Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die waarheid oor verhoudings
Die waarheid oor verhoudings
Die waarheid oor verhoudings
Ebook409 pages4 hours

Die waarheid oor verhoudings

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Is jy ooit geleer dat jy die verhoudings met die mense in jou lewe kan láát werk? Die meeste van ons is deur ons ouers en leermeesters gelos om maar self op die “probeer-en-tref”-manier ons weg oor die slaggate te vind. 'Die waarheid oor verhoudings' is ’n praktiese gids wat jou waardevolle vaardighede sal leer om jou verhoudings met jou lewens-maat, familie, kollegas en vriende te verbeter en vernuwe. Die kliniese sielkundige Stefan Blom deel wenke wat hy in sy 20 jaar as verhoudings-terapeut versamel het. Deur talle gevalle-studies wys hy jou hoe jy in voeling met jouself en nader aan ander kan kom. Leer hoe jy gesonde verhoudings kan aanknoop, toksiese verhoudings kan vermy, en liefde, vertroue, seksuele vervulling en intimiteit deel van jou lewe kan maak. Dit is ’n kopskoonmaak-gids tot alles wat van ons mens maak.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 1, 2016
ISBN9780798172110
Die waarheid oor verhoudings
Author

Stefan Blom

Stefan Blom is a clinical psychologist who lives and works in Cape Town, South Africa. He holds a master’s degree from Stellenbosch University. He specialises in relationships and works with couples and individuals who are trying to make sense of their relationships. He has a special interest in the following broad themes: relationship dynamics and patterns, conflict and disagreement, anger management, abuse, trauma, mediation and negotiation, resolution, the processes of connection and disconnection, change, dating, intimacy, affection and sex. Most of his clients are every-day people who feel disconnected and distant from their partners. His work provides practical solutions, direction, relief, movement, greater awareness, understanding and change.

Related to Die waarheid oor verhoudings

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die waarheid oor verhoudings

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom

    Human & Rousseau

    Die uitleg in hierdie digitale uitgawe van Die waarheid oor verhoudings mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.

    Aan my ouers vir die geskenke van bewustheid, kreatiwiteit en waarheid.

    voorwoord

    I am in love and I am lost

    But I’d rather be

    Broken than empty

    Oh, I’d rather be

    Shattered than hollow

    Oh, I’d rather be

    By your side

    First Aid Kit, ‘Shattered and Hollow’

    My woorde voel soos geskenke wat ek moet uitdeel. Dit is die woorde wat ek baie jare lank met paartjies en individue in terapie gebruik het, en wat ek geleer het by mense wat sukkel om sin te maak van hulle verhoudings. Dit is ook wat ek uit my eie verhoudings geleer het. Ek het dié woorde oor baie jare heen neergeskryf – in notaboeke, op my skootrekenaar en selfoon, en op stukke papier.

    Voordat ek saans aan die slaap raak, of terwyl ek met paartjies in terapie gesels, draf, tyd saam met my gesin deurbring of op die strand stap, kom die waarheid oor verhoudings dikwels na my toe soos ’n lig in die donker. Namate ek dié woorde oor die jare neergeskryf of gesê het, kon ek sien hoe dit mense raak en hulle lewe verander.

    Ek hoop my woorde bring vir jou nuwe rigting, idees en bowenal verligting.

    inleiding

    Jou ervaring van jou verhoudings bepaal hoe jy jou lewe ervaar. Dit is ’n eenvoudige waarheid. As jy ’n hegte band met die mense rondom jou het en naby hulle voel, voel die lewe ook goed.

    Hegte bande is die pad na geluk.

    ’n Lewe sonder ware verhoudings is nie ’n goeie lewe nie. Die waarheid is dat ware verhoudings eerlik en heg is – daar is nie ’n ander manier om in ’n verhouding te wees nie. ’n Lewe met hegte, nabye verhoudings is altyd betekenisvoller en ryker.

    Ons is in ons wese vir ware, hegte verhoudings gemaak. Ons basiese menslike aard is gemaak vir saamwees, nabyheid en om ’n tuiste te vind in ons verhoudings.

