Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Jý is die kerk: Bou 'n Christus-gesentreerde gemeente
Jý is die kerk: Bou 'n Christus-gesentreerde gemeente
Jý is die kerk: Bou 'n Christus-gesentreerde gemeente
Ebook247 pages3 hours

Jý is die kerk: Bou 'n Christus-gesentreerde gemeente

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Francois Kruger is al baie jare in die bediening en wil deur hierdie boek vir gelowiges tot die besef bring dat die kerk nie die gebou, die leiers, 'n stelsel, 'n denominasie of selfs ander mense is nie, maar jý, as gelowige. Hy wil hê ons moenie meer vra “Wat beteken die kerk vir my?” nie, maar “Wat beteken ek vir Jesus?” – of “Wat se diens lewer die kerk aan my?” nie, maar “Hoe dien ek ander?”. Hy wil gelowiges help om Jesus-gesentreerde mense te wees, want dis die enigste manier waarop 'n kerk ook Jesus-gesentreerd kan word.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateNov 29, 2012
ISBN9780796315762
Jý is die kerk: Bou 'n Christus-gesentreerde gemeente

Related to Jý is die kerk

Related ebooks

Related articles

Reviews for Jý is die kerk

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Jý is die kerk - Francois Kruger

    Titelblad

    FRANCOIS KRUGER

    Jý is die kerk

    Bou ’n Christus-gesentreerde gemeente

    LUX VERBI

    Vooraf

    Vooraf

    Hoekom hierdie boek?

    Eerstens om gelowiges tot die besef te bring dat die kerk nie die gebou, die leiers, ’n stelsel of ’n denominasie is nie. Die kerk is ook nie noodwendig ander mense nie, maar jý as gelowige!

    Hierdie besef gaan ’n mens onmiddellik nuwe vrae laat vra.

    Jy gaan nie meer vra: Wat beteken die kerk vir my? nie, maar: Wat beteken ek vir Jesus?

    En jy gaan nie meer vra: Watter diens lewer die kerk aan my? nie, maar: Hoe dien ek ander?

    Verder gaan dit om gelowiges te help om Jesus-gesentreerde mense te wees. Dít is die enigste manier waarop ’n kerk ook Jesus-gesentreerd kan word. Dit beteken dat in welke mate dit nodig mag wees, ’n persoonlike opbou- en afbreekproses moet plaasvind. Dit behels denk- en lewensveranderinge – dus om die kern van jou bestaan te verander.

    Eers dán bereik ’n mens die beste manier van lewe, want dan beleef jy die oorvloedslewe wat Jesus vir ons kom gee het.

    Verder is die doel van hierdie boek om die hedendaagse kerkwees te verduidelik. Te veel kerke, veral gevestigde kerke, het hul doel vergeet en dit met ’n newe-doel vervang, wat ná jare die hoofdoel geword het. Die gevolg is lewelose en steriele kerke – kerke wat baie tyd en geld bestee om onproduktief te bly.

    Hierdie boek wil voorstel dat die probleem van wortelvlak af hanteer word. Die Here wil jóu daarvoor gebruik. Jý is die kerk. Te veel leiers het nie die guts om radikaal genoeg te dink en te doen nie. Gevestigde kerke wat wêreldwyd ál meer irrelevant en disfunksioneel word, bevestig dié tragiese probleem.

    Ek glo ’n mens skryf slegs ’n boek indien jy ’n saak op die hart het waaroor jy nie langer kan stilbly nie; ’n saak waarin jy onwrikbaar glo en wat jy eenvoudig op skrif moet stel. Die aanleiding tot die skryf van hierdie boek lê nie in die moontlike opspraakwekkendheid daarvan nie, maar in die dringendheid daarvan.

    My doel is om jou, die leser, te help om:

    • Kerkspeel van kerkwees te onderskei.

    • Vas te stel wat jou rol is om die skuif na ware kerkwees te maak.

    • ’n Voorbeeld te word van iemand wat klaargespeel het met kerkspeel.

