Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Gesalfde en sy Salwing
Die Gesalfde en sy Salwing
Die Gesalfde en sy Salwing
Ebook141 pages1 hour

Die Gesalfde en sy Salwing

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die skat van die salwing is in die gesalfde. Die salwing is onlosmaaklik van die persoon wat gesalf is. Die salwing is in die man van God! Die salwing is met die man van God! Die salwing is op die man van God! Hierdie nuwe en opwindende boek deur Dag Heward-Mills sal die harte verbly van diegene wat na die salwing op soek is.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 20, 2018
ISBN9781641344647
Die Gesalfde en sy Salwing
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Die Gesalfde en sy Salwing

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Gesalfde en sy Salwing

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Gesalfde en sy Salwing - Dag Heward-Mills

    Wat is die salwing presies?

    … met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

    Handelinge 10:38

    Die salwing is die Heilige Gees. Elke onderrig wat jy oor die Heilige Gees hoor, is ’n onderrig oor die salwing.

    Die woord salwing is sowel ’n werkwoord as ’n selfstandige naamwoord. Salwing kan substansie aandui wat gebruik word om ’n persoon te salf, byvoorbeeld die olie waarmee gesalf word.

    Salwing kan ook dui op die daad om olie op iemand uit te gooi.

    Wanneer ek van salwing praat, praat ek van die persoon van die Heilige Gees wat vir jou gegee word om die werk van God te doen. Dit is belangrik om verby die gesalfde te kyk om die salwing raak te sien. Die gesalfde word omgewe deur die salwing van die Heilige Gees.

    Jesus Christus van Nasaret het rondgegaan en goed gedoen omdat Hy met die Heilige Gees en met krag gesalf is. Jesus kon met olyfolie, masjienolie, klapperolie of met vaseline gesalf gewees het. As Hy met enige van hierdie dinge gesalf is, kan ons met veiligheid sê dat die substansie van die salwing die olyfolie, masjienolie, klapperolie of vaseline was. Maar Jesus Christus is met die Heilige Gees en met krag gesalf. Ons kan daarom sê dat die substansie waarmee Jesus gesalf is, die Heilige Gees was. Die geheimsinnige Heilige Gees kom woon in ’n persoon wat deur God gesalf is.

    Wanneer ’n persoon gesalf is, beweeg die almagtige God om op ’n spesiale manier op ’n persoon, binne-in ’n persoon of met ’n persoon te wees. Dit is wat die persoon gesalf en kragtig maak. Wanneer jy met ’n gesalfde persoon te doen kry, het jy in werklikheid met God te doen. Wanneer jy met ’n gesalfde persoon te doen kry, het jy met die Heilige Gees te doen.

    Dit is waarom daar sulke geweldige reaksies is teen mense wat die gesalfde en sy salwing mishandel. Hulle mishandel in werklikheid nie mense nie, maar hulle mishandel God. Toe Ananías en Saffira gelieg het vir Petrus wat gesalf is om ’n apostel te wees, het hulle skielik gesterf. Dit was ’n geweldige reaksie wat vrees by die ander kerklidmate ingeboesem het. Maar Petrus het die fout verduidelik wat Ananías en Saffira gemaak het.

    Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

    As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.

    En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.

    Handelinge 5:3-5

    Jy sien, Ananías en Saffira het in werklikheid vir die Heilige Gees gelieg. Hulle het nie vir Petrus gelieg nie, maar vir die Heilige Gees en dit het ernstige en oënskynlik strawwe reaksies gehad. Wees versigtig wanneer jy met gesalfde mense te doen kry. Jy mag jou lewe en jou bediening verkort omdat jy die grootheid wat die gesalfdes met hulle saamgedra het, onderskat en verkeerd beoordeel het.

    Jy mag vra: Waarom is dit dat baie mense vandag vir pastors lieg en dan nie skielik sterf nie? Is dit omdat hulle nie gesalf is nie? Die antwoord is eenvoudig. Daar is verskillende soorte openbarings van die Gees op verskillende tye. Selfs in Petrus se bediening het niemand anders gesterf omdat hulle leuens vertel het nie. Jy kan nooit sê wanneer God se krag op ’n sekere manier geopenbaar sal word nie. Ek is seker dat baie ander mense gesterf het omdat hulle leuens vir die Heilige Gees vertel het. Dit mag nie ’n onmiddellike dood wees nie, maar die dood is steeds die dood.

    Hoofstuk 2

    Waar is die salwing presies?

