Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Geskei En Nie Meer Bang Nie:: Geskei En Nie Meer Bang Nie, #1
Geskei En Nie Meer Bang Nie:: Geskei En Nie Meer Bang Nie, #1
Geskei En Nie Meer Bang Nie:: Geskei En Nie Meer Bang Nie, #1
Ebook296 pages3 hours

Geskei En Nie Meer Bang Nie:: Geskei En Nie Meer Bang Nie, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Het u al deur 'n egskeiding gegaan? Vra jouself af wat u toekoms sal nadat u trou beloftes van "Ja ek sal" verander het in "Ek sal nie" saam met die verlies van al die drome wat nooit vervul sal word nie? Geskei En Nie Meer Bang Nie: Emosionele Ondersteuning vir die Nuut Geskeide is die eerste boek van 'n trilogie geskryf om lesers te help met post-egskeiding sake terwyl u ook bemoediging verskaf word wat u sal benodig soos wat u aanbeweeg.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJul 21, 2021
ISBN9781667407784
Geskei En Nie Meer Bang Nie:: Geskei En Nie Meer Bang Nie, #1

Related to Geskei En Nie Meer Bang Nie:

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Geskei En Nie Meer Bang Nie:

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Geskei En Nie Meer Bang Nie: - T asher

    Inhoudsopgawe

    Om Te Probeer Sin Maak Uit Dit Alles

    Voorwoord

    Hoofstuk 01: Jy’s Geskei: Die Wêreld Het Nie Tot ‘n Einde Gekom Nie

    Leef U Lewe Sonder Vrees

    Om Te Floreer na die Egskeiding

    ‘U’ kom voor u ‘X’

    Die Geselskap Waarin U is

    Woorde kan of Skade Aanrig of Genees

    Skep ‘n Nuwe en Verbeterde Jy

    Egskeiding Kan ‘n Avontuur van Geloof Wees

    ‘n Blik op Uself Na ‘n Egskeiding is Vreesaanjaend

    Vrae Wat Net U Kan Antwoord

    Vir Elke Afbreuk Is Daar ‘n Deurbraak

    Hoofstuk 02: Neem Tree Vorentoe Met Die Lewe Na ‘n Egskeiding

    Lesse Geleer Uit Egskeiding

    Hierdie Is U Terugkeer

    Is u ‘n Aasvoël of ‘n Suikerbekkie?

    Drie Tipes Trane

    Hoop en Krag Sal Jou Dra

    Hoofstuk 03: Stuur Egskeiding Mense Hel Toe?

    Sondige Daad?

    Het God Die Geskeide Lief?

    Egskeiding Is Hel

    Maak-My-Oor Gebed

    Hoofstuk 04: Versnel U Genesing

    Om te Rou oor die Verlies

    Ween Vir Genesing

    Versterk U Gemoed

    Foute om te Vermy

    Moenie Slegte Kommentaar Waarde Gee Nie

    Dinge Wat Mense Sê Aan Geskeide Mense

    Rou Op U Manier Op U Tempo

    Ek Gee Oor & Laat Gaan

    Hoofstuk 05: Om oor U Eks Te Kom

    Koel die Brand Gevoel ‘n Bietjie Af

    Die Boodskap Begin by My

    Hoofstuk 06: Leer oor die Realiteit van Mishandeling

    Die Siklus van Geweld

    Nadat ‘n Narsissistiese Verhouding Verlaat Is

    Projeksie

    Verwyder Uself Uit Verbale Mishandeling

    Hoovers en Hoovering

    Twee is Goed; Drie is ‘n Skare: Voorkom Driehoekvorming

    Gasbeligting

    Sosiopatiese Speletjies

    Totsiens Mede-Afhanklikheid

    Prins of Prinses Sjarmant

    Skep Grense

    En Toe Vlieg Ek Steeds

    Hoofstuk 07: Ontrouheid

    Wat tel as Verneuk?

    Verneuk en die Impak Daarvan

    Is Biologie die Rede vir Ontrouheid

    Die Verraaide Eggenoot

    Die Verneuker

    Genesing na Owerspel

    Hantering van Gedagtes vir die Een Wat Agterbly

    Minimaliseer Toekomste Moontlikhede vir Owerspel

    ‘n Geldjie Verlore

    ‘n Verhouding Om Te Onthou

    Hoofstuk 08: Vergifnis is Essensieel vir Ware Liberasie

    Wat Vergifnis Nie Is Nie

    Wat Is Meer Waardevol?

    Wat Is Vergifnis?

