Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Verlies, lyding, offers en sterfte
Verlies, lyding, offers en sterfte
Verlies, lyding, offers en sterfte
Ebook198 pages2 hours

Verlies, lyding, offers en sterfte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Pastors is onder druk om hulle gemeentes met die goeie nuus opgewonde te maak en te beïndruk. Hierdie druk van die mense af het meegebring dat die woorde van Christus verdraai word totdat die boodskap van die kruis amper nie meer herken kan word nie.
Vandag keer ons terug na die grondwaarhede van die Christendom dat ons moet “verloor” sodat ons Christus as “wins” kan verky. Die kerk sal weer krag ervaar as ons preek dat ons vir Christus moet opoffer, ly en sterf. Die krag van Christus se woorde kan deur niemand tot niet gemaak word nie, maak nie saak hoe suksesvol of kragtig hy is nie.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2018
ISBN9781613953112
Verlies, lyding, offers en sterfte
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Verlies, lyding, offers en sterfte

Related ebooks

Related articles

Reviews for Verlies, lyding, offers en sterfte

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Verlies, lyding, offers en sterfte - Dag Heward-Mills

    As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

    Lukas 14:26

    Om Jesus te volg is nie maklik nie. Om vir Jesus te lewe nie maklik nie. Moenie iemand glo wat ’n vals weergawe van die Christendom aan jou voorhou nie. Die Christendom gaan alles daaroor om Jesus Christus te volg en soos Christus te word!

    Uit die dinge wat Jesus daaroor gesê het om sy dissipel te word, lyk dit amper asof Hy nie wou hê dat enigiemand Hom moes volg nie. Hy het verskillende mense wat probeer het om Hom te volg, gewaarsku oor die gevare om na Hom toe te kom.

    Jesus waarsku ons

    Hy het gesê:

    As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

    Lukas 14:26

    Hy het vir die ryk man gesê wat Hom wou volg:

    Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.

    Matteus 19:21

    Hy het ook gesê:

    Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het

    geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

    Lukas 9:58

    Hy het gesê:

    En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

    Lukas 9:61

    Hy het ook vir iemand gesê wie se vader oorlede is:

    En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.

    Lukas 9:59

    Jesus verlaag nie die standaarde vir enigeen nie

    Klaarblyklik was dit nie Jesus se bedoeling om dinge vir enigiemand maklik te maak nie. Hy het nie die dwarslat vir enigeen laer gemaak nie. Hy het vir niemand spesiale behandeling gegee nie. Hy het geweet dat Hy besig was om ons uit te nooi na die grootste voorreg wat ooit vir die mensdom gegee is. Die voorreg om deur die bloed van Jesus gered te word, die voorreg om God te ken en die voorreg om hemel toe te gaan!

    Hierdie waarskuwing van Jesus Christus het miljoene nie daarvan weerhou om eenvoudig op sy onbeskryflike liefde te reageer nie. Miljoene het Jesus Christus lief ten spyte van die moeilike voorwaardes wat Hy aan sy volgelinge gestel het.

    Op die een of ander manier is om die lewende God en sy Seun, Jesus Christus te ken, meer as genoeg vergoeding vir enige moeilikhede wat ons moet ervaar.

    Moenie na enigeen luister wat daarop aanspraak maak dat om Jesus te volg net daarmee te doen het om geseënd, ryk en suksesvol te word nie. Dit is nie waaroor die Christendom gaan nie. Die Christendom gaan oor verlies, lyding, offer en sterfte.

    Die probleme en moeilikhede waarmee alle Christene te doen gaan kry, kan in vier groot groepe ingedeel word: verlies, lyding, offer en sterfte.

    Dit is die vier geestelike afsprake wat alle Christene in die een of ander vorm moet verwag. Niemand wat waarlik ’n volgeling van Jesus Christus is, sal hierdie vier afsprake kan misloop nie.

    Moenie aandag gee aan enigeen wat iets anders vir jou wil leer nie! Hy krap maar net waar dit jeuk. In die een of ander vorm, miskien onder ’n ander naam, sal jy die kruis van Jesus Christus moet verduur as jy waarlik sy volgeling wil wees.

    Ons vier afsprake is verlies, lyding, offer en sterfte. Is hierdie afsprake Bybels? Ja, die Skrifgedeeltes hier onder wys vir ons dat ons bestem is om te verloor, om te ly, om te offer en om ter wille van ons geloof, ons roeping en ons geestelike bestemming te sterwe.

