Huisgenoot

WANNEER ‘SLEG’ GOED IS VIR JOU…

HOE vaar jy met jou Nuwejaarsvoornemens? As jy reeds besgegee het, weet net jy is nie alleen nie. Maar dit kán ’n goeie ding wees. Dalk moet ons eerder as om skuldgevoelens vir motivering te gebruik ons slegste gewoontes tot ons voordeel inspan. Om luier, minder aandagtig, ongeorganiseerd en stadiger te wees kan ons dalk meer suksesvol, produktief en gelukkig maak. Doen dit so.

WEES LUI-LUI BRILJANT

Kendra Adachi, ’n podsendingaanbieder en skrywer van The Lazy Genius Way, is ’n kenner van produktiwiteit wat nie regtig daarop fokus om mense meer produktief te maak nie. Sy stel eerder daarin belang om ons te help uitpluis presies watter dinge in ons lewe vir ons saak maak, en hoe ons dit goed kan doen, terwyl ons lui is – op ’n slim manier – oor alles anders waarvan ons minder hou, soos wasgoed of kos maak.

Ons moet ons lewe so organiseer dat dit ’n weerspieëling is van wat werklik vir ons belangrik is, sê sy, eerder as wat vir ons ouers, kollegas, vriende of bure belangrik is. Dan moet ons die ander dinge laat vaar, selfs wanneer dit sosiaal ongemaklik is.

Vir Kendra was een voorbeeld hiervan om te aanvaar dat sy nie die soort ma sou wees wat uithelp by haar jong kinders se skool nie, maar die soort

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Huisgenoot
REDAKSIE 021-406-4552 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEURS Cyril Blackburn, Suzaan Hall EINDREDAKTEUR Hugo Loubser PRODUKSIEREDAKTEUR Marius Visser INHOUDSREDAKTEURS Deon Lamprecht, Johannes de Villiers, Susan Samuel TEKSREDAKTEURS Brenda Pienaar,
Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee

Related