    Twee Tipes Vergifnis

    Begin Vergewe

    Na Aanbeweging, Kies om Vorentoe te Beweeg

    Vergifnis Is Nie Beperk tot Vergewing Van Ander Nie

    Bemagtig Uself

    Die Grootsheid van om Net Te Wees

    Hoofstuk 09: Beweeg Vorentoe

    U Kan Na Uself Kyk

    Tekens Dat U Genees Het

    Keer U Eks Om U Skuldig Te Laat Voel

    Geloof Sal Vrees Wen

    Die Lewe Is ‘n Legkaart

    ‘n Japanese Vaas

    ‘n Vreemdeling is ‘n Toekomstige Vriend Wat U Nog Nie Ontmoet Het Nie

    U Is Nooit Te Oud Om Die Sade Van U Drome Te Plant Nie

    Refleksie Tyd

    Wat My Gehelp Het

    Die Offisiële God-Alleen-Weet Gedig

    Oor Die Outeurs

    Kontakte en Skakels

    Emosionele Ondersteuning

    Vir Die Nuut Geskeide

    ––––––––

    Deur Tasher

    Gedigte deur Tony Haynes

    Voorwoord deur Justin Nutt, LSCSW, LAC

    Kopiereg © gehou deur Tasher & Tony Haynes

    Geskei en Nie Meer Bang Nie!

    Emosionele Ondersteuning Vir Die Nuut Geskeide

    Deur Tasher & Tony Haynes

    Vertaal Deur Marlette Taljaard

    ––––––––

    Gedruk in die Verenigde State van Amerika

    Geredigeer deur Xulon Press

    ISBN 9781498465854

    Alle regte is gereserveer vir die outeur alleenlik. Die outeur waarborg alle inhoud is oorspronklik en maak nie inbreuk op die wettige regte van enige ander persoon of werk nie. Geen deel van hierdie boek mag in enige vorm hervervaardig word sonder die toestemming van die outeur nie. Die menings wat in hierdie boek uitgedruk word is nie noodwendig die publiseerder s’n nie.

    Tensy andersins aangedui, is Skrif aanhalings geneem uit The New International Version (NIV). Kopiereg © 1973, 1978, 1984, 2011 deur Biblica Inc.™.Gebruik met toestemming. Alle regte is gereserveer. www.xulonpress.com

    Aan my kinders en kleinkinders, dankie vir al julle liefde en ondersteuning. Om in julle oë te kon kyk het my krag gegee om elke stap vorentoe te kon neem omdat ek gesien het julle glo in my en ondersteun my wanneer ek oomblikke van self vertwyfeling gehad het. Onthou altyd, ek is lief vir julle tot by die maan en terug na oneindigheid. Julle is die liefde van my lewe en my rede om te wees!

    ‘n Spesiale dank aan Tony Haynes en Justin Nutt vir julle spesiale vriendskap en sagte stampies in die regte rigting wat my gehelp het om vorentoe te beweeg, persoonlik en professioneel. Woorde kan nie uitdruk hoeveel julle twee my gehelp het met julle bydraes om hierdie boek en webblad te maak wat dit vandag is.

    Voel vry om vinnig deur die hoofstukke te blaai wat op u situasie van toepassing is in die volgorde wat u verkies. Terwyl u die boek lees, dink vir wie u die boek wil gee. Sit hulle name op ‘n plakker-nota en plak dit op die bladsy. Wanneer u die boek klaar gelees het en nie meer die boek benodig nie, gee dit vir daardie persoon. Gee met liefde en met die intensie om te laat gaan.

    ‘n Spesiale dank aan die terapeut en kliniese outeur Justin Nutt, LSCSW, LAC wat gekonsulteer het as tegniese adviseur vir die reeks. Om seker te maak alles wat voorgestel is in die boek is akkuraat en is kwaliteit materiaal om die leser te assisteer met die leer van vaardighede om te genees terwyl ons onthou dat elkeen van ons ‘n ekspert is op ons eie lewe..

    Hierdie boek is ook opgedra aan elkeen van julle wat geskei is. Ek het u pyn ook gevoel. Dit was U ervaring en niemand anders kan dit etiketteer nie. Die lewe het geen waarborge nie. Ek het geleer deur die skool van harde klappe hoe om die suurlemoene wat die lewe na my kant toe gooi te vat en dit in pikante suurlemoen sorbet te verander. Jy kan ook!

    - Tasher

    Om Te Probeer Sin Maak Uit Dit Alles

    Net om te probeer sin maak uit dit alles,

    Eers het ek dit geanaliseer, toe het dit my ingehaal,

    En dit het my uitgeslaan van ‘n hardloop  - na ‘n loop – toe ‘n kruip;

    Maar nou Verleë het ek myself versmaad.

