Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Kuns om Volgeling-Wees
Die Kuns om Volgeling-Wees
Die Kuns om Volgeling-Wees
Ebook240 pages4 hours

Die Kuns om Volgeling-Wees

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Om God te volg, is 'n opwindende ontdekkingsreis. Jesus het die kuns om ander mense te volg en na te doen, 'n antieke kuns om iets aan te leer, as sy belangrikste metode van onderrig gekies. Moenie wegskram van hierdie beproefde metode van onderrig nie. Dit het tyd geword om die skoonheid en die nederigheid te begryp van die kuns om na te volg. In hierdie boek sal jy lees wie, wat en hoe jy doeltreffend moet volg. Hierdie briljante nuwe boek van Dag Heward-Mills gee weer aan die kuns van navolging sy regmatige plek in ons as Christene se lewe.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2018
ISBN9781683982364
Die Kuns om Volgeling-Wees
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Die Kuns om Volgeling-Wees

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Kuns om Volgeling-Wees

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Kuns om Volgeling-Wees - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Wat is die kuns om volgeling te wees?

    Om die kuns van volgeling-wees te omskryf

    1. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om te kopieer.

    2. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om iemand na te boots.

    3. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om iets na te maak.

    4. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om te probeer om soos iemand te wees.

    5. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om te reproduseer.

    6. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om te kloon.

    7. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om iemand se dubbel te wees.

    8. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om iemand se tweeling te wees.

    9. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om iemand na te jaag.

    10. Die kuns van volgeling-wees is die kuns om vorentoe te beur.

    Diegene wat die kuns van volgeling-wees suksesvol beoefen het

    1. Kinders gebruik die kuns van volgeling-wees

    Kinders gebruik die kuns om volgeling te wees, om met groot spronge vorentoe te beur, na te jaag en om ingewikkelde tale in ’n kort tyd aan te leer. Amper alles wat kinders leer is deur die kuns om te volg, na te boots en na te aap.

    2. Volke wat vir eeue ryk is, gebruik die kuns om te volg

    Europa en Amerika het die kuns gebruik om te volg en die oudste ryk lande in die wêreld geword. Deur nabootsing het elke Europese land soos sy buurland geword en in amper identiese ryk state ontwikkel. Hulle paaie, geboue en ander infrastruktuur is soortgelyk. Hulle bankwese en ekonomiese stelsels is amper identies. Hulle militêre vermoë is soortgelyk. Die leefstyl van mense en die omstandighede waarin hulle lewe, is in al hierdie lande dieselfde. Deur nabootsing het elke nasie in der waarheid sy buurland nagejaag en geweier om in die resies van voorspoed agtergelaat te word.

    3. Volke wat onlangs ryk geword het, gebruik die kuns om te volg

    Taiwan, China en Korea is baie bekend vir hulle vermoë om na te boots en te volg. Die meeste volke wat onlangs ryk geword het, gebruik die kuns om te volg.

    Die volke wat in die laaste vyftig jaar ryk geword het, is baie bekend vir hulle vermoë om na te boots. Baie van hulle produkte word eenvoudig namaaksels genoem. Hulle het motors geproduseer wat presiese replikas van bekende Europese modelle was. Die Koreane was nie skaam daarvoor dat hulle Daewoo-karre op Opels geskoei word nie, so ook nie SanYong volgens Mercedes Benz en Hyundai volgens Toyota nie. Deur hulle skaamtelose nabootsing het hulle opgevang en vorentoe gebeur totdat hulle leidende motorvervaardigers geword het.

    Op amper elke terrein van tegnologie en vooruitgang het hulle ingehaal en vorentoe gebeur en die rykdom geskep waarvan ander lande net kon droom. Dié wat skaam was om na te boots, kon net staan en toekyk hoe die meesters van nabootsing vooruit gebeur het om miljoenêrs, biljoenêrs en triljoenêrs te word.

    4. Jesus Christus, die Seun van God, het die kuns gebruik om te volg

    Jesus het die kuns gebruik om te volg toe Hy ongeletterde vissers in leiers en bestuurders van ’n wêreldwye beweging omskep het. As die Seun van God die kuns om te volg as sy enigste metode van opleiding sou gebruik, moet dit die hoogste en bruikbaarste metode wees om te leer, op te lei en te onderrig.

