Ontdek jou sielskrag
()
About this ebook
Related to Ontdek jou sielskrag
Related ebooks
Wanneer woorde ontbreek: Hoe om te troos in tye van verlies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsCoach jouself vir die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGeskei En Nie Meer Bang Nie:: Geskei En Nie Meer Bang Nie, #1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHoe om Jouself te Genees, Wanneer Niemand Anders kan nie. Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy stryd met ADHD: Die onsigbare oorlog Rating: 5 out of 5 stars5/5Dink jouself gelukkig: Verander jou denke Verander jou lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSade van Lig Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPaaie van Verlossing en Ander Verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWoorde van Harmonie en Ander Verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Eerste Wet van Sukses en Rykdom: Beheer Jou Emosies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Krag Van Positiewe Verklarings: Elke Dag 'n Nuwe Begin Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOntmoetings met die lewende God: Hoe God ons roep, nuut maak Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDinge wat ons Opgewonde Maak en Ander Stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVesting in Moeilike Oomblikke en Ander Verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy Welstand: Reeks Radiogesprekke Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPower Woman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerfris en Genees Uself deur Meditasie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie waarheid oor verhoudings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOmgaan Met Demone: Verstaan Kliniese Depressie Vanuit 'N Oorlewende Se Perspektief Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBruistablette vir die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWaarom egskeiding 'n moet is Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTien Maniere om Uiteindelike Geestelike, Emosionele en Geestelike Vryheid Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk Sal Nie Doodgaan Nie! Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie hart van 'n wenner Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsFlentermens word heelmens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Groot Waarhede van die Lewe en Ander Verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPaaie van Vryheid en Ander Verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Ewige Plan: Geopenbaar! Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Ontdek jou sielskrag
0 ratings0 reviews
Book preview
Ontdek jou sielskrag - Dr. Hennie J. de Villiers
Ontdek jou sielskrag
Oorwin jou probleme en leef betekenisvol
Hennie J. de Villiers
Tafelberg
Probleme stel ons in staat om verstandelik en spiritueel te groei
M.Scott Peck
Hierdie boek word opgedra aan my kinders, Johann, Marita en Madeleine.
My innige dank en waardering gaan aan my vrou, Elze, vir haar vertroue en ondersteuning in my skryfwerk, asook dat sy dit vir my gun om baie ure ongestoord te skryf.
Ek sê ook dankie vir my kinders aan wie ek die boek opdra, wat my voortdurend inspireer om te skryf.
Verder wil ek dankie sê vir die volgende persone wat ’n belangstelling toon in my skrywe:
My suster Henriëtte van Aarde, Dirk Maree, asook Dolf en Corrie Davel asook Johann Roos.
Baie dankie vir dr. Francois Smith vir die redigering van hierdie boek, nie slegs met uitmuntende taalkunde nie, maar ook met insig en leiding in my denke.
Ook dankie aan my opdraggewende redakteur, Ansie Kamffer, vir haar hulp en leiding om die boek te publiseer.
Inleiding
Liewe leser
Almal van ons ervaar van tyd tot tyd probleme in ons lewe. Soms is hierdie probleme so ernstig dat ons hele lewe daardeur ontwrig word, en sommige van ons voel dan dat dit nie meer die moeite werd is om te lewe nie. Ons staan egter altyd voor ’n keuse: Kry maniere om die probleme te oorwin, of gaan ten gronde.
Verskillende mense en instansies het ons nog altyd probeer help met ons probleme, en in hierdie boek kom die hulp vanuit ’n nuwe terrein in die sielkunde, naamlik die spirituele sielkunde. Dit word so genoem omdat hierin erkenning gegee word aan die spirituele dimensie van die mens, en spesifiek gekyk word na watter rol dit in ons lewe speel. Hoewel baie mense spiritualiteit gelykstel aan godsdiens, onderskryf die spirituele sielkunde nie ’n spesifieke godsdiens se leerstellings nie.
Die fokus val in hierdie boek op die rol van die siel in die mens se lewe. Die uitgangspunt is dat die siel ’n spirituele entiteit is wat oor vermoëns beskik wat die mens in staat stel om sy probleme te oorwin. As sielkundige het ek hierdie siening in my praktyk nagestreef en dit het inderdaad mense in staat gestel om hul probleme te oorwin.