    Nou op geen manier kon ek sin maak uit my val

    Of begin om dit te regverdig nie, so ek het stil daar gesit

    Totaal oortuig ek het ‘n muur geslaan

    Alle klein dingetjies het ek deurgesif...

    ... Steeds maak dit geen sin nie.

    -  Tony Haynes

    Voorwoord

    Vir baie, is skei een van die gevreesde dinge wat hulle aan kan dink. Oor daardie rede, ignoreer mense eenvoudig die moontlikheid dat dit kan gebeur, of hulle nou uit ‘n familie kom waar egskeiding ‘n alledaagse ding is of as daar nog geen egskeidings in die familie was nie.

    Daar is twee groot waarhede wanneer dit kom by huwelike en egskeidings. Die eerste is dat geen twee mense wat verlief is en sal sê Ja, ek sal met die verwagting dat hul huwelik sal eindig in die skeihof nie. Die tweede waarheid is dat maak nie saak of u ‘n man of vrou is nie, maak nie saak of u een jaar of dertig jaar getroud was nie en maak nie saak hoe goed jy geleerd is, wat u professie is, of u ouderdom nie, wanneer dit verby is sal jy dieselfde vraag vra: Wat nou? As ‘n terapeut in privaat praktyk het ek met honderde mense gewerk na ‘n egskeiding en elkeen van hulle het daardie vraag gevra.

    Wat Nou? Die vraag is een wat deurtrek is met vrees omdat die toekoms nou anders is van dit wat verbeel is. Die toekoms is gevul met die onbekende, en die onbekende is gereeld die mees gevreesde ding wat ‘n mens aan kan dink omdat ons nie weet wat om te verwag nie. Selfs wanneer ons verstaan dat die egskeiding nie ‘n resultaat was van ‘n ongesonde huwelik nie, beteken dit nie dat die benoudheid en vrees van die egskeiding minder is nie; vrees en benoudheid kan selfs vererger as ons onsself laat abdikeer na ‘n lewe wat ongesond en ongelukkig is bloot omdat dit die enigste manier is waarmee ons kan uithou met die huwelik.

    ‘n Ander vraag wat ek gereeld hoor is, Wat het gebeur? Na egskeiding, kan ons dalk ‘n gevoel van mislukking voel wanneer ons die verhouding ondersoek wat nou in die verlede is. Die interessante ding is dat beide hierdie vrae – Wat nou? en Wat het gebeur? – gebaseer word op dieselfde emosie: vrees. Wat ons na ‘n egskeiding moet doen is om te leer om eers die vrees te omhels en dan te laat gaan, beide die vrees van mislukking en die vrees van die onbekende.

    Terwyl egskeiding een van die vreeslikste dinge is wat baie van ons ooit sal deurgaan, is daar iets wat belangriker is om te onthou oor egskeiding wanneer u daarmee gekonfronteer word: Ons kan ons struikelblokke oorkom omdat alle lewe die bekwaamheid besit om te oorkom. Die bekwaamheid om te oorkom is die sleutel vir ons as mense. Vir meeste diere en plante is oorlewing en herprodusering die enigste belangrikste goed in die lewe, maar vir die menslike ras, vir ons, ek en u, is die lewe nie net oor oorlewing nie maar oor ons bekwaamheid om te leer, oorkom en floreer na ‘n trauma.

    Henry Ford het eenkeer gesê, Mislukking is die enigste geleentheid om met meer intelligensie weer te begin. Dit is so waar vir egskeiding as wat dit enige ander strewe in die lewe is, maar ek sal sê dat hierdie bewering deur Ford meer insig inhou as wat op die oppervlakte wys. Die waarheid is dat die enigste ware mislukking voorkom wanneer ons misluk sodat ons kan leer uit die verlede. Elke mislukking is blootweg ‘n trappie na ‘n groter sukses, maar daardie trappie is van geen waarde nie as ons vrees toelaat om ons baas te raak in plaas van om ons in staat te stel om vrees se baas te raak.

    Terwyl die prentjie wat meeste van ons het van egskeiding donker en van bleek seë in die nag is, is die waarheid dat dit ‘n kans is om wakker te skrik in die wêreld en dit te groet met die hoop vir die toekoms en ‘n nuwe reis wanneer ons na die lewe kyk en sê, Goeie more wêreld. Hier is ek om die dag te oorwin, geskei en nie meer bang nie.

