Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nooit Weer Nie!
Nooit Weer Nie!
Nooit Weer Nie!
Ebook92 pages1 hour

Nooit Weer Nie!

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.  “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.”

Joël 2: 25-27

Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop,  Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder.  En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit.  Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem.  Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie.  Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas?   

Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu.  Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne.  Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie.  Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.

LanguageAfrikaans
PublisherGabriel Agbo
Release dateOct 14, 2020
ISBN9781071568675
Nooit Weer Nie!

Related to Nooit Weer Nie!

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Nooit Weer Nie!

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nooit Weer Nie! - Gabriel Agbo

    Uitgewers: Double Honour

    www.authorsden.com/pastorgabrielnagbo

    Epos: gabrielagbo@yahoo.com

    Tel: +234-8037113283

    Van die skrywer van die bes verkoper – Power of Midnight Prayer (Beskikbaar in Afrikaans)

    Inleiding

    Dit is tyd om daardie dinge wat jou wil stop, te stop.  Dit is God se wil om alles te stop wat Sy plan vir jou lewe, probeer verwyder.  En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit, is.  Al is u onder oordeel, kan dit vandag nog terug gedraai word en kan u weer in Sy genade begin swem.  Ons het ook gekyk na ander se ondervinding en die modern Israel se weergawe van Nooit Weer nie.  Hoekom het hulle hierdie slagspreuk aangeneem en hoe ver het hulle gegaan om dit af te dwing?

    Gaaf, Israel het vandag een van die magtigste nasies op aarde geword (Hulle het die beste intelligensie agentskap – Mossad en die derde beste weermag in die wêreld), nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle ook ‘n eed geneem het om nooit weer toe te laat dat die Jode die mees vernederende behandeling, pyn, sorge en dood sal ervaar wat hulle in die ongelukkige en onvermydelike gebeure van die laaste eeu deurgegaan het nie.  Vandag, lei hulle in verdediging, sowel as landbou, IKT, wetenskap en op mediese gebied.  Ja, ons kan vandag sê Nooit Weer Nie!

    U sal ook hoofstukke sien soos:  Nooit Weer Nie!,  Wat het dit veroorsaak?,  Kyk na die reënboog, Verbond van  vrystelling, Waar is u altaar?, Herstel die gebroke altaar, Bring my ‘n bak en Israel sê nooit weer nie.  Hierdie boek is verseker ‘n interesante lees.

    Toewyding

    Ek dra hierdie boek op aan Monday en Diana Mboma, my grootouers aan moederskant van Umulolo, Amegbu-Nkwerre, in Imo State, Nigerië.  Dankie dat julle daar was vir my toe ek julle die nodigste gehad het.  Julle liefde en sorg het my help oorleef en vandag het God my pyn in wins verander.

    Dankie en God seen u! 

    Inhoud

    Hoofstuk Een         5

    Nooit weer nie!

    Hoofstuk Twee         10

    Wat het dit veroorsaak?

    Hoofstuk Drie         16

    Kyk na die reënboog

    Hoofstuk Vier         26

    Verbond van Vrystelling?

    Hoofstuk Vyf         32

    Waar is jou altaar?

    Hoofstuk Ses         51

    Herstel die gebroke altaar

    Hoofstuk Sewe         72

    Bring my ‘n bak

    Hoofstuk Agt         82

    Israel sê nooit weer nie

    Meer inligting en gebed        83

    Hoofstuk Een

    Nooit Weer Nie!

    Die Here sê: Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.  "Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie."

    Joël 2: 25-27

    Wow! Hierdie is een van daardie dele van die Bybel wat ek die mal verse noem.  Ek bedoel, daardie dele van die Skrif wat maak dat ek in die gees wil bars.  Die Woord van God is werklik lewendig, skerp, magtig en dinamies.  En dit is hoekom dit moeilik is om daarsonder te wees.  Sekerlik, die boodskappe in die boek sal verklarend wees.  Ek bedoel, ek sal uitsprake maak wat jou lewe vir ewig sal verander.  Ja, Sy Woord is kragtig!  Onthou, dit was deur net Sy Woord dat u alles sien wat vandag gemaak is.  God het gekom om alles wat jy verloor het te restoureer!  En nooit weer sal jy skaam wees in Jesus se Naam nie!