    Diere en mense hunker na hierdie manier van saamwees, want daarsonder voel ons onvolwaardig en onvolledig. As jy nie ’n hegte band met jou seun of dogter ervaar nie, of as jy verwyder voel van jou lewensmaat, voel jy ongelukkig. As jy net met dinge en plekke ’n band vorm, voel jy nie volwaardig mens nie. Om waarlik gelukkig te wees het ons ware, hegte verhoudings nodig.

    Om hegte bande te vorm en dit te behou is om lief te hê.

    Ons is ontwerp vir ware, hegte bande, daarom is ’n eerlike lewe met hegte bande die enigste manier om te leef. ’n Ware verhouding is ’n eerlike een. Hoe nader jy aan die mense en diere om jou voel, hoe gelukkiger sal jy voel. Om nabyheid te ervaar is geluk in aksie.

    Die enigste soort lewe wat die moeite werd is, is een waar ons eerlike, hegte bande vorm. As ons verwyder of afgesny voel, voel ons verlore en ongelukkig. Daarom soek ons altyd na ware verbintenisse. Ons het ’n behoefte om ’n hegte band en nabyheid te ervaar met die mense wat ons liefhet.

    Ons onthou en koester die oomblikke wat ons werklik met iemand tuis voel en ware nabyheid ervaar. Wanneer ons van die kere praat wat ons regtig gelukkig was, verwys ons na daardie oomblikke wat ons groter nabyheid met onsself en die mense rondom ons ervaar het. Dís die beste oomblikke in ons lewe en die rede is eenvoudig: Hoe nader ons aan onsself en die mense rondom ons voel, hoe gelukkiger voel ons lewe. As jy na ’n kunswerk, jou troeteldier, lewensmaat, tuin of ouers kyk en regtig met hulle kliek en ’n band met hulle vorm, is jy lief vir hulle. In hierdie oomblikke van ware liefde sal jy aangeraak voel, intense emosie ervaar, en sal die lewe vir jou ware geluk bring.

    Ware, hegte verhoudings het die mag om ons gelukkig te maak. Miskien is verhoudings al wat saak maak. Miskien is verhoudings al wat ons eintlik het om ons werklik gelukkig te maak.

    Hoe dikwels jy eerlik is en ’n hegte band met jouself en die mense rondom jou ervaar, sal bepaal hoe jy jou lewe ervaar. Dink ’n bietjie hieroor. Dit is immers vanselfsprekend dat ’n gelukkige lewe ’n eerlike lewe met nabye verhoudings is, en dat dit die enigste lewe is wat die moeite werd is.

    Ons het ’n behoefte om naby te wees aan dit wat rondom ons is, want ’n lewe sonder mense by wie ons tuis voel, sal altyd ongelukkig wees. Die plekke, dinge, mense en diere waarmee ons kliek, en die bande wat ons met hulle vorm, moet eerlik en opreg wees. Ons weet almal dat die bande wat ons ervaar met dinge en plekke glad nie so sterk is soos dié wat ons met mense en diere ervaar nie. Die ironiese waarheid is: Hoe meer besittings jy het, en hoe mooier jou omgewing is, hoe groter sal jou behoefte wees aan mense by wie jy regtig tuis voel. Wanneer ons ons op ’n mooi plek bevind, mis ons daardie mense met wie ons hegte bande het. Dit is hoekom ons ware geluk vind in ons verhoudings met die mense en diere wat ons liefhet.

    Die volgende nege hoofstukke wys hoe enige van jou verhoudings van afstand na ’n hegte band kan beweeg:

    •stappe wat jou voorberei en ’n konteks skep vir eerlike gesprekke;

    •basiese verhoudingsvaardighede wat jy kan gebruik om eerlik en openlik te praat;

    •gevorderde verhoudingsvaardighede wat jou kan help om eerlik te praat;

    •gevorderde verhoudingsvaardighede wat jy in jou moeilikste gesprekke kan gebruik, veral wanneer julle nie saamstem nie;

    •praktiese stappe wat die vertroue in enige van jou verhoudings kan herstel nadat dit verbreek is;

    •oefeninge en gespreksonderwerpe wat julle kan help om weer ’n seksuele en intieme band te vorm;

    •vrae wat jou sal voorberei as jy met iemand wil begin uitgaan, asook lesse vir uitgaan en om nuwe mense te ontmoet;

    •’n eerlike en praktiese gids om jouself lief te hê;

    •’n begrip van wat jy prakties kan doen as jou verhouding voel asof dit naby sy einde is, of as jy ’n gebroke hart het omdat jou verhouding verby is; en

    •vrae wat gereeld opduik, met antwoorde.