    Justin Nutt, LSCSW, LAC

    Outeur van The Good Guy, the Bad Guy, and the Ugly Truth

    Stories of Survivors: Stories from those who have overcome abuse

    Hoofstuk 01: Jy’s Geskei: Die Wêreld Het Nie Tot ‘n Einde Gekom Nie

    Leef U Lewe Sonder Vrees

    Elke liewe dag breek splinternuut vir ons. Vandag kan die dag wees wat jy heeltemal nuwe keuses maak. (Ja, dit is!) Eerder as om te wag vir die perfekte dag of tyd, is nou die beste kans wat u het om oor te begin en alles reg te maak. Regtig, dit is! So hoekom wag? Hoe gouer jy terug op die regte pad kom, hoe gouer gaan u u doel bereik.

    Die lewe na ‘n lang verhouding eindig is moeilik (net ‘n klein onderstatering). In die begin was ek net nog ‘n dame sonder liefde. Ek was getroud vir oor die twintig jaar met dieselfde persoon en dit het tot ‘n skielike einde gekom een dag – op ons huweliksherdenking, kan jy glo. Dit was ‘n aaklige manier om ‘n huwelik te eindig. Nadat ek tyd geneem het om my wonde te lek, het ek weereens my baie optimistiese self geword. Ek het my weg gevind deur egskeiding se nadraai deur positief te bly, altyd my kinders eerste te plaas en te fokus op my vryheid om positiewe keuses vir myself te maak as ‘n resultaat van my eegskeiding

    Soos met alles in die lewe, is daar goeie en slegte dae wanneer jy besef jy is besig om te skei. Selfs as die egskeiding goed gaan, word jy steeds geforseer om oor u voormalige eggenoot te rou en te leer om sonder daardie persoon te leef in die groot lewens besluite wat geneem moet word en selfs sommige van die kleiner dag tot dag besluite. Rou is ‘n belangrike deel van die proses wat u sal help om aan te beweeg.

    Deel van die rou sal inhou om terug te kyk na die hele verhouding. Die begin van my verhouding was magies. Ek het uit die bed gespring elke oggend, gelukkig en dankbaar vir alles wat ek het, het die gordyne wyd oopgetrek en hardop gesê Goeie More Wêreld! Nou dat ek terugkyk, was ek so behaag met alles rondom my, insluitend my verhouding, omdat ek in staat was om alles waarvoor ek lief was te kon doen. Ek het vooruit gegaan in my werk as ‘n distrik bestuurder vir GM Onderdele. Ons huis was gevul met musiek en lag. Ek was getroud met ‘n fantastiese persoon wat toegewyd was aan God, ons gesin en ons land – hy was ‘n Verenigde State Lugmag studente loots. Toe ons kinders jonk was en ons nog gelukkig was. Ons was mal oor reënerige dae en die kinders het geweet ons sou uiteindelik in die reën gaan dans en in plasse spring. Geleidelik het al hierdie dinge na die kant toe geskuif.

    Ons het ons oppe en affe gehad, net soos enige huwelik, maar hy was altyd my beste vriend. Ek kan nie die presiese oomblik onthou toe dit gestop het nie, maar dit was ‘n geleidelike maar bestendige afdraande. Ek was minder van myself en het net ‘n mens geword wat my man hanteer soos wat hy ietwat bisarre geraak en ‘n moeilike mens geword het om mee saam te leef. Terwyl die einde van ons huwelik ‘n stadige proses was, in sekere opsigte het dit gevoel dat geluk net tot ‘n skreeuende halt gekom het. Dit het regtig begin om hard aan huis te slaan terwyl my man verder en verder van my af gedryf het en minder belê het in my, die kinders en die huwelik. Die musiek en lag was vervang met seermaak sêgoed of stilte. Al my aktiwiteite, stokperdjies en geluk het net verdwyn.

    Ek het besluit om die teuels in my hande te neem en het met my man gaan sit en praat oor ons huweliksprobleme. Ek wou gerusgestel wees dat dinge in ons huishouding weer sal beter word. Ek het gehoop ons kon ‘n verpligting skep om beter eggenote te wees, wat sou help om ‘n huishouding te skep waar ons kinders gelukkig kon groot word. Ek het die duidelik gemaak dat daar dinge was wat ek nie meer sal toelaat nie as dit sou aanhou gebeur. Ek reken ek het probeer om water uit ‘n klip te druk want sy besluite was reeds gemaak.