Die boek is nie ’n akademiese verhandeling vir hoogs geleerde mense nie, en is so geskryf dat almal dit sal kan verstaan en die riglyne hierin prakties in hul lewe sal kan toepas. Daarom kan jy die boek as ’n handleiding gebruik vir die hantering van jou probleme, maar dit kan ook aangewend word vir besprekings in studiegroepe. Ek glo die boek sal jou help om die probleem waarmee jy tans worstel te oorwin.
Hennie J. de Villiers
1
JOU WARE SELF
’n Woord vooraf
Die uitgangspunt van hierdie hoofstuk is dat die lewe vol kontraste is. Dit is hoekom die lewe nie slegs vol genot is nie en daar altyd pynlike probleme bestaan. In die kontras tussen siel en liggaam is die standpunt dat jy ’n siel is – dit is jou ware self. Jou ware self is die teenpool van jou liggaam, wat jou fisieke self is. As siel beskik jy oor vermoëns waarmee jy jou probleme kan oorwin, maar jy is in ’n voortdurende tweestryd met jou fisieke self, wat jou wil verhinder om jou probleme te bowe te kom.
In dié hoofstuk word ook verduidelik dat daar nuwe sienings is oor wie God is, maar dat dit uiteindelik slegs God is wat jou in staat stel om oor jou fisieke self te heers. Jy moet vasstel wat die unieke betekenis van jou lewe is en daardie betekenis verwesenlik. Jy kan dit net doen indien jy die probleme oorwin wat in die pad staan van ’n betekenisvolle lewe.
Die lewe se kontraste
Een van die belangrikste kenmerke van die lewe is dat dit uit kontraste bestaan. Hierdie kontraste is nie slegs fisiek van aard soos byvoorbeeld lig en duisternis, warm en koud, of dag en nag nie; ook niefisieke kontraste bestaan soos liefde en haat, of glo en twyfel. Hierdie boek gaan veral oor die kontras tussen siel en liggaam.
’n Kontras wat ons almal raak, is pyn en genot. Naas die dinge wat ons genot gee, is daar dinge wat ons pyn aandoen. Een van die dinge wat pyn veroorsaak, is ons probleme.
Elkeen van ons ervaar gereeld die een of ander pynlike probleem. Daar is altyd iets wat uit die bloute in ons lewe gebeur wat vir ons ’n probleem meebring, soos byvoorbeeld ’n ongeluk van die een of ander aard, ’n ernstige siekte, ’n liefdesverhouding wat verbreek word, ’n egskeiding, ’n kind wat die pad byster raak, ’n sakeonderneming wat misluk, ’n finansiële krisis, ’n afdanking en baie ander dinge. Ook ouderdom gaan met probleme gepaard. Al meer mense het deesdae ook die probleem dat hulle voel die lewe is doelloos en depressie kom toenemend voor.
Alles is relatief
Hoekom bestaan die lewe uit kontraste, en waarom moet ons dus benewens genot ook pyn ervaar? Die antwoord hierop is dat alle dinge relatief is. Met ander woorde geen ding bestaan op sy eie nie, dit bestaan in verhouding met sy teenoorgestelde. Dit is belangrik dat jy jou sal vergewis van wat dit beteken dat alle dinge relatief is. (Sien die Addendum vir ’n uiteensetting hiervan.)
Die kontraste van die lewe is vir ons ’n leerskool, omdat kontraste ons in staat stel om dinge in die lewe te ervaar. So byvoorbeeld ervaar ons liefde in verhouding met dinge soos vrees, haat en vergelding, en andersom. Ons kan eers werklik ervaar wat dit behels om te glo wanneer ons weet wat dit is om te twyfel. Ons kan ook eers die ware aard van iets opbouends leer ken nadat ons iets destruktiefs ervaar het. Die genot van die lewe word ook relatief tot die pyn van probleme ervaar.
In hierdie leerskool kry ons ook insigte. Omdat alles uit kontraste bestaan, kan ons ’n insig kry in wat die teenpool van elke ding behels. So kan ons ’n idee vorm van wat die siel is, omdat dit die teenpool is van ons liggaam, wat aan ons goed bekend is. Die ervaring van kontraste help ons om met ons selfontwikkeling vooruitgang te maak.