    • Jesus Christus sentraal in jou lewe te plaas, sodat dit ook die geval in jou kerk sal wees. Jou kerkwees sal dan van ’n formaliteit na ’n lewegewende, vreugdevolle, singewende belewenis verander waarsonder jy nie sal wil wees nie. Jou kerkwees word dan ’n lewenswyse.

    My gebed is dat die Gees hierdie boek sal gebruik om lesers se oë oop te maak om die wil van Christus kristalhelder in die Bybel raak te sien, en om sodoende die unieke dinamika van ’n ware Jesus-kerk terug te bring.

    Mag jy as leser ook die geloofsmoed hê om vierkantig op Jesus te bou en in sy voetspore te stap sonder om deur moontlike persoonlike risiko’s afgeskrik te word.

    Dis nie my bedoeling om enige bestaande kerk te veroordeel nie. Ek wil eerder ’n profiel van ’n verworde kerk teken en aantoon dat die Hoof van die kerk iets anders in sy argiteksplan voorgeskryf het.

    Ek skryf oor hoe ons prakties die skuif in so ’n gevestigde kerk gemaak het. Al word ons foute ontbloot, val die klem egter op hoe die Heilige Gees oorneem en uitvoering gee aan wat Hy beplan het.

    Francois Kruger

    Middelburg

    Januarie 2012

    Inleiding

    Inleiding

    Hierdie boek gaan hoofsaaklik oor die verskil tussen kerkgesentreerdheid en Christus-gesentreerdheid. Eerstens wil ek die dringendheid verduidelik waarom dit vir my nodig was om hierdie boek te skryf.

    Ek is die predikant van ’n kleinerige gemeente in ’n gevestigde denominasie. Ook hier eis ’n klomp diepgewortelde tradisies hul tol. Sekere gewoontes is diep in ons denke ingegroef, maar dis nie in alle gevalle ’n probleem nie. Van hierdie tradisies het op gesag van Jesus ontstaan, en daarom wil ons hulle handhaaf. Ander tradisies is duidelik bloot op menslike voorkeure gegrond.

    Ons worstel met laasgenoemde tradisies, want dit dra by tot die gebrek aan lewensverandering en geestelike groei. Ons gemeente was ook grootliks steriel en die verskynsel van ’n passiewe meerderheid was ’n kopseer.

    Dit het so voortgeduur totdat ons tot die insig gekom het dat die Here Self hierdie dinge regmaak. Hy doen dit egter deur eers af te breek wat verkeerd is voordat Hy begin opbou. Hy roei eers met wortel en tak uit voordat Hy begin plant. Hierdie afbreek is radikaal, want dit gaan hier oor wortelsake en dus tot op die fondament. Dit vra van ons om sommige meestermotiewe te groet. Eers dan kom die skuif na ’n heel nuwe fondament.

    Die afbreekproses is onafwendbaar. ’n Mens kan nie op ’n verkeerde basis bou nie, want selfs al is die gebou ook hóé indrukwekkend en pragtig, gaan dit nie hou nie.

    Die afbreekproses is pynlik, en daar ís ongevalle. Kollegas wat al daardeur is, het vir my gesê: Onthou, jy gaan 50% van jou mense verloor!

    Francine Rivers, ’n Amerikaanse fiksieskrywer wat Christelike temas met haar verhale verweef, het ’n pragtige boek, En die ramshoring het geblaas, oor hierdie verskynsel geskryf. Dit het ook met ons gebeur. Ons het bykans die helfte van ons lidmate verloor. Die rede hiervoor is dat die afbreekproses ook ’n losbreek beteken van dinge waaraan ’n mens sentimenteel verknog geraak het – dinge wat nie van Christus af kom nie. Losbreek maak seer en laat mense onveilig voel as hulle dit nie reg verstaan nie. Baie mense sien nie daarvoor kans nie.

    Kollegas het ook gesê: Jy gaan persoonlike risiko’s moet loop. Jou vel moet dik wees! Ook dít het gebeur. Ek was egter nie alleen nie. ’n Groep gelowiges in die gemeente het met my hande gevat. Ons het mekaar bemoedig en deur gebed op die Here se pad gehou.