    Hierdie boek is daarop ingestel om te wys hoe werklik hierdie afsprake is. Dit is nie so sleg as wat jy mag dink nie en uiteindelik sal dit ’n seën blyk te wees. Let op hoe die Skrifgedeeltes hier onder duidelik hierdie afsprake vir almal van ons uitwys.

    1. Jou afspraak met verloor en verlies.

    Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit VErLOOr; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

    Matteus 16:25

    Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil SkADE geag. Ja waarlik, ek ag ook alles SkADE om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles PRYSGEGEE het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

    Filippense 3:7-8

    Ter wille van Christus sal jy jou afspraak met verlies en verloor moet nakom. As jy mooi daaroor nadink, beteken dit nogal baie.

    1. Verlies beteken dat jy sonder sekere dinge sal moet klaarkom. Daar mag min of geen vooruitsig wees om die dinge wat jy verloor het, te herwin nie.

    2. Verlies beteken dat jy sekere dinge sal moet ontbeer.

    3. Verlies beteken dat jy nie in staat sal wees om sekere dinge in jou lewe te behou nie.

    4. Verlies beteken dat jy die besit van sekere dinge sal moet opgee en aflê.

    2. Jou afspraak met lyding.

    Ter wille van Christus sal jy ’n afspraak met lyding moet nakom. As jy mooi daaroor nadink, beteken dit vir enigiemand nogal baie. Moenie aandag gee aan mense wat nie die begrip van lyding in hulle siening van geloof insluit nie. Al die groot manne van geloof het gely omdat hulle in God geglo het.

    1. Lyding beteken dat jy aan pyn, swaarkry, verlies, besering of iets onaangenaam onderwerp sal word.

    2. Lyding beteken dat jy teenstand, teistering, hartseer en ellende in jou lewe sal ervaar.

    3. Lyding beteken dat jy deur terugslae, ongerief en moeilikhede sal moet gaan.

    4. Lyding beteken dat jy gefolter sal word, gepynig sal word en teenkanting sal ervaar.

    ... omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook Vir HOM TE Ly, terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.

    Filippense 1:29-30

    ... en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van god en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof, sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self DAT ONS HIERVOOR BESTEMD IS.

    Want ook toe ons by julle was, het ons julle VOORUIT GESÊ DAT ONS VERDRUK SOU WORD, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.

    Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.

    1 Tessalonisense 3:2-5

    ... en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: ONS MOET DEUR BAIE VERDRUKKINGE IN DIE KONINKRYK VAN GOD INGAAN.

    Handelinge 14:22

    3. Jou afspraak met offer.

    Ter wille van Christus sal jy die afspraak met offer moet nakom. Dit beteken baie vir enigeen wat die moeite doen om vas te stel wat offer werklik beteken. Moet asseblief nie luister na Christene wat nie preek oor die offers wat ons as Christene moet bring nie. Offer is deel van die godsdiens wat ons aanhang.

    1. Om te offer beteken om jou aardse besittings vir die aanbidding van God prys te gee.

    2. Om te offer beteken dat jy iets kosbaar of begeerlik ter wille van ’n hoër doel sal moet prysgee.

    3. Om te offer beteken om besering en benadeling ter wille van iets anders toe te laat.

    4. Om te offer beteken om van jou goed ontslae te raak, al maak jy in werklikheid geen wins nie.

    Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van god, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan god welgevallige OFFER — dit is julle redelike godsdiens.

    Romeine 12:1

    Laat ons dan gedurig deur Hom aan god ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy naam bely.

    Hebreërs 13:15

    4. Jou afspraak met die dood.

    Ter wille van Christus sal jy die afspraak met die dood moet nakom. Om te sê dat iemand sal sterf, beteken nogal baie. Dit is waarom Jesus vir ons aangesê het om ons kruis op te neem en Hom te volg.

    1. Om te sterf beteken om op te hou om te bestaan en te funksioneer.

    2. Om te sterf beteken om krag te verloor en mag te verloor.

    3. Om te sterf beteken om gaandeweg weg te kwyn.

    4. Om te sterf beteken om tot ’n permanente einde te kom.

    En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy krUiS elke dag opneem en My volg.

    Lukas 9:23

    EK IS MET CHRISTUS GEKRUISIG, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van god wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

    Galasiërs 2:20

    EK STERF DAG VIR DAG, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

    1 Korintiërs 15:31

    Deel 1

    OM VERLIES TE LY

    Hoofstuk 2

    Hoe om vir Christus 

    verlies te ly

    Ja waarlik, ek ag ook alles SKADE om die uitne- mendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles PRYSGEGEE het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

    Filippense 3:8

    Jy moet net soos Paulus aanvaar dat jy alles vir Jesus Christus sal moet verloor. Paulus het daaronder gely dat hy baie dinge verloor het. As jy nie verloor nie, sal jy ook nie wins behaal nie. Die twaalf dissipels van Jesus het alles verloor omdat hulle Jesus gevolg het. Hulle het alles agtergelaat! Hulle het hulle beroep, hulle familie en hulle vriende verloor om Jesus te volg. Dit was ’n groot persoonlike verlies vir hulle. Jy kan nie vir Jesus volg as jy nie bereid is om iets te verloor nie.

    Toe begin petrus vir Hom te sê: kyk, ONS HET ALLES VERLAAT en U gevolg.

    Markus 10:28

    Jou bediening word beperk deur wat jy behou. As jy sekere dinge saamdra wanneer jy hardloop, sal jy nie vinnig genoeg kan hardloop nie. God verwag van ons dat ons dinge moet agterlaat wanneer ons Hom volg. Ons mag nodig hê om ons slaap, ons vriendskappe, ons televisie, ons beroep en ons werk agter te laat om Jesus te volg.

    Jy moet jou geld verloor

    Om in die bediening in te gaan, bring mee dat jy geld gaan verloor. Jy sal finansiële offers moet bring wanneer jy tot die bediening toetree. Baie pastors besef nie dat hulle van hulle geld vir die bediening sal moet gee nie. Elke bedienaar moet persoonlik in die bediening belê. Natuurlik kan jy dit nie doen as jou geld nie apart van die kerk se geld gehou word nie.

    Dit is belangrik dat jou persoonlike besittings apart van die kerk se besittings gehou word. As hierdie onderskeiding nie duidelik is nie, verloor jy die seën om te gee. Jy het dan niks om te gee nie, omdat die kerk se besittings al is wat jy het. Hoe kan jy dan vir die kerk gee wat hom toekom?

    Jy moet jou geriewe en welsyn verloor

    As jy nie jou vrye tyd opoffer om by die Here te wees nie, sal daar nie ware vrug wees nie. Baie bedienaars het tyd vir alle ander dinge behalwe vir die Here. Daar is tyd vir televisie, nuttelose geselsies, rekenaars, sakebedrywighede en sport, maar daar is nie tyd vir persoonlike omgang met die Here nie. Jou bediening is ’n weerspieëling van jou persoonlike tyd met die Here. Daar is baie dinge in die bediening wat van jou geriewe mag wegneem. As jy nie bereid is om die klein dingetjies in jou lewe op te offer nie, mag jy dalk nie veel in die bediening bereik nie.

    As jy op sekere geriewe op hierdie aarde aandring, kan dit maklik die rede wees vir jou onvermoë om in die bediening vooruitgang te maak. Jy moet "die dinge daar bo bedink, en nie die dinge op die aarde nie" (Kolossense 3:2). Wanneer jou hart op die dinge daar bo gerig is, sal jy nie so puntenerig wees oor die dinge hier op die aarde nie.

    Een aand het ek langs die Stille Oseaan in ’n oorsese land gestaan. Voor my was verskeie groot en duur seiljagte wat aan miljoenêrs behoort het. Ek het na die Christene toe gedraai wat saam met my geloop het, en gesê: Ek sal daarvan hou om my seiljag in die hemel te hê. Een van hulle het gelag en gesê: O nee, ek wil myne hier hê. Hierdie kort gesprek weerspieël twee gedagterigtings in die Christendom van vandag. Die meeste Christene wil hulle geriewe hier hê, terwyl ’n paar dit in die hemel wil hê.

    Ek besit nie die kar wat ek regtig graag sou wou hê nie. Om die waarheid te sê: ek het nog nooit die kar bestuur wat ek regtig graag sal wil hê nie. Ek weet watter karre die lekkerste en die beste is, maar ek doen wat ek doen ter wille van die bediening.

    Maar ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.

    1 Korintiërs 9:15

    Ek woon nie in die beste huis of in die beste woongebied in

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1