om te genees en ons kan slegs as instrumente gebruik word om ander te help. Ek laat God/ Christus toe om my nou te gebruik aangesien ek Parvati is, God se vrou, en ek in oor gegewe toestand is, dit wil sê ek laat God toe om my vir Goddelike diens te gebruik omdat hy my ander helfte is. Dus, God mag my dalk gebruik al is ek nie daarvan bewus nie. Ek weet dat God my net gebruik vir voordelige doeleindes.

    In elk geval, hierdie boek leer u om spirituele pogings te maak sodat u genees kan word deur bloot gestel te wees aan God se energieë. U ontwikkel ‘n verhouding met God en so kan u genees word deur die blootstelling aan Sy energieë. Ek doen my beste met die boeke wat ek skryf en ek betaal ook die advertensie kostes sodat die boeke in soveel hande as moontlik kan beland. Wanneer die boek in u hande is, hang dit alles af van wat u daarmee wil doen. Aangesien ek die boek skryf as ‘n instrument van God, sal God outomaties diegene help wat die boek lees solank as wat hulle die kennis aanvaar en gebruik. So, indien u genees wil wees, draai na God soos voorgestel word in hierdie boek.

    Daar is verduidelikings, in hierdie boek, oor hoe om God se energieë te gebruik om verfris te voel en uself te genees (die liggaam en siel). Daar is ook kort verduidelikings oor hoekom die liggaam genees is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1