    Dié boek is op so ’n manier geskryf dat jy enige onderwerp waarin jy belangstel kan lees. En wie weet, miskien leer jy nog iets oor jouself terwyl jy ’n hoofstuk lees wat jy gedink het nie op jou van toepassing is nie.

    Hoofstuk 1

    gereed vir gesels

    Miskien dink jy jy moet elke keer wanneer jy ontsteld voel, iets daaroor sê, maar die feit dat jy ontsteld is, beteken nie jy moet summier daaroor praat nie. Dit is nodig dat jy eerder daaroor nadink. Ons kan ver kom deur te dink voor ons praat – om te besin voordat ons reageer.

    DINK VOOR JY PRAAT

    Waaraan dink jy? Dink na oor wat jy in jouself en in jou verhouding sien. Fokus eers op jouself en jou verhouding eerder as om altyd na jou lewensmaat te kyk. Voordat jy begin praat en reageer, dink eers na oor wat regtig in jou binneste en in jou verhouding aan die gang is.

    Jy kan nie iets verander wat jy nie kan sien nie.

    As jy nie weet waar jy en jou lewensmaat in die lewe staan nie, sal jy verwyder voel van jouself en die persoon wat die naaste aan jou is. Dit hou gevare vir jou en jou verhouding in as jy nie weet waar jy in jouself en in jou verhouding staan nie.

    WEET WAAR JY IS

    Om naby te wees aan jouself en jou verhouding is om die meeste van die tyd te weet waar jy en jou lewensmaat emosioneel, intellektueel, geestelik, finansieel en seksueel staan. As jou lewe baie besig is, is dit natuurlik nie altyd moontlik om dit alles presies te weet nie. Paartjies en individue wat nie gereeld ’n bietjie selfondersoek doen nie, sal mettertyd van mekaar verwyder raak en probleme ervaar.

    Om nabyheid met mekaar te behou is om te weet waar julle met mekaar staan.

    Wanneer julle verwyder voel van mekaar, is dit belangriker om te weet waar jy is as om te weet wie jy is. Op ’n manier weet ons wie ons is, maar ons weet nie altyd waar ons ons in ons lewe bevind nie.

    Weet jy wat jy in hierdie stadium van jou lewe dink en voel? Weet jy wat jy vir jouself en jou verhoudings nodig het? Weet jy wat vir jou saak maak… wat regtig in jou lewe vir jou belangrik is?

    Weet jy waar jou lewensmaat deesdae is? Weet jy waaroor jou lewensmaat gereeld nadink en wat hy of sy op die hart het? Weet jy hoe dit regtig met hom of haar gaan, en wat hy of sy nodig het?

    As jy nie weet nie, is julle miskien in die moeilikheid.

    Dit is goed om te weet waar ons ons in die lewe bevind. As jy kan sien waar jy is, en waar jou lewensmaat is, voel jy jy word raakgesien en erken. En om gesien en erken te word voel soos liefde. Jy weet wie jy is en wat jou verhouding is as jy regtig kan sien waar jy is, of waar jou lewensmaat is. Wanneer ons voel ons word raakgesien, voel ons geliefd.

    Om te sien en raakgesien te word is om lief te hê en geliefd te voel.

    Vir ’n beter insig in waar jy met jouself, jou verhouding en mekaar staan, werk deur van die volgende vrae.

    Vrae oor jouself

    Een of meer van die volgende vrae kan jou help om oor jouself na te dink:

    •Wat het ek in die lewe nodig?

    •Waar is ek emosioneel, fisiek, finansieel, seksueel of spiritueel?

    •Watter rol speel ek in die ontsteltenisse in my verhouding? Wat dink ek was my bydrae tot die ontsteltenisse in my verhouding?

