SARIE

‘TWEKA’ JOU PERSOONLIKHEID

OM TE WEET

Jy hoef nie vir ewig die een te wees wat nooit haar mond tydens ’n vergadering oopmaak nie. Of dalk die persoon wat vasklou aan haar eie sieninge. Jy kán jou oopstel vir nuwe ervarings en selfs meer van ’n ekstrovert word as jy sou wou.

Navorsers glo nie meer, soos teoretici in die 1800’s, asook die bekende sielkundiges Sigmund Freud en Carl Jung of die ontwikkelaars van die Myers Briggs-persoonlikheidstoets in die twintigste eeu, dat persoonlikheid as kind vasgelê word en dan in marmer gegiet is nie.

Nuwe wetenskaplike data dui daarop dat ons wel ons persoonlikheid kan tweak, oftewel aanpas. Navorsers was geprikkel deur ’n bevinding wat in 2014 in die Journal of Research in Personality gepubliseer is: Daarvolgens is tussen 87% en 97% van ons ontevrede met ons persoonlikheid. Dié verrassend hoë syfer het tot talle nuwe studies gelei.

Maar hoekom sou ons dit wou verander?

Omdat die Groot Vyfpersoonlikheidstrekke wat ons emosies en gedrag bepaal – pligsgetrouheid en toewyding, openheid tot nuwe ervarings, emosionele stabiliteit (pleks van neurotisisme*), ekstroversie en ook inskiklikheid – verband hou met verhoudingstevredenheid, akademiese

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE3 min read
Ons Wêreld
Megaster Taylor Swift het al 14 Grammy-musiekpryse gewen. By vanjaar se glansryke toekenningsaand was sy ook die onbetwiste mode-wenner. Haar verskyning op die rooi tapyt – in ’n wit Schiaparelli-rok en lang swart handskoene – het die meeste sosialem
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related