Vrouekeur

21 wenke vir WOEMA

Ons het ’n paar eenvoudige voelgoedwenke en lewenslesse opgespoor wat jou weer nuwe woema sal gee en hopelik ’n huppel in jou stap sal sit.

1 EET GESOND

Bianca Tromp, ’n dieetkundige by die Harten-beroerte-stigting van Suid-Afrika, sê: “Kies soveel gesonde opsies as moontlik, want as jy die dag iets ongesonds eet, hoef jy nie skuldig daaroor te voel nie. Bederfkos is gemaak om te geniet en dis net ’n probleem as dit ’n daaglikse gewoonte raak. Kies jou gunstelingbederfkos en sluit dit een keer per week in jou dieet in, skuldvry!”

2 KYK ANDERS NA KOS

Bianca sê kos voorsien ons van al die noodsaaklike voedingstowwe om ’n gesonde, energieke liggaam te onderhou. In plaas daarvan om te fokus op hoe sekere kosse jou gewig gaan affekteer, dink eerder aan kos ten opsigte van hoe dit jou energievlakke en voedingstofinname gaan beïnvloed. “Só word dit ’n prioriteit om in al jou liggaam se voedingstofbehoeftes te voorsien en is dit maklik om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Bybelblokraai
Voltooi die blokraai en gebruik die omkringde letters om die versteekte woord of naam te ontsyfer. Leidraad: Sentrale leer van die Christendom oor die bestaan van God; die Vader, Seun en Heilige Gees OPLOSSING – Drie-eenheid ■
Vrouekeur6 min read
Ons Eendag
Die geweld kom vinnig en warm van agter af, pluk my vingers tussen joune uit en slinger my deur die lug. Daar is geen klank nie. Ek voel my hart teen my ribbes hamer. Ek voel die hitte van agter af om my vou. Dit gebeur stadig. Ek sien my skaduwee oo
Vrouekeur3 min read
OPPINOOT Met
Lance James Liebenberg, geliefd bekend as die “Big Daddy” van countrymusiek, was kindertyd saam met Min Shaw my helde en gewildste sangpaar. Ek onthou die fliek Danie Bosman (met Min Shaw en Franz Marx, wat met Lance se sangstem gesing het) en die ro

Related