Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Laikos: Leke-werkers & die bediening
Laikos: Leke-werkers & die bediening
Laikos: Leke-werkers & die bediening
Ebook103 pages1 hour

Laikos: Leke-werkers & die bediening

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Griekse woord LAIKOS beteken "om geen vaardighede te hê nie". Die geskiedenis het ons oor en oor geleer dat groot dinge deur mense bereik word wat "vaardighede kortgekom" het. Leer uit hierdie uitstekende boek deur Dag Heward-Mills wat gebeur waar daar geen lekewerkers in die kerk is nie, hoe om die werk met behulp van lekewerkers te doen en waarom ons moet veg om die lekebediening in stand te hou.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 19, 2018
ISBN9781683982180
Laikos: Leke-werkers & die bediening
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Laikos

Related ebooks

Related articles

Reviews for Laikos

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Laikos - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Laikos: die leek

    Die woord leek kom van die Griekse woord LAIKOS, wat sonder vaardighede beteken. Die geskiedenis leer ons dat groot dinge bereik kan word deur mense wat ’n gebrek aan vaardighede het. ’n Vinnige kyk na die prestasies van leke of gewone mense sal jou inspireer om hulle in die bediening te gebruik. Deur leke sal siele gered word, selgroepe gestig word, kerke opgebou word en God se werk sal floreer.

    Die volgende is ’n paar beskrywings van ’n leek:

    1.     ’n Leek is ’n gewone mens.

    2.     ’n Leek is ’n normale mens.

    3.     ’n Leek is ’n alledaagse mens.

    4.     ’n Leek is ’n gebruiklike mens.

    5.     ’n Leek is ’n regte mens.

    6.     ’n Leek is ’n gemeenskaplike mens.

    7.     ’n Leek is ’n algemene mens.

    8.     ’n Leek is ’n gemiddelde mens.

    9.     ’n Leek is iemand wat nie professioneel is nie.

    10.  ’n Leek is iemand wat nie ’n kenner is nie.

    11.  ’n Leek is iemand wat nie gespesialiseer is nie.

    12.  ’n Leek is iemand wat nie vaardighede het nie.

    13.  ’n Leek is iemand wat nie opgelei is nie.

    14.  ’n Leek is iemand wat nie sertifikate het nie.

    15.  ’n Leek is iemand wat nie gelisensieer is nie.

    Groot prestasies in die kerklike wêreld

    1. Leke was steunpilare in die groot hervorming van die kerk

    Martin Luther se vertaling van die Bybel in die taal van die gewone mense het die wêreld verander. In plaas daarvan dat dit net in Latyn beskikbaar was, is die Bybel vir gewone mense toeganklik gemaak. Toe die gewone mense eers openbaringskennis in hulle hande gekry het, het hulle die wêreld verander. Toe hulle besef dat verlossing deur die genade van God vir alle mense beskikbaar was, het hulle opgestaan en bepleit wat ons nou as die Hervorming ken.

    2. Leke was die steunpilare in die groot Metodiste-kerk

    Teen die middel van die twintigste eeu was die Metodisme die grootste Protestantse denominasie in die Verenigde State. Die groot Metodiste-kerk het op die rug van leke gery.

    ’n Baie vroeë preektradisie in die Metodiste-kerke was dat ’n leek aangewys is om eredienste te lei en in ’n groep kerke wat as ’n ring bekend gestaan het, te preek.

    Die leke-prediker het te voet of te perd in ’n voorgeskrewe ring van preekplekke en volgens ’n ooreengekome patroon en tydskedule rondbeweeg.

    Na die aanstelling van bedienaars en pastors is hierdie tradisie van leke-prediking voortgesit met die Metodiste se plaaslike predikers, wat by individuele kerke aangestel is. Hulle is deur naburige kerke goedgekeur en uitgenooi om tydens beplande afwesigheid die bedienaars se werk te doen.

    3. Leke was die steunpilare in die grootste enkele kerk in die wêreld

    Een van die fundamentele beginsels waarop die Yoido Full Gospel Church gebou is, is die beginsel om deur leke te werk.

    Die Yoido Full Gospel Church, wat deur David Yonggi Cho en sy skoonmoeder Choi Ja-shil gestig is, wat albei pastors van die Assemblies of God was, het hulle eerste diens op 15 Mei 1958 gehou met vier ander vroue in die huis van Choi Ja-shil.

    Die lidmaattal van die kerk het in 1977 vyftig duisend bereik, ’n syfer wat in net twee jaar verdubbel is. Op 30 November 1981 was die lidmaattal soveel as twee honderd duisend. Teen hierdie tyd was dit die grootste enkele gemeente in die wêreld en is as sodanig deur die Los Angeles Times erken.

    In 2007 was die lidmaattal 830,000, met sewe dienste op ’n Sondag wat in sestien tale getolk is.

    4. Leke is die steunpilare van reuse-netwerke van kerke wat uit Nigerië en Ghana ontstaan het

    Sowel die Redeemed Christian Church of God met sy oorsprong in Nigerië en die The Church of Pentecost met sy hoofkwartier in Ghana is daarvoor bekend dat hulle goeie gebruik van leke maak. Albei hierdie bedienings het reuse-netwerke van kerke en gebruik die dienste van leke gereeld vir prediking en pastorale werk.

    The Church of Pentecost is gestig deur James McKeon, ’n Ierse sendeling wat deur die Apostolic Church van Bradford in die Verenigde Koninkryk na die toenmalige Goue Kus uitgestuur is.

    Dit het gegroei en het ’n lidmaattal van meer as 1.7 miljoen lidmate. The Church of Pentecost het meer as dertien duisend kerke in sewentig lande oor al die vastelande van die wêreld.

    In 1952 het Pa Josiah Akindayomi die Redeemed Christian Church of God in Nigerië gestig.

    Onder die leierskap van sy algemene opsiener, eerwaarde EA Adeboye het dit gegroei om kerke in meer as honderd en veertig lande te hê met miljoene wat dit bywoon.

    Dit is waarlik groot prestasies en dit is deur die bydrae van leke moontlik gemaak.

    Groot prestasies in die sekulêre wereld

    1. Die groot regeringstelsel van demokrasie is deur leke daargestel

    Demokrasie gee gewone mense die geleentheid om op te tree en die regering te verander as hulle sou wou.

    Demokrasie is die gewone mens se mag om te weier om onder onaanvaarbare omstandighede te lewe.

    Demokrasie is die gewone mens se deelname en invloed in ’n land.

    Demokrasie is gebou op die beginsel van gelyke geleenthede vir alle gewone mense.

    2. Die groot supermoondheid het deur leke tot stand gekom

    Die Amerikaanse Rewolusie is ’n klassieke voorbeeld van die mag wat gewone mense of leke het om die geskiedenis te laat vorm aanneem. Die gewone mens het ’n supermoondheid laat ontstaan. By die draai van ’n vorige eeu was die Amerikaanse Rewolusie ’n suksesvolle proefneming wat die oorgang bewerk het van ’n wêreld wat deur ’n handjievol beheer word na ’n wêreld wat deur baie beheer word.

    Die Rewolusie is hoofsaaklik gevorm deur rewolusionêre organisasies soos die Sons of Liberty. Hierdie organisasies is nie deur die ryk en magtige grondeienaars beheer nie, maar gewone mense van gemiddelde sosiale status het byeengekom om die saad van die Rewolusie te plant.

    3. Die geskiedkundige verkiesingsoorwinning van Barack Obama het deur leke plaasgevind

    In Mei 2008 het Barack Obama, die eerste swart president van die Verenigde State van Amerika, die nominasie van die Demokratiese Party vir die presidentskap van die Verenigde State gewen.

    Selfs al was die land se ryk en invloedryke Demokrate ondersteuners van Clinton en al het hulle miljoene dollar bygedra, het Obama meer as enige ander presidensiële kandidaat in die geskiedenis byeengebring deur die mag van die gewone mense te gebruik.

    Obama het meer as $80 miljoen in sy veldtog gewerf, en die meeste daarvan het van gewone mense gekom wat klein individuele bydraes gemaak het.

    Hoofstuk 2

    Wat gebeur as daar geen leke-werkers en vrywilligers is nie

    1. As jy nie vrywilligers toelaat om in die bediening te werk nie, sal jy die Christelike beginsel van offervaardigheid in die kerk doodmaak

    Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

    Mattheüs 16:24

    Die simbool van die Christendom is die kruis. Die kruis spreek van lyding en dood. God het met Abraham gepraat en van hom gevra om sy kosbaarste besitting af te staan – sy seun. Moenie na iemand luister wat vir jou vertel dat die dag van lyding, opoffering, verlies en dood verby is nie. Die dag van lyding, opoffering, verlies en dood het aangebreek! God verwag van ons om ons kosbare besittings op te gee sodat ons Hom kan dien. Die kerk is vol mense wat nie daarvan bewus is dat God hulle roep om op te offer nie. Die Christendom is ’n godsdiens van opofferings. Die Christendom is op die kruis gebaseer. Die Christendom is daarop gegrond dat jy jou lewe verloor om ’n nuwe lewe te kry.

    Verskillende offers vir verskillende mense

    Sommige mense het die verkeerde siening

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1