    Die gesprek wat hier volg, is bedoel vir gelowiges wat worstel om uit die groef te kom, asook vir gelowiges wat, selfs onwetend, in ’n groef vasgeval het. Met hierdie boek wil ek mense help om te verstaan, hulself te motiveer en, indien nodig, hul totale lewensfondament te hervestig.

    Wanneer Jesus lewend sentraal in jou lewe staan, is dit aansteeklik. Hy gaan jou gebruik om ander mense tot dramatiese groei te inspireer. Jy kan die Luther-figuur in jou gemeente word.

    Die gevaar bestaan dat jy ’n goeie lidmaat van jou kerk kan wees en al jare lank tevrede en gelukkig is, solank niemand die bestaande patrone versteur nie. Maar jy is staties en steriel. Dit laat mense vra: Is daar plek vir Jesus in jou lewe? Die normale reaksie op dié vraag is uitermatige verontwaardiging.

    Ek het agtergekom dat daar basies twee soorte kerke is, maar dat die twee se karakter radikaal van mekaar verskil. Die een is mensgesentreerd en die ander Christus-gesentreerd.

    In die proses om die twee soorte kerke vir jou te skets, gaan ek oordryf en my aan karikatuurskepping skuldig maak. Dit kan egter nie anders nie, want ek wil ’n punt maak.

    Kyk ’n bietjie na die tabelle aan die einde van hierdie inleiding. Links is die mensgesentreerde model en regs die Christus-gesentreerde model. Ek noem dit ’n model, aangesien dit meer as ’n beskrywing van ’n bestaande opset is. Dit het vir baie mense die norm geword waarvolgens hulle hulself en hul kerk in stand hou en, reg of verkeerd, ander kerke meet en beoordeel.

    In die tabelle (sien bl. 21) word tien aspekte beskryf wat die verskil tussen hierdie twee soorte kerke aandui. Kom ek verduidelik elkeen aan jou.

    1. Die kerk as die middelpunt vs Jesus as die middelpunt

    Staan die kerk of Jesus sentraal? Kerkgesentreerdheid is ’n groot probleem. Die Engelse noem dit churchianity. Dit lyk so vroom en korrek. My kerk is vir my baie belangrik! Dit is my anker! Ek sal alles opoffer vir my kerk!

    My vriend, Johan, sê dis hoe die duiwel werk. Hy vat iets goed en reg, soos die Tien Gebooie, en plaas dit in die plek van Jesus. Dit is wat Satan met dié woorde met die Jode gedoen het: Dáár is jou pad na verlossing. Getroue wetsonderhouding gaan vir jou die saligheid bring.

    Deesdae doen hy dieselfde met die kerk. Die kerk is goed en reg en onontbeerlik, maar word iets sleg en verkeerd as dit op die verkeerde plek staan. As dit in die plek van Jesus staan, sit jy skynbaar gelukkig en doodtevrede, maar sonder die enigste Troos wat daar is.

    Ek wéét waar Jesus is, is die kerk ook. Ek weet die kerk is die liggaam van Jesus en dat Hý die Hoof is. Jy kan nie kerk en Jesus van mekaar skei nie. My probleem hou egter verband met die belangrike woorde in Efesiërs 4:16: … en uit Hom groei die hele liggaam.

    Die vraag is dus: Waar begin jy? By die kerk of by Jesus?

    Kom ons wees eerlik. Die meeste van ons het as kinders eerste met die kerk kennis gemaak en eers daarná met Jesus. Natuurlik is daar uitsonderings. Maar dit laat ’n mens dink dat die kerk eerste kom en jou dan by Jesus uitbring. Dit is presies wat met kerkgesentreerdheid gebeur.

    Wanneer Jesus vir jou eerste kom, staan Hy sentraal in jou lewe. Sulke gelowiges maak met mekaar kontak en hulle word die kerk. Jesus bly egter sentraal, nooit die kerk nie.

