Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Terugval in die geloof
Terugval in die geloof
Terugval in die geloof
Ebook117 pages1 hour

Terugval in die geloof

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hoewel dit 'n ongewone onderwerp is, is terugval 'n baie algemene verskynsel onder Christene. Baie begin, maar nie so baie maak dit tot die einde nie. In hierdie boek wys biskop Dag Heward-Mills waar die rooi ligte flikker en toon hy duidelik aan hoekom elke Christen die hemel moet binnegaan!

LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2018
ISBN9781613953174
Terugval in die geloof
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Terugval in die geloof

Related ebooks

Related articles

Reviews for Terugval in die geloof

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Terugval in die geloof - Dag Heward-Mills

    God het die profeet Jeremia geroep in ’n tyd toe Israel en Juda op die punt was om in gevangenskap na Babel toe weggevoer te word. Hy het vir Jeremia gebruik om vir die mense van Israel die vervalle toestand van hulle hart te wys.

    Jeremia, waarom huil jy?

    Die profesie van Jeremia gee verskeie duidelike beskrywings van die vervalle toestand. Jeremia, wat ook as die huilende profeet bekend staan, het die meeste van sy boodskappe rondom die tema terugval gesentreer. Hy het dikwels teen die volk van Israel oorlog gevoer, en hulle voortdurend gewaarsku om hulle sondes te bely en hulle verkeerde weë te laat staan. Die huilende profeet was bekommerd oor die afvallige gesindheid van sy mense. Hy het hulle herhaaldelik aangemoedig: Keer terug van julle verkeerde weë. Hou op om verkeerd te doen! Bely en kom terug na God toe.

    Hy het op verskillende maniere vir hulle probeer wys wat dit beteken om terug te val. En tog het die mense van Israel en Juda geweier om te verander.

    Baie jare gelede het ek uit ervaring geleer dat terugval daarmee vergelyk kan word om ’n pad te gebruik wat geen padtekens het nie. In ons Christelike lewe is daar geen padtekens om jou te waarsku dat jy besig is om terug te val nie. Daar is geen teken nie wat sê: HEL EN VERWOESTING – 200 METER VORENTOE. Daar is net eenvoudig nie so ’n teken nie! Terugval gebeur geleidelik, totdat jy getrek word tot op ’n plek waar jy nie verwag het om te wees nie. Geleidelik maar seker VAL jy daarheen.

    Terugval is ’n werklikheid en dit kan ontleed word deur die verskillende vorms van terugval te bestudeer wat deur Jeremia beskryf word. Die profeet het situasies uit die werklike lewe gebruik om hierdie baie algemene geestelike verskynsel te beskryf. Dit is ’n algemene gebeurtenis in die Christelike wêreld. Die Bybel sê:

    ... want baie is geroep, maar min uitverkies.

    Matteus 20:16

    Met ander woorde: baie gaan met Christus op pad, maar baie val steeds terug. Die Bybel sê ook:

    Maar wie volhard TOT DIE EINDE TOE, hy sal gered word.

    Matteus 10:22

    Baie wat na Christus toe kom, val later terug.

    Selfs JY kan terugval!

    Baie mense mag met hierdie onderwerp spot en sê: Ek kan nie dink dat ek kan terugval nie. Juis hierdie gesindheid wys dat jy aan terugval blootgestel is. Daarom waarsku die Bybel in 1 Korintiërs 10:12:

    Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

    1 Korintiërs 10:12

    Hierdie boek sal jou help om krag te ontwikkel om in die Christelike wedloop te bly. Hoe meer jy weet, hoe veiliger sal jy wees – en hoe meer krag sal jy hê om te volhard. Die Bybel sê:

    ... want ons is met sy planne nie onbekend nie. 

    2 Korintiërs 2:11

    Die onderrig wat hierdie boek aanbied, sal die plaag van onkunde verdryf. Onthou dat hulle wat nie lees nie, niks beter is as hulle wat nie kan lees nie. Met ander woorde: hulle wat weier om kennis te soek, is niks beter as hulle wat regtig nie die vermoë het om dit te doen nie.

    In die volgende hoofstuk gaan ek jou verskillende maniere wys waarop jy na terugval kan kyk.

    Hoofstuk 2

    Bybelse beskrywings van terugval

    1. Om fonteine vir gebarste reënbakke te verruil

    My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.

    Jeremia 2:13

    Toe ek ’n mediese student was, is ek vir twee weke op ’n werksbesoek na Danfa, ’n dorp in Ghana, gestuur. Eenkeer gedurende ’n besoek aan die platteland het

    ons ook by ’n ander afgeleë dorp gekom wat nie lopende water gehad het nie. Omdat die dorp nie lopende water gehad het nie, het hulle ’n groot gat in die grond gegrawe waar water versamel het. Hierdie water was dikwels vuil en bruin.