    Die kuns van volgeling-wees is die kuns om iemand na te boots. Die kuns om te volg, is die kuns om soos die persoon te word wat jy bewonder. Die kuns om te volg is die kuns om ’n replika te word van iets wat voor jou is. Deur die kuns om te volg sal jy in staat wees om op te vang en in jou bediening vorentoe te beur.

    Hoofstuk 2

    Hoe om suksesvol te wees in die kuns van volgeling-wees

    … sodat julle nie traag word nie, maar navolgers …

    Hebreërs 6:12

    Daar is baie Bybelse opdragte dat ons mense moet volg. Die Bybel is vol voorbeelde van hoe jy mense moet volg. In hierdie hoofstuk sal jy die beginsels leer wat jy nodig het om sukesvol te wees om te volg, na te boots, na te aap en op te vang by diegene wat voor jou is.

    Nege beginsels van volgeling-wees

    1. Jy kan suksesvol wees in die kuns om te volg deur te kies om God self te volg

    Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur.

    Efesiërs 5:1-2

    Om God suksesvol te volg, bestaan daarin dat jy in liefde en offervaardigheid wandel. Het jy geweet dat dit moontlik is om God te volg? Watter beter persoon is daar as God om te volg?

    Die Woord van God wys vir ons presies wat ons moet doen as ons God wil volg. Al wat ons moet doen, is om te leer hoe om lief te hê en offervaardig te wees. As jy hierdie twee dinge doen, sal jy seker maak dat jy God self volg.

    As jy daarop aanspraak maak dat jy God volg, moet jy iemand wees wat in goddelike liefde wandel, omdat God liefde is.

    2. Jy kan suksesvol wees in die kuns om te volg deur ’n man van God na te boots wat Christus volg

    Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.

    1 Korinthiërs 11:1

    Paulus het aan die kerk in Korinthe opdrag gegee om hom te volg, maar hy het hulle gewaarsku om hom net te volg solank as wat hy Jesus volg.

    Daar is voorwaar baie bedienaars wat meer volgelinge van miljoenêrs, sakemanne en politici is as volgelinge van God. Jy sal opmerk uit die boeke wat hulle lees dat hulle hierdie sekulêre mense volg en ’n begeerte het om meer soos hulle te wees as soos Jesus. Vandag lees pastors die biografieë van Amerikaanse presidente, miljoenêrs en suksesvolle sakemanne.

    3. Jy kan ’n man van God suksesvol navolg deur iemand te volg wat die persoon volg wat jy eintlik wil volg

    Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.

    Filippense 3:17

    Jare gelede wou ek tot die wonderwerk-bediening toetree. Ek het geweet dat ek iemand moet volg wat reeds in die wonderwerk-bediening was. Ek het besluit om Kathryn Khulman te volg omdat sy die grootste wonderwerk-bediening gehad het waarvan ek ooit gehoor het. As ’n mediese dokter was ek hoogs beïndruk met die soorte wonderwerke wat sy gedoen het. Maar ek het een probleem gehad. Ek kon haar nie op aarde kry nie omdat sy reeds oorlede was. Ek het nie geweet hoe ek ’n dooie persoon kon volg nie. Hoe kon ek aan ’n dooie persoon ’n bydrae gee? Hoe kon ek met ’n dooie persoon praat? Moes ek haar gees uit die dood laat oproep?

    Skielik het die Heilige Gees vir my gesê: Volg Benny Hinn as jy regtig vir Kathryn Khulman wil volg. ’n Helder lig het oor my pad geskyn en dadelik het ek geweet wat ek moes doen. Ek het ’n lang reis aangepak om Benny Hinn te volg en ek het alles moontlik oor bediening, genesing en wonderwerke geleer. Dit is die beginsel wat Paulus met die Filippense deel. Julle kan my volg deur diegene te volg wat my voorbeeld gevolg het.