    Dit laat my dink aan die twee gewilde figure, Jesus en Johannes die Doper, oor wie ons in Johannes 3 lees. Toe Johannes se aanhangers hul rabbi aanspreek en sê hy moet sy gewildheid verhoog omdat Jesus meer mense trek, was sy antwoord: Hy moet meer word en ek minder (Johannes 3:30). Dis asof hy sê: Ek is besig om doelbwus my gewildheid te laat taan, sodat julle ook eerder aanhangers van Jesus kan word. Op dié manier stel hy aan hulle die voorbeeld dat die mense rondom Jesus net een oogmerk het, naamlik om Hom te verhoog. Hulle is op Hom gefokus en nie op hulself nie.

    Ek het met baie mense, waarvan die meeste leraars is, hieroor gepraat. Dis opmerklik dat daar van ’n sekere groep af konsekwent ’n sensitiwiteit ontlok word wanneer ’n mens oor die gevaar van kerkgesentreerdheid praat. Ek het ook agtergekom dat hierdie mense almal redelik diep in die stelsel gewortel is.

    Dis taamlik algemeen dat mense hul identiteit deur hul kerklidmaatskap laat bepaal: Ek is gereformeerd eerder as Ek is ’n navolger van Jesus. Ons het jare lank geleer om die kerk te volg, in plaas daarvan om Jesus te volg.

    Met die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se 150-jarige bestaansherdenking in 2009 het hulle sulke knopies uitgedeel en aan elke gemeente ’n klomp gestuur. Op elke knopie het gestaan: Ek is lief vir my kerk! Ek sê toe vir Elna, ons kantoorassistent: Gooi dit in die asblik. As hier knopies aankom waarop staan: ‘Ek is lief vir die Here!’ dan deel ons dit uit en ons bestel nog.

    2. Selfgesentreerdheid vs Christus-gesentreerdheid

    Oor wie gaan dit vir jou? Oor jouself of oor Jesus? Jesus maak ook hierdie onderskeid tussen selfgesentreerdheid en Christus-gesentreerdheid. Die dag nadat Jesus die skare mense met brode en vissies gevoed het, het hulle Hom met groot ywer gaan soek. Hoe pragtig is dit nie dat ’n klomp mense vir Jesus gaan soek nie!

    Tog het Jesus die skare hierna daarop gewys dat hulle Hom ter wille van hulself gesoek het: Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het (Johannes 6:26).

    Om wondertekens te sien en Jesus om daardie rede te soek, beteken om sy heerlikheid, goddelikheid en almag te besef en Hom daarvoor te eer en te aanbid. ’n Mens moet dus, soos sy dissipels, Jesus ter wille van Homself soek. Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom (Johannes 2:11).

    ’n Tipiese vraag wat baie mense vra wanneer hulle ’n nuwe kerk gaan soek, is: Wat kan ek daaruit kry? Dit het met ander woorde alles met jou motief of jou basiese dryfveer te doen. Gaan dit vir jou oor Jesus of oor jouself?

    Baie lidmate sien die kerk as ’n plek waar hy of sy gedien moet word. Dan is die uitgangspunt: Die kerkleiers moet my gereeld besoek. Die lidmaat word dus die verbruiker wat tevrede gehou moet word. Die probleem van ’n passiewe meerderheid lei tot een van gevestigde kerke se grootste kopsere. Daarby werk leraars hulle tot in die hospitaal in ’n poging om by almal uit te kom en hulle gelukkig en tevrede te hou. Uiteindelik sit ’n mens met ’n selfsugtige, selfgesentreerde gemeente. Geen gemeente wat op selfsug gebou is, gaan hou nie. En hy gaan nóg minder sy goddelike doelwit bereik.

    Die oomblik wanneer ’n mens jou vraag verander na: Wat beteken ek vir Jesus?, word jou gawes geaktiveer. Jy begin dan dien en help om ’n gemeente te skep waar mense mekaar onder meer versorg, ondersteun en bemoedig. Ewe skielik word jou lewe sinvol en jou kerkwees betekenisvol. Nou kan jy die opgewondenheid van geestelike groei ervaar!