    Dit is tyd vir jou restourasie.  What het jy in die verlede verloor?  Wat het die vyand van jou af weg geneem?  Hokom het jy dit verloor?  Was dit oor jou ongehoorsaamheid, jou foute, onkunde of die vyand se aanslae?  Kyk daarna as herstel nou soos jy deur die boek werk.  Soos daar ‘n tyd vir alles is, is daar ook ‘n tyd om te verloor en ‘n ander tyd om te herstel.  Hierdie is jou tyd om te herstel!  Ek weet die situasie lyk hopeloos, onherstelbaar, terminal, ongeneeslik, toe maar jy sal die God ontmoet wat alles moontlik maak.  Ja, alle dinge!  As Hy ‘n lyk wat begrawe was na vier dae terug tot lewe kon bring, want dink jy dan kan Hy nie doen nie? Of is jou situasie erger as dit?  Vertel my.

    Kyk weer na ons hoofteks van die Boek van Joël.  God sê dat Hy wil terug bring wat jy verloor het.  Dit is altyd pynlik om iets te verloor, veral as dit jou na aan die hart lê.  Jy mag nie verstaan waarvan ons hier praat tensy jy deur dieselfde ondervinding gegaan het nie.  In werklikheid, herstel party mense nie na hulle ‘n geliefde, hulle werk, hulle besigheidskapitaal, eiendom, posisies, eggenote, kinders, ens. verloor het nie.  Ek het so baie van dit gesien.  Hulle begin net stadig en stelselmatig, direk na die verlies, doodgaan.  Hulle begin om emosioneel, spiritueel en selfs fisies dood te gaan.  As jy jouself in hierdie situasie bevind, luister, die Woord van God het gekom om jou heeltemal gesond te maak en jou te help om te herstel.

    Ek hoor alreeds iemand vra, "wat van die afgestorwe geliefdes, hoe herstel jy dit?  Luister, God kan vir jou ‘n ander persoon gee wat in daardie persoon se plek sal inpas.  Hulle kan kom as eggenotes, kinders of as vriende.  Waar!  In elk geval, Hy maak seker dat wat jy in een verloor, sal jy in ‘n ander een kry.  En die vreugde van die latere sal altyd die pyn van die verlede oorskadu.  Ek het nie gedink ek sal ooit oor die verlies van my ma kom nie, sy is dood toe ek net ses jaar oud was.  En elke keer wat ek deur moeilike tye gegaan het, het ek haar onthou.  Sy was liefdevol, beeldskoon, grasieus, baie gaaf en verskriklik hardwerkend.  Joy Okwuchi Agbo was ‘n toonbeeld van skoonheid, vriendelikheid en krag.  Dis waar!  Sy het afgesterf toe sy skaars 26 jaar oud was en het ‘n alreeds florerende besigheid gehad, insluitende om ‘n verspreider vir Nigeria Bottling Company (Coca-Cola) by 1977 te wees.  Tot nou toe (42 jaar na haar afsterwe) vertel mense nog steeds stories oor haar vriendelikheid, liefde en vrygewigheid.  Sy was buitengewoon vrygewig

    Net onlangs, het ‘n vrou my vertel hoe vrygewig my ma teenoor haar en andere was.  My ma het belowe om vir haar klere te neem, maar dit het nie gebeur nie, want my ma is dae na dit dood.  My God! Ek kon dit nie inhou nie.  Ek het vir die vrou gesê dat my ma nie dood is nie en dat daardie belofte nog beter as wat sy dit bedoel het, vervul sal word.  Ek het na ‘n winkel gehardloop en goeie nuwe klere vir haar gekry, met die belofte dat ek sal terugkom met nog.  God se projekte gaan nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1