    4. Jy kan ’n volgeling word van ’n groep mense wat in die genade van die Here wandel

    En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees …

    1 Thessalonicense 1:6

    In plaas daarvan om net een persoon te volg, kan jy ’n groep mense op ’n spesifieke manier volg. Jy kan byvoorbeeld die leiers van ’n spesifieke kerk of bediening volg. Jy kan ook ’n groep vriende volg wat God saam dien.

    Baie jare gelede, nadat ek Kenneth Hagin leer ken het, het ek die mense opgemerk met wie hy ’n verbintenis gehad het. Mense soos Kenneth Copeland, Jerry Savelle, Fred Price, Charles Capps en John Osteen kon jy by sy konferensies en in sy tydskrifte vind. Hierdie groep geloofsmanne het vir my aantreklik geword en ek het gevind dat ek hulle begin volg het. Ek het hulle boeke begin lees en van hulle geleer omdat hulle ’n uitkenbare groep was wat ek kon volg.

    5. Jy kan suksesvol wees in die kuns om te volg deur ’n volgeling van ’n spesifieke kerk te word

    Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode …

    1 Thessalonicense 2:14

    Jy kan ’n kerk volg deur sy leiers, sy geskiedenis, sy leerstellings, sy oorwinnings, sy krisisse, sy foute en so meer te bestudeer. Om ’n kerk behoorlik te volg, moet jy bo alles sy geskiedenis bestudeer. Baie kerke ondergaan verstommende gedaanteverwisselings soos die jare verbygaan. Jy kan ’n kerk van vandag dikwels nie vergelyk met wat dit ’n honderd jaar gelede was nie.

    ’n Honderd jaar gelede was die Switserse kerk so lewenskragtig dat dit jong manne uitgestuur het om in verre sendingvelde te sterf. Deur die inspanning van die Switserse kerk het verlossing en die Christendom na hele volke soos Ghana en Nigerië gekom. Vandag is die Switserse kerk so dood dat die meeste gemeentes gesluit is en die Christendom word as ’n aktiwiteit van vreemdelinge en immigrante beskou.

    Vandag is die gebou van die Switserse organisasie wat sendelinge oor die wêreld uitgestuur het, in ’n hotel omskep en die argief van hulle groot sendingwerk word in ’n kelder onder die hotel gebêre!

    Ek het so baie van die Metodiste-kerk geleer. Ek het baie van hulle goeie voorbeelde nagevolg en die lewe van hulle stigter bestudeer. Deur daardie kerk na te volg het God vir my groot insig en koers vir my bediening gegee.

    6. Jy moet ’n volgeling van goeie dinge word wat die Heilige Gees vir jou uitwys

    En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?

    1 Petrus 3:13

    Jy moet goeie dinge volg. As die Heilige Gees jou hart met ’n goeie ding in iemand se bediening aanraak, moet jy in ag neem dat God jou aandag vestig op iets wat jy moet doen. Die Heilige Gees wys altyd vir ons goeie dinge wat ons moet navolg. Dit hang van jou af of jy jou hart sal oopmaak om goeie dinge van ander kerke en bedienings raak te sien.

    Miskien let jy op hoe goed die musiek in iemand se kerk is. Miskien merk jy hoe goed die koor is. Miskien sien jy raak hoe skoon die toilet in iemand se kerk is. Dalk sien jy hoe goed die struktuur van iemand se kerk is. Dalk let jy op hoe goed iemand se prediking is. Miskien let jy op hoe goed iemand se sang is. Al hierdie goeie dinge wat jy raaksien, is boodskappe van die Heilige Gees oor dinge wat jy moet volg.

    7. Jy kan ’n man van God suksesvol navolg deur die mense te volg wat hy uitstuur en aanstel

    Ek vermaan julle dan, word my navolgers. Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.

    1 Korinthiërs 4:16-17

    Paulus wou hê dat die Korinthiërs hom van naby moes volg. Daarom het hy Timotheüs aangestel en hom gestuur om by die Korinthiërs te wees. Enigeen wat met Paulus wou saamloop, moes met Timotheüs saamloop.