    •Wat kon ek anders gedoen het wat vir my verhouding sou kon help en dit verbeter?

    •Wat is van my beste bydraes, en waarop is ek trots as dit oor my verhouding(s) gaan?

    •Wat is my bydrae om my verhouding gesond te hou?

    •Wat dink ek is my redes vir hoe ek in my verhouding optree?

    •Wat is my ware bedoelings as dit by my verhouding kom?

    •Wat hoor ek, en watter dinge sukkel ek om te verstaan?

    •Wat probeer ek sê?

    Vrae oor julle verhouding

    Een of meer van die volgende vrae kan julle lei as julle oor julle verhouding wil nadink:

    •Hoe voel dit deesdae om in my verhouding te wees?

    •Van watter ervarings in my verhouding hou ek nie?

    •Watter ervarings verkies ek? Hoe wil ek graag hê moet my verhouding wees?

    •Wat is my bydrae om my verhouding lewendig te hou?

    •Hoe kan ek dit lekkerder maak om in my verhouding te wees?

    Vrae oor jou lewensmaat

    Een of meer van die volgende vrae kan jou help om oor jou lewensmaat na te dink:

    •Wat sien ek wanneer ek na my lewensmaat se optrede kyk?

    •Wat voel en dink my lewensmaat regtig?

    •Wat probeer my lewensmaat eintlik vir my sê?

    •Hoekom dink en voel hy of sy so?

    Wanneer jy oor jou lewe besin, is dit ’n goeie idee om ’n paar notas te maak – in jou kop of regte notas. Jy kan jou gedagtes oor jouself en jou verhouding op jou selfoon of skootrekenaar aanteken, of in ’n joernaal. Om notas oor gedagtes en emosies te maak is vir die meeste mense ’n goeie maatstaf om hulle lewe in oënskou te neem. Op dié manier hoef jy nie jou gedagtes iewers in jou geheue te bêre nie, en sal jy duidelike idees hê van waar jy is.

    SEWE STAPPE NA NABYHEID

    Nadat jy dinge deurdink het, is dit tyd om iets te doen. Jou gedagtes alleen kan nie ware verandering teweegbring nie – jy moet dink én doen. As jy die ervaring van jou verhouding wil verander, moet jy nou tot aksie oorgaan, voordat julle julle liefde vir mekaar vernietig.

    As jy ongelukkig is in jou verhouding, verwyder voel van jouself en die mense wat jy liefhet, en vasgesteek het in ’n vernietigende bakleipatroon, kan jy enige van die volgende sewe stappe (in geen spesifieke volgorde nie) doen om weer ’n hegte verhouding te vorm:

    Stap 1: Stop die skade nou

    Ons was almal al daar.

    Jy kies ’n onderwerp en doen jou bes om jou gedagtes en gevoelens daaroor te deel. Kort voor lank skree julle egter op mekaar, of een van julle stap uit. Op daardie oomblik voel jy selfs nog meer seergemaak en ontsteld; nie een van julle voel die ander een verstaan hom of haar nie. Julle voel nie veilig genoeg om eerlik met mekaar te wees nie. Die atmosfeer is gespanne, soms dae aaneen – totdat jy die moed het om weer te probeer, net om weer dieselfde paadjie te loop. Julle leer om stil te bly en elkeen julle eie lewe te lei. Jy begin jou innerlike gedagtes en gevoelens met vriende of familie deel; die afstand tussen julle word al hoe groter totdat julle soos vreemdelinge onder een dak voel wat net ouerskap deel.

    In sulke tye van afstand soek ons troos. Ons skep ’n vals sin van liefde en intimiteit deur gemaksones te skep. Jy bring meer tyd by die werk of saam met vriende en familie deur. Jy sit jou aande voor ’n skootrekenaar of die televisie om. Julle leer om in dieselfde ruimte te leef, maar vermy dit om regtig enigiets te deel. Dit is waarop dit neerkom wanneer jy jou verhouding in gevaar stel.

    Die meeste paartjies vra vir my hoe hulle dié patroon kan verbreek. Hulle voel verlore, asof hulle vasgehaak het, en weet nie hