Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Diegene Wat Onkundig Is
Diegene Wat Onkundig Is
Diegene Wat Onkundig Is
Ebook193 pages2 hours

Diegene Wat Onkundig Is

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In hierdie klassieke boek, Biskop Dag Heward-Mills leer oor hoe die bestanddeel van lojaliteit 'n leier se prestasie konsolideer. Die gebruik van Bybelse, historiese en literêre verwysings, maak die onderwerp nog meer relevant vir elke soort leser.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613958421
Diegene Wat Onkundig Is
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Diegene Wat Onkundig Is

Related ebooks

Related articles

Reviews for Diegene Wat Onkundig Is

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Diegene Wat Onkundig Is - Dag Heward-Mills

    Tensy anders aangedui word alle Skrifaanhalings geneem uit die Ou Afrikaanse Vertaling van 1933/1955

    © Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

    Uittreksels uit Hoofstuk 1 geneem uit The Final Quest deur Rick Joyner (Uittreksels geneem uit Deel 1: The Hordes of Hell are Marching, bladsy 16-19) Oorspronklik gepubliseer: Tweede uitgawe © 1996

    Gebruik met toestemming van MorningStar Publications & Ministries Posbus 19409, Charlotte, NC 28219-9409

    Bestellings: 1-800-542-0278; Faks: 1-704-522-7212

    THOSE WHO ARE IGNORANT

    Kopiereg © 2001 Dag Heward-Mills

    Oorspronklik gepubliseer deur Parchment House 2001 onder die titel Leaders and Loyalty

    Sesde druk 2011

    In Afrikaans vertaal deur Hans Linde

    Die eerste keer gepubliseer in Afrikaans deur Parchment House 2015

    1ste Drukwerk 2015

    Vind meer uit oor Dag Heward-Mills by:

    Healing Jesus Campaign

    Skryf aan: evangelist@daghewardmills.org

    Webwerf: www.daghewardmills.org

    Facebook: Dag Heward-Mills

    Twitter:@EvangelistDag

    ISBN: 978-1-61395-842-1

    Opgedra aan

    Ds Robert Dodoo

    Dankie dat jy my broer en my bruikbare helper is.

    Alle regte voorbehou onder die internasionale kopieregwet. Geskrewe toestemming moet van die uitgewer verkry word om dele van hierdie boek te gebruik of te reproduseer, behalwe vir kort aanhalings in kritiese resensies of artikels.

    Inhoudsopgawe

    Hoofstuk 1: Onkunde en dislojaliteit

    Hoofstuk 2: Tien wette van lojaliteit

    Hoofstuk 3: Vyf reëls van lojaliteit

    Hoofstuk 4: Ses beginsels vir lojaliteit

    Hoofstuk 5: Drie algemene oorsake vir dislojaliteit

    Hoofstuk 6: Die tydsberekening van dislojaliteit

    Hoofstuk 7: Ses verskyningsvorms van dislojaliteit

    Hoofstuk 8: Die lojaliteit van Christus

    Hoofstuk 9: Die lojaliteit van die Vader

    Hoofstuk 10: Die drie toetse vir lojaliteit

    Hoofstuk 11: Die belonings van lojaliteit

    Hoofstuk 12: Sewe maniere om dislojaliteit te hanteer

    Hoofstuk 1

    Onkunde en dislojaliteit

    Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.

    1 Korintërs 14:38

    Daar is baie om te leer oor lojaliteit en dislojaliteit. Daar is baie onkundige mense wat verkies om onkundig te wees al hoewel daar nog baie is om teleer

    Die boek bevat die beginsels, reels en feite wat die konsepte van lojaliteit en dislojaliteit regeer. Dislojaliteit is dikwels die vrug van onkundigheid, onvolwassenheid en selfs ’n gebrek van opvoeding. Ongeletterde mense is meer geneig om op ’n rebeliese en dilojalitiet se manier op tetree want hulle besef nie die implikasies van wat hulle doen nie. Deur die leringe van die boek, sal jy die nadele van onkunde aan jou lewe en bediening kan oorkom. 

    Meer kerke word deur die werk van dislojaliteit en sy vertakkings  vernietig  as  deur  enigiets  anders  wat  ek  ken!

    Ek het dit eerstehands in die eerste jaar van my bediening uitgevind. My pasgebore bediening het ’n sataniese aanval deur sameswering, beskuldiging, foutvind, laster en wegbreek ervaar. Ek het nog nooit weer soveel verwarring gesien as in daardie dae nie.

    Baie vroeg in my bediening het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dislojaliteit en die gepaardgaande booshede die mees vernietigende wapens in die duiwel se wapenrustig is.

    Die meeste Christene voel dat die duiwel se beste wapen is om te werk deur okkultisme, waarsêery en toorkrag. Ek stem saam dat dit wapens in die duiwel se arsenaal is.

    Maar wat mense moet besef, is dat die sterkste veldtog van die Satan op die gebied van misleiding lê. As Satan jou kan mislei, sal hy jou vernietig! Satan kry baie mense sover om te glo dat hulle in die naam van geregtigheid en waarheid teen ’n man van God veg. Hulle ontdek egter gou met groot pyn dat hulle niks anders doen nie as om met hulle voete teen spykers en dorings te skop nie.