    Die skat van die salwing word in noue verband met die gesalfdes aangetref. Die salwing is onafskeidbaar van die mens. Die man van God het die salwing in hom, met hom of op hom.

    Vandag is ek en jy op soek na wat genesing, deurbrake, bevryding en bevordering in hierdie lewe meebring. Dit is die salwing! Dit is die salwing wat die juk verbreek.

    Waar is die salwing dan presies? Kan ons dit in die een of ander winkelsentrum aantref? Kan ons dit by ’n ander sakeperseel kry? Kan ons die salwing in ’n kantoor teëkom? Kan ons die salwing by die lughawe vind? Kan die salwing in ’n winkel gekry word? Nee, die salwing is nie op enige van hierdie plekke nie.

    Die salwing word IN die gesalfde persoon aangetref!

    Die salwing word BY die gesalfde persoon aangetref!

    Die salwing word OP die gesalfde persoon aangetref!

    Die salwing is onafskeidbaar van die man wat God gesalf het.

    Watter een het die krag: die salwing of die gesalfde?

    Omdat dit die salwing is wat werklik die juk verbreek, is dit belangrik om die salwing te plaas. Jare gelede het mense ontdek dat lemoene siektes kon genees. ’n Rukkie later het die wetenskap verder gegaan en ontdek dat dit ’n element in die lemoene is wat in werklikheid die genesing meegebring het. Hulle het vitamine C ontdek! Vandag fokus baie mense eenvoudig daarop om tablette met vitamine C te neem. Hulle het ’n openbaring gehad van die geheim wat genesing meebring.

    Op dieselfde manier is daar ’n element in gesalfde persone wat wondere verrig, en daardie element is die salwing. Ongelukkig is daar geen chemiese proses om die salwing van die gesalfde man te skei soos wat vitamine C van lemoene geskei kan word nie. Jy sal met die gesalfde man te doen moet kry as jy toegang tot die salwing wil hê. Daar is eenvoudig geen laboratorium of fabriek wat die ware salwing in bottels kan vervaardig wat jy kan kry sonder om ooit die gesalfde persoon te sien nie.

    God het ’n swartman, ’n witman, ’n opgevoede man of selfs ’n idioot gekies om sy salwing op hom te plaas. Jy sal na daardie persoon toe moet gaan, omdat hy die salwing bevat en ronddra. Dit is hierdie gebrek aan skeiding tussen die gesalfde en die salwing wat die val van hoogmoedige Christene beteken. Ek wil hê dat God my moet gebruik, maar ek wil nie met sy gesalfde te doen hê om die salwing te verkry nie.

    Die salwing op drie plekke

    1. Die salwing is met ’n gesalfde persoon

    … die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

    Johannes 14:17

    2. Die gesalfde dra die Gees met hom saam

    Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees …

    Lukas 4:18

    3. Die gesalfde dra die Gees binne-in hom

    En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

    1 Johannes 2:27

    Die salwing van die Heilige Gees is of in ’n persoon, met ’n persoon of op ’n persoon. Dit is die presiese ligging van die salwing. Dit is waarom ’n gesalfde man vir jou belangrik word. Hy is die draer van iets wat jy nodig het. Hy is self swak, kragteloos, nutteloos en menslik. Maar hy is gekies om ’n deel van die Gees met hom, in hom of op hom te dra. Die salwing is so aan die persoon gekoppel en is so deel van die persoon dat ons dikwels mislei word om te dink dat die persoon self die een of ander vorm van krag het.

    Jou vermoë om die gesalfde te hanteer en met die gesalfde persoon te doen te hê sal jou toegang tot die salwing bepaal. Onthou dat dit die salwing is wat jy nodig het. Stel jou voor dat jy in staat is om ’n beker lemoensap te dra. Dit is die lemoensap wat jy nodig het, maar jy moet die beker met sorg hanteer omdat dit die beker is wat die lemoensap bevat.

    Baie mense maak geestelike foute wanneer dit by die gesalfde en sy salwing kom. Hulle wil die salwing hê, maar hulle wil nie enigiets met die gesalfde te doen hê nie. Hulle besef nie dat hulle gesindheid teenoor die gesalfde persoon hulle afsny van die salwing en tot hulle val lei nie. God salf dikwels vreemde mense en jou vermoë om met vreemde, ongewone of selfs eienaardige persoonlikhede te doen te hê, mag al wees wat jou met die salwing in verband bring.

    In Psalm 89 kan jy leer van die gevare om die gesalfde verkeerd te hanteer wat die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1