    3. Na-binne-gerigtheid vs na-buite-gerigtheid

    Die een soort kerk bestaan ter wille van homself, terwyl die ander soort ter wille van die nood van die wêreld bestaan. Eersgenoemde vergestalt die tipiese probleem van na-binne-gerigtheid. In dié geval is die kerk soos ’n klub waar die lede se belange eerste kom. Hier kan die sosiale binding tussen mense verbasend sterk wees. Dis egter tragies dat hul lidmaatskap en verbondenheid aan die sogenaamde familie (tribe) eerder as die lewende Jesus hulle saambind.

    Ongelukkig is daar leraars wat die opbou van ’n gemeente sien as ’n manier om hierdie klub-karakter net sterker te vestig. Die gemeente word dan eerder rondom eie, selfgeskepte waardes en gebruike gebou as op Jesus as die enigste fondament.

    Die Griekse woord koinonia beteken gemeenskap oftewel om dieselfde dinge met mekaar te deel. In ’n gemeente deel ’n klomp mense hul verbondenheid aan Jesus met mekaar. Dit maak so ’n gemeenskap uniek en bring ’n onderlinge liefde en vertroue teweeg, omdat Jesus sentraal staan.

    4. Wette vs motiewe

    Hier het ons te doen met die eienaardige verskynsel dat kerkgesentreerdheid ’n wettiese karakter na vore bring. Die eie styl en kultuur word dus die wet. Die soort kerk wat die mense vir hulself geskep het, word belangriker as die soort kerk wat ons Hoof wil hê.

    Die tragiese verskynsel hier is baie mense se onvermoë om tussen essensiële dinge en nie-essensiële dinge te onderskei. Die twee word dikwels omgeruil. Mense ervaar dikwels nie die krag en versterkende waarde van die nagmaal nie; die bekende vorm daarvan versterk eerder hul sentimentele verkleefdheid aan ’n uiterlike vorm. Hierdie verkleefdheid kan so sterk wees dat mense totaal irrasioneel daaroor dink en ’n onvermoë ontwikkel om tot nuwe insigte te kom. Dit skep ’n onbuigsaamheid en selfs ’n blinde onversetlikheid.

    Jongmense voel dikwels weens wette en verwagtinge onveilig in tradisionele kerke. Ons lees nie in die Bybel van hierdie wette nie en boonop is die jonges nie eens daarvan bewus nie.

    Hierteenoor werk Jesus eerder met motiewe. Om die Here jou God lief te hê, is nie ’n koue wet nie, maar ’n motief. Dieselfde geld jou soeke na die koninkryk van God as die enigste prioriteit en om dissipels van die nasies te maak. Dit word ’n dryfveer wat jou motiveer, eerder as ’n koue wet wat van buite af op jou afgedwing word.

    5. Outoritêre leierskap vs diensbaarheid

    Hier gaan dit oor die modernistiese oorbeklemtoning van die leier se status en gesag. Die leier word op ’n troontjie geplaas waar hy amper onaantasbaar is. Juis dít waarteen die kerkhervormers in die 16e eeu gestry het, is weer teruggebring.

    Die uitdaging is om ’n leier met ’n Jesus-karakter te wees. Dan klim jy van jou troontjie af en jy begin voete was. Letterlik! Voetewas is ’n mooi simbool van ’n bereidheid tot nederigheid en diensbaarheid.

    6. Kerkgerigtheid vs koninkryksgerigtheid

    Ek praat dikwels oor die probleem van kerkgerigtheid. In die meeste gevalle ontlok dit ongelukkigheid en sterk teenkanting. Mense se sensitiwiteit om kerkgerigtheid af te keur, verraai dat ons van die kerk ’n grootheid op sy eie gemaak het. Menigeen sal dan in vergelyking met ander kerke en denominasies laat hoor: Ons kerk is ons trots!

    Jesus het baie meer klem op die koninkryk as op die kerk geplaas. Koninkryksgerigtheid skilder ’n heel ander prentjie. Omdat jy dan God se werk onder alle mense op aarde raaksien, is dit nie vir jou ’n probleem om met mense van ander kerkgroepe hande te vat om God se saak te dien nie. Jy ontdek die bevryding om uit die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1