    Dit is wat Paulus ontdek het toe hy teen die kerk geveg het en toesig gehou het oor die uitwissing van Stefanus, een van die leiers. Saulus was ’n man met ’n goeie gewete. Hy het ernstig gedink dat hy besig was om moeilikheidmakers in die vredevolle stad van Jerusalem uit te wis. In sy optrede vir geregtigheid, het hy daarna gestreef om die elemente uit  te skakel wat na sy mening vir die samelewing skadelik was. Daar is baie mense wat dink dat hulle met ’n heilige oorlog besig is om vals predikers en bedienaars te ontbloot. Soos Saulus dink hulle dat hulle ’n Goddelike opdrag het om die waarheid oor die huigelaars in die kansels aan almal te ontbloot. Die apostel Paulus was so verbaas om te ontdek dat hy in werklikheid besig was om teen Christus te veg.

    En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ’n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor ’n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is u, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. En tErWyl Hy BEWE En vErBaaS WaS, sê hy: Here, wat wil u hê moet ek doen?

    Handelinge 9:3-6

    Paulus was verstom toe hy ontdek waarmee hy in werklikheid besig was! Wanneer mense nie weet waarmee hulle besig is nie, doen hulle dikwels die verkeerde ding. Paulus het later daarop aanspraak gemaak dat hy genade van God ontvang het, omdat hy nie geweet het wat hy gedoen het nie.

    … my wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, OMDat EK Dit OnWEtEnD GEDOEn HEt in OnGElOOf.

    1 Timoteus 1:13

    My bietjie ervaring in die bediening wys vir my dat die onvermoë om getrou, lojaal, standvastig, bestendig en konsekwent te wees, die grootste verwoester van bedienings is. Dit is die grootste verwoester van sake-ondernemings. Die gevoel dat daar ’n korter, gouer en makliker pad is, kom by alle mense voor. Satan misbruik hierdie neiging.

    Baie Christene word verlei om rebelle en afvallige leiers met visie te volg. Baie mense doen hierdie dinge uit onkunde. Die duiwel gebruik die voorbeeld van oorheersende kerkleiers om die kultuur van opstand en dislojaliteit in die kerk te skep. Sonder dat hulle dit weet, is baie kerkleiers in wese opstandig en dislojaal. Hulle leer hulle volgelinge om opstandig  te  wees deur die dinge wat hulle sê en doen. Hulle verstaan nie waarom iemand aan hulle ontrou of dislojaal is nie. Jy sien, misleiding is baie sterk. Wanneer jy mislei word, dink jy dat swart wit is en wit swart.

    Ek is werklik meegevoer deur die openbaring wat die Here in sy boek The Final Quest vir Rick Joyner gegee het. Ek het hierdie boek vir  duisende  mense  aanbeveel  vandat  ek dit ontdek het. Ek het die eerste bladsye van hierdie boek buitengewoon insiggewend gevind. Hy beskryf die visioen van ’n groot demoniese leër wat teen die kerk opmarsjeer.  Die belangrikste doelstelling van  hierdie  demoniese  leër  was om verdeling op elke moontlike vlak van verhoudings te veroorsaak: kerke teen ander kerke, gemeentes teen hulle pastor en selfs mans teen hulle vroue.

    Nog ’n merkwaardige aspek van die openbaring was die wapens wat hierdie demoniese leër gedra het. Ek het veral daarop gelet dat die spiese wat hulle gedra het, verraad genoem is. Het jy geweet dat verraad in werklikheid die hoogste vorm van dislojaliteit is? Dit was vir my interessant dat net een spies ’n naam gedra het en daardie spies was verraad! Liewe vriend, ek glo dat Satan se belangrikste spies teen die kerk hierdie wapen van dislojaliteit en verraad is.

    Toe ek hieroor nagedink het, het ek besef dat baie kerke wat groot terugslae beleef het, hierdie dinge as gevolg van verraad gely het. Ek het oor verskeie groot manne van God gedink vir wie ek groot respek gehad het, en daaroor nagedink hoe hulle bedienings benadeel is. Dislojaliteit het ’n groot rol in hierdie jammerlike gebeurtenisse gespeel.

    Daar was vier pyle wat in hierdie visioen by die naam genoem word: beskuldiging, skinder, beswaddering en foutvind. Oppervlakkig beskou klink hierdie vier wapens nie baie doeltreffend nie. Dit klink selfs nie eers soos wapens wat die duiwel sou gebruik nie. Nadat ek egter vir ’n paar jaar in die bediening was, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die kragtigste wapens van die duiwel juis hierdie selfde dinge is. Met die eerste oogopslag sal die meeste onervare mense dit as geringe probleme afskryf.

    Ek is seker dat baie mense hierdie pyle as nietige dinge beskou wat enige bedienaar maklik sal kan hanteer. Die duiwel weet dat beskuldigings die beskuldigde persoon verswak, verwar en verlam. Maak nie saak hoe onskuldig    die beskuldigde persoon is nie, as hy eers beskuldig word, beland hy in ’n toestand van verwarring. Hy vra homself af: Waarom sou enigeen aan so iets dink?