Die voordeel van probleme is dat dit jou na maniere laat soek om dit te oorwin. Dit laat jou spontaan uitroep: God, help my!
Daarmee soek jy nie net na God om jou te help nie, maar ook na vermoëns in jouself om die probleme te bowe te kom. Sodoende ontdek jy jou sielsvermoëns. Wat hierdie vermoëns is en hoe jy dit kan inspan om jou probleme te oorwin, vorm die kern van hierdie boek.
Ons reaksie op probleme
Mense het verskillende reaksies wanneer hulle pynlike probleme ervaar. Baie kan nie aanvaar dat hulle ’n probleem het nie, en sommige voel dat die lewe teen hulle is. By talle is daar die verwagting dat die lewe net voorspoed en genot vir hulle moet verskaf; hulle voel hulle het die reg op ’n lewe sonder probleme. By ander is daar die neiging om probleme te ontken, omdat hulle nie die pyn daaraan verbonde wil beleef nie.
Miskien is die bestaan van probleme vir jou onaanvaarbaar en nie regverdig nie. Miskien kan jy nie vrede maak daarmee dat jy tans in ’n ernstige probleem vasgevang sit nie. Dit is selfs moontlik dat jy God daarvoor verwyt. Jy verwyt God dalk ook vir die pynlike probleme van miljoene mense as gevolg van dinge soos armoede, hongersnood, aardbewings, oorstromings, oorloë, pandemiese siektes of terrorisme.
Baie mense is deesdae in opstand teen God oor die probleme op hierdie planeet. Hulle vra hoekom God dit toelaat. Baie draai dan ook hul rug op God en sê daar bestaan nie ’n God van liefde nie. Hulle verwag van God om die pynlike probleme op hierdie planeet weg te neem omdat hulle slegs ’n lewe van genot wil hê. Hulle wil dit nie aanvaar dat alle dinge relatief is nie en dat die genot van die lewe bestaan in verhouding met pynlike probleme nie.
Jou uitdaging is om die werklikheid van die lewe te aanvaar, naamlik dat probleme ’n onvermydelike deel daarvan is. Dan sal jy nie meer teleurgesteld en opstandig wees wanneer jou lewe vol probleme is nie. Jy sal met ander oë daarna kyk en probeer vasstel wat jy daaromtrent kan doen. Jou probleme hoef jou nie te oorweldig en te vernietig nie. Jy kan ’n effektiewe lewe lei waarin jy jou probleme oorwin.
Deur die eeue heen was daar nog altyd vir die mens hulp en raad oor wat hy kan doen om sy probleme te oorwin. Hierdie boek bied hulp aan vanuit ’n nuwe oord, ’n nuwe benadering in die sielkunde wat tans sy beslag kry.
Die spirituele sielkunde
By vele sielkundiges in die Westerse wêreld is daar deesdae die neiging om ’n holistiese benadering te volg. Dit behels onder meer dat aanvaar word dat die mens oor ’n spirituele dimensie beskik, en die rol van hierdie dimensie word deeglik uitgestippel. In die tradisionele sielkunde is die spirituele dimensie nog altyd verwaarloos, maar vanweë die klem op spiritualiteit in die nuwe benadering word dit die spirituele sielkunde
genoem. (Sien die Addendum vir die redes vir die ontstaan van hierdie nuwe benadering.)
Hierdie boek is geskryf in navolging van die beginsels van die spirituele sielkunde, maar dit is belangrik om daarop te let dat die siening van spiritualiteit nie dié van ’n spesifieke godsdiens is nie. Wat wel hier gehuldig word, is die opvatting dat die mens oor ’n onsterflike spirituele entiteit beskik, wat die siel genoem word, en dat dit die siel is wat die mens in staat stel om sy probleme te oorkom.
In die tradisionele sielkunde word hierdie opvatting van die siel nie in ag geneem nie. Daar word wel van sielkunde gepraat, ’n term wat die indruk skep dat die siel as spirituele entiteit wel ter sprake is. Die woord sielkunde
is egter tradisioneel net ’n ander benaming vir psigologie
; die woord psige
is net met die woord siel
vervang, omdat siel en psige as sinonieme beskou word. Die term psigologie
verwys na die wetenskap van die psige en is ’n oorblyfsel van die spekulatiewe psigologie waarin die psige as die draer van alle bewuste