    In plaas daarvan om by verandering te hou vir die beter, het my man op dieselfde paadjie gebly, my gekritiseer of my bestaan geïgnoreer. Gedurende die laaste ses maande van ons huwelik het my eks net een mooi sin vir my gesê.  Hy het gevra, Wil jy die kleinkinders optel by die skool vandag? Ek was geskok om te hoor daar was weer vriendelikheid in sy stem. Op daardie tydstip het ek gedink sy woede was besig om te smelt en dat dinge gaan begin beter word. Onmiddellik nadat hy by die huis aangekom het het ek besef versoening gaan nie gebeur nie. Sy oë was gevul met haat en terwyl hy verby my geloop het het hy na my algemene rigting gespoeg. Uiteindelik het ek besluit dat separasie die beste idee was. Hy wou nie ‘n separasie hê nie (verrassing, dit was nie sy idee nie so dit was nie ‘n goeie idee nie) want hy het gevoel ‘n egskeiding was die beste oplossing. Ek het agtergekom ek het nie regtig iets gehad om met hom oor te stry nie. Ek het een voet voor die ander gesit en het na my toekoms toe geloop. Dit is die storie van hoe ek die einde van my huwelik hanteer het en die einde van my vrese.

    Sonder twyfel het ek geweet dat om die breuk te oorbrug na ‘n nuwe lewe na die einde van ‘n lang verhouding gaan baie moeilik wees. Nadat ek getroud was met dieselfde persoon vir die beste jare van my volwasse lewe, moes ek weer van voor af begin wat ‘n totale skuif in my denkwyse en aksies gevra het.

    Hierdie skielike alterasie in my lewe was beide goed en sleg. Aan die negatiewe kant was ek seergemaak omdat ek iemand wat ek liefgehad het verloor het, iewers deur die jare het dit net weggeraak. Aan die positiewe kant is ek nou heel selfversekerd in die keuses wat ek maak (moet my nie op ‘n slegte dag vra nie), aangesien ek soveel gelukkiger is. Ek het nie meer nodig om soveel van myself weg te gee terwyl ek probeer om die eiergeel wat reeds gebreek het te heel nie. Trouens, nadat ek oor die einde van my verhouding gerou het, het ek ontdek dat ek wedergebore voel en ek was gereed om my beste te gee om die nuwe, volwasse en post-huwelik ek te leer ken.

    My man se besluit om te skei is wat hy wou gehad het. Ek het absoluut geen keuse gehad nie as om een voet voor die ander te sit na my toekoms nie. Een tree, een asemteug, een lang moment op ‘n slag het ek besluit dit was tyd om weer te begin. Die beste deel van hierdie besluit was die besef dat om die prioriteit van die lewe te verander meer saak maak as wat jy sou dink.

    As ek dit kon maak na die ander kant, kan jy ook.

    Om Te Floreer na die Egskeiding

    Het jy al ooit by jou self gedink, O my genade, hoe het dit gebeur? Hoe het ek hier gekom? Om deur egskeiding te gaan is nooit maklik nie en of dit u idee was of nie, u het tyd nodig om te genees. Dit is baie pynlik en moeilik genoeg as u die een was wat geloop het, of selfs as beide van julle saamgestem het dat egskeiding die beste opsie is. Hoe ook al, dit kan selfs nog moeiliker wees as u dit nie sien kom het nie. Dit kan ‘n maalstroom van emosies veroorsaak. U mag dalk letterlik verstom wees of selfs histeries omdat dit ‘n hartbrekende en pynlike ervaring is om uiteindelik uit te loop op ‘n gesin wat uitmekaar geskeur het en verward en kwaad is. Kinders kry seer deur die proses, selfs as dit op die einde beter is vir hulle ook.

    In die aanvanklike skok van egskeiding, veral wanneer mens omkant gevang is, beskerm ‘n mens se brein u deur ontkenning om emosioneel te oorleef. Ontkenning kan u tydelik help om die aanvanklike trauma te absorbeer en die harde gevoel van verraad, desperasie en verwerping. U mag uself vertel, bewustelik en onbewustelik, dat dit nie met u gebeur nie. U mag selfs probeer om uself te oortuig dat u eggenoot net gebluf het en u mag dit vermy om enigiemand anders te vertel dat u maat geloop het omdat u nog steeds in uiterse ongeloof is.

    Ek ken daai gevoel. U wil net deur die gruwelike pyn kom wat u laat voel het dat alles binne u uit geruk is. Die pyn is selfs meer intens wanneer u begin om te probeer om u eie lyding te hanteer terwyl u nogsteeds ‘n sin van normaliteit vir u kinders probeer handhaaf.

    Die wasgoed moet gedoen word, rekeninge moet betaal word, u huis moet skoon gemaak word, daar is werk by die kantoor en u kinders het u nodig. Om deur die dag te kom met al hierdie verantwoordelikhede wanneer u emosioneel uitmekaar geskeur is lyk onmoontlik.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1