    Hulle het die vuil bruin water gedrink!

    Die mense van die dorp het daarin gebad, ontlas en ge- urineer. Terselfdertyd het hulle daarvan gedrink en gebruik om in te kook. Hierdie water het natuurlik vir hulle verskeie siektes gegee.

    In die Bybel word mense wat terugval vergelyk met mense wat wel toegang tot lopende water het, maar dit verruil vir vuil en stinkende water. Net soos dié wat ek in daardie dorp gesien het.

    Ek is seker dat jy nou wonder waarom iemand soet, vars en onbesoedelde water vir vuil en siekte-besmette water sal verruil. Daar is gelowiges wat tot ’n lewe van heiligheid en toewyding toegang gehad het. Hulle het dit egter verwerp en in ’n sondige en duiwelbeheerde lewe verval.

    God het vir jou ’n alternatief vir die vuil, bruin water gegee. God wil vir jou vertel dat jy, wanneer jy terugval, teruggaan na iets verskrikliks toe wat jou uiteindelik sal doodmaak. Hy wil vir jou vertel dat jy nie so ’n onsinnige ding moet doen soos om weer van daardie modderige water te drink nie.

    2. Om soos ’n wilde en vreemde wingerdstok te word

    ... maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van ’n vreemde wingerdstok!

    Jeremia 2:21

    Die volgende Bybelse beskrywing van terugval is dié van ’n goeie plant wat tot ’n wilde en vreemde wingerdstok verword het.

    Hier wys God vir ons ’n boer se wingerd waarvan hy ’n goeie opbrengs verwag het, maar dit is in ’n land vol dorings en nuttelose onkruid verander. Jy, die gelowige, is daardie wonderlike plant van die Here. Waarom op aarde sou jy jouself wou toelaat om in ’n nuttelose en vreemde plant verander te word? Dit is hoe God jou sien as jy terugval.

    God se probleem met Israel was dat Hy soveel liefde, sorg, goedhartigheid en tyd aan hulle lewe bestee het. En tog het hulle ongehoorsame, hardkoppige en slegte mense geword. Sal jy jouself toelaat om ’n waardelose skepsel voor God te word? Die antwoord moet beslis NEE! wees.

    3. Om ’n wilde kameel te word

    ... jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop! 

    Jeremia 2:23

    ’n Christen wat terugval word ook beskryf as ’n vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop. ’n Kameel is ’n wilde en vinnige dier, wat enige plek kan rond hardloop.

    Die hart van ’n persoon wat terugval, is net so onbeheerbaar soos ’n wilde kameel. Dit staan nie onder enige beheer nie. Dit is los en wild. Ek onthou dat ek ’n aantal jare gelede ’n Christen in Londen gaan besoek het wat teruggeval het.

    My vriend het wild geword

    Die beste manier waarop ek hierdie persoon kan beskryf, was dat hy los en wild geword het. Ek het probeer om hom na die Here toe terug te bring. Dit het my lank geneem om sy huis op te spoor. Ek het uiteindelik na middernag by sy woonstel aangekom. Hy was verbaas om my te sien en het my in sy woonplek verwelkom. Toe ons begin gesels, het hy besef waarom ek gekom het. Omdat hy voorheen ’n volwasse Christen was wat later teruggeval het, het hy al die Bybelverse geken wat ek van plan was om aan te haal.

    In ’n stadium het hy my dus onderbreek en gesê: Luister, ek weet wat jy gaan sê en ek ken al die Bybelverse waarmee jy vanaand gewapen is. Maar ek wil hê dat jy moet weet dat ek regtig nie omgee nie.

    Hy het toe ’n sigaret uitgehaal en reg voor my begin rook. Hy het gesê: Ek wil hê dat jy my moet sien rook. Ek ken geen beperkings nie.

    Toe haal hy ’n album uit en wys vir my ’n aantal foto’s wat saam met sy meisie geneem is. ’n Paar van hierdie foto’s was baie suggestief en wellustig.

    Hy het gesê: Ek wil hê dat jy my moet sien soos ek regtig is. Dit is hoe ek nou is. Dit is wat ek doen. En daar is niks wat enigiemand daaromtrent kan doen nie!

    Hy het dus weer die punt beklemtoon dat hy nou enigiets kon doen wat hy wou en dat niemand enige beheer oor hom kon uitoefen nie. Jy sien, mense wat terugval is soos wilde kamele wat geen beperkings en grense meer ken nie. Jou Christelike lewe is veronderstel om deur die Woord van God beheer te word.

    Wanneer ’n persoon terugval begin hy om te doen wat hy wil doen, en nie wat God wil hê dat hy moet doen nie. Hy is soos ’n wilde dier met geen grense of beperkings nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1