    Mense wat nie ’n goeie verhouding kan hê met uitgestuurde en aangestelde mense nie, besef nie dat hulle die geleentheid laat verbygaan om te leer hoe om te volg nie. Groot mense word dikwels gedwing om iemand aan te wys om jou te ontmoet en met jou te doen te hê. As jy nalaat om met hierdie persoon saam te werk omdat jy nie met die hoofpersoon self te doen kry nie, sal jy baie seën verloor. Die kuns om te volg is die kuns om gedelegeerde mense te volg.

    Ek was baiekeer in Korea om met David Yonggi Cho kontak te maak. Ek moes saamwerk met mense wat hy aangestel het om vir my en die ander raadslede te sorg. Om die mense wat hy aangewys het te aanvaar, was die sleutel daartoe dat ek groot voordele uit my verhouding met hom getrek het. Enigeen wat te belangrik is om met gedelegeerde gesagsdraers te doen te hê, is te belangrik om ’n volgeling te wees!

    8. Jy kan ’n man van God suksesvol volg as jy sy geloof en sy geduld navolg

    … sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.

    Hebreërs 6:12

    Die twee sleutel-elemente waarna jy moet uitkyk in ’n man wat jy volg, is sy geloof en sy geduld. Waarom sê ek so? Die Bybel leer ons dat dit die geloof en die geduld van daardie persoon is wat hom in staat gestel het om die beloftes van God te ontvang.

    Dit was Kenneth Hagin se geloof en sy geduld wat vir hom die wêreldwye bediening gegee het wat hy gehad het. Dit was David Yonggi Cho se geloof en geduld wat vir hom die grootste kerk in die wêreld gegee het. Dit was Benny Hinn se geloof en geduld wat vir hom sy wonderwerk-veldtogte gegee het. Dit was Fred Price se geloof en geduld wat vir hom die bediening gegee het wat hy gehad het. Dit was Reinhard Bonnke se geloof en geduld wat vir hom die grootste veldtogte in Afrika gegee het.

    Dit is nie die geld, die kontakte of die advertensies wat vir hierdie mense die dinge gegee het wat hulle gehad het nie. Dit is hulle geloof en hulle geduld wat vir hulle gegee het wat hulle ontvang het.

    Liewe Vriend, wil jy suksesvol wees in die kuns om ’n man van God te volg? Volg dan sy geloof en sy geduld! Wat beteken dit om iemand se geloof te volg? Om iemand se geloof te volg, is om te vra: Wat het hy geglo en waarom het hy die dinge geglo wat hy geglo het? Toe ek die geloof van Billy Graham bestudeer het, het ek opgelet dat hy ’n belangrike besluit geneem het om te glo dat elke deel van die Bybel die Woord van God is. Op grond van hierdie geloof haal hy Skrifgedeeltes aan wanneer hy vir sondaars preek. Hy glo dat as dit die woorde van God is, sal hierdie woorde groot krag hê om te red, te genees en te verlos wanneer hulle aan mense voorgehou word.

    As jy lees en studeer sal jy baie dinge oor die geloof van groot mense ontdek. Hoe anders kan jy meer oor die geloof van ’n groot persoon uitvind? Deur te kyk en te luister na dié dinge wat ’n persoon vroeër in sy bediening gesê het! In die later deel van so ’n persoon se bediening sal jy die indrukwekkende vrugte vind van wat hy geglo het. Maar in die vroeë deel van sy bediening sal jy sien en aanvoel hoe die persoon sy geloof beoefen het om groot dinge vir God te bereik. In die vroeë deel van sy bediening is daar min om te sien, maar daar is baie geloof en baie maniere waarop die geloof bekend gemaak word. Dit is altyd interessant om te sien hoe mense as ’t ware in die woestyn opgestaan het en begin het om groot dinge vir hulle bediening te glo.

    Volg die geloof en die geduld van groot mense en jy sal die regte dinge volg. Vandag wil sommige mense dieselfde klere, dieselfde skoene as groot manne van God dra en hulle wil dieselfde karre ry. Die Bybel sê nie dat hulle die beloftes deur hulle karre, hulle huise en hulle klere ontvang het nie. Die beloftes het deur hulle geloof en hulle geduld werklikheid geword!