    Beskuldigings is so kragtig dat selfs onskuldige mense na ’n tyd met die beskuldigings begin saamstem. Beskuldigings verlam die beskuldigde persoon. Wanneer hy eers verlam is, beland hy in ’n toestand van dadeloosheid. Soos die beskuldigings versprei, het die beskuldigde persoon nie eers meer die vertroue om in die kringe rond te beweeg waar die gif versprei is nie. Beswaddering, skinder en foutvind is almal vorms van beskuldiging. Hierdie dinge verswak, verlam en verwar die kerk. Hierdie verwarring is binne en buite die kerk. Die beskuldigde persoon is verward en die aanhoorder is verward.

    Baie mense oorkom nooit hierdie verwarring nie. Sommige kan dan nooit die bediening ontvang nie, en ander kan nie daarmee voortgaan nie. Dit is so ’n kragtige wapen van die vyand! Dit is geen wonder nie dat die Bybel vir ons vertel dat die kerk weer krag ontvang wanneer daar met die beskuldiger afgereken is. Solank as jy die stem van die beskuldiger hoor, sal jy verswak word.

    Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die MaG van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

    Openbaring 12:10

    Het jy ooit gewonder waarom genadelose beskuldigings teen die manne van God ingebring word? Ek onthou ’n pastor wat groot pionierswerk in ’n groot stad gedoen het. Deur hom het baie mense tot redding gekom en baie ander bedienaars opleiding ontvang. Hy is belaster en beskuldig totdat hy uiteindelik die stad verlaat het. Sy foute is so vergroot totdat daar uiteindelik niks meer goed oor hom gesê is nie. Eindelik het hy die stad verlaat en die bediening laat staan. Satan se manier van doen is heel eenvoudig – beskuldig hulle totdat hulle geen vertroue meer in hulleself het nie! Beskuldig hulle totdat niemand in die gemeenskap meer goed van hulle dink nie. Kry hulle sover om op te hou met wat hulle doen.

    Baie jare nadat hy weg is, is hy egter weer uitgenooi en deur die mense vereer wat seën van hom ontvang het. Ek glo dat hy verbaas was om die vrug van sy bediening te sien. Hy het waarskynlik besef dat hy nie aan die genadelose aanslae van die beskuldiger en sy agente moes toegegee het nie. Ek is dankbaar dat ek kan sê dat hy kort hierna na die bediening toe teruggekeer het.

    Nog ’n verbasende openbaring in hierdie boek was dat die demone op Christene gery het en nie op perde nie. Met ander woorde: Christene is deur die duiwel gebruik sonder dat hulle eers daarvan geweet het!

    Ek ken ’n pastor wat baie goed daarmee is om die liggaam van Christus te verdeel. Ek het sy bediening oor die laaste vyftien jaar dopgehou en ek voel dat hy ’n spesiale gawe het om die kerk te verdeel en teenoorgestelde kampe in die kerk te skep. Ek dink dat hy nie eers daarvan bewus is dat sy optrede en besluite tot die skep van groeperings in die kerk lei nie. Hy doen dit moeiteloos en met so ’n besondere diplomasie! Hy lyk en klink so eerbaar dat dit nooit by jou sal opkom dat hy in werklikheid besig is om die kerk in groepe te verdeel nie. Dit is net wanneer jy agteroor sit en oor sy dade nadink dat jy besef hoe verdelend hy is.

    Ek is dankbaar dat ek Rick Joyner se toestemming het om ’n kort gedeelte uit hierdie visioen van die leërmagte van Satan en hulle strategieë hier in te sluit. Ek bid dat jy die strategieë van die duiwel duidelik sal raaksien.

    Die demoniese leërmag was so groot dat dit gestrek het sover as wat ek kon sien. Dit was in afdelings verdeel wat elkeen ’n eie banier gedra het. Die voorste afdelings het marsjeer onder die baniere van Trots, Selfregverdiging, Aansienlikheid, Selfsugtige Ambisie, Onregverdige Oordeel en Jaloesie. Daar was baie meer van hierdie bose afdelings as wat ek kon sien, maar diegene in die voorste linies van hierdie vreesaanjaende horde uit die hel het gelyk asof hulle die meeste krag het. Die leier van hierdie leër was die Beskuldiger van die broers  self.

    Die wapens wat hierdie hordes gedra het, het ook name gehad. Die swaarde is genoem Vreesaanjaendheid,  die spiese is genoem Bedrog, die pyle is genoem Aanklag, Skinder, Laster en Foutvindery. Spioene en kleiner afdelings van demone met sulke name soos Verwerping, Bitterheid, Ongeduld, Onver- gewensgesindheid en Wellus is voor die leërmag uitgestuur om vir die hoofaanval voor te berei.

    Hierdie kleiner  afdelings  en  spioene  was  baie  minder  in getal, maar hulle het nie minder krag gehad as sommige van die groter afdelings wat gevolg het nie. Hulle was net   om strategiese redes

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1