    Hoe kan jy die geduld van iemand navolg? Jy kan die geduld van iemand bestudeer deur vas te stel wanneer hy begin het om sekere dinge te glo en wanneer hy hulle in werklikheid ervaar het. Wanneer jy begin somme maak en vasstel hoeveel jare mense in ’n spesifieke rigting moes glo en werk, sal jy verstom wees oor hoe geduldig sommige van hulle was.

    Die meeste manne van God het vir baie jare geswoeg sonder om groot resultate te sien. Hulle het net aan die einde van hulle lewe en bediening gesien dat God groot dinge gedoen het. Die geloof en die geduld van mense is voorwaar die geheim van hulle bediening.

    9. Jy moet luiheid, traagheid en onaktiwiteit oorkom om iemand suksesvol te volg

    … sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.

    Hebreërs 6:12

    Kan jy glo dat luiheid die rede is waarom baie nie kan volg nie? Ek het die woorde van lui mense gehoor wat nie wil volg of leer nie.

    Al wat hulle sê is: Sjoe, jy het die genade van God in jou lewe.

    Hulle sê: Dit is deur genade dat God hierdie kerke vir jou gegee het.

    Hulle roep uit: Sjoe, ek hou van die manier waarop jy dinge doen. Dit is deur die genade wat jy ontvang het.

    Hulle sê: Ek het nie die genade wat jy ontvang het nie. Dit is nie my roeping nie.

    Ja, dit mag waar wees dat dit die genade van God is wat werk. Maar dikwels is mense eenvoudig te lui om iets nuuts te leer! Hulle kan nie gepla wees om idees en beginsels te beoefen wat hulle sien werk nie.

    Dit neem voorwaar baie energie om soos iemand voor jou te word. Dit vra baie tyd en toegewyde inspanning om die geheime van ’n leier te ontdek en hulle na te boots. Lui mense kan nie en sal ook nie suksesvol wees in die kuns om na te volg nie.

    Hoofstuk 3

    Sewe sleutels tot die kuns van volgeling-wees

    1. Volg manne van God deur wat hulle gedoen en geleer het

    Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het …

    Handelinge 1:1

    Die lering van ’n persoon en die dinge wat hy doen is ewe belangrik. Om Jesus Christus te volg, moet jy oplet na wat Hy geleer en gedoen het. Elke evangelie bevat die lerings van Christus sowel as die vertellings oor die dinge wat Hy gedoen het. ’n Mens moet na albei daarvan oplet.

    Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie twee aspekte baie verskil, maar baie belangrik is. Daar is baie dinge waaroor Jesus Christus nie onderrig gegee het nie. Daar is inderdaad baie dinge wat Hy gedoen het sonder om te verduidelik waarmee Hy besig was. Dit is waarom Theófilus aangeraai word om te leer uit wat Jesus gedoen en geleer het.

    2. Volg manne van God deur hulle lering te volg

    Dit is belangrik dat jy verstaan dat sommige mense die gawe ontvang het om onderrig te gee in wat hulle weet. Dit bring mee dat sommige mense baie lerings, leerstellings, gedragskodes en gedagtes het wat hulle deel. Kenneth Hagin, ’n groot profeet en bedienaar van genesing, het byvoorbeeld breedvoerig onderrig gegee oor hoe hy die bediening behartig het en hoe hy groot dinge vir God bereik het. Ek was in staat om baie dinge oor die bediening te leer deur aan sy onderrig aandag te gee. Daar was ander groot profete wat in dieselfde tydperk gelewe en gesterf het, maar wat nie enige onderrig nagelaat het wat vir ander in ’n soortgelyke bediening riglyne kon gee nie.

    3. Volg manne van God deur te volg wat hulle doen

    Ek het mense gevind wat groot dinge vir die Here gedoen het maar wat baie min onderrig nagelaat het oor hoe hulle gedoen het wat hulle gedoen het. Kathryn Khulman het byvoorbeeld ’n groot wonderwerk-bediening gehad wat ek baie bewonder en waarvan ek leer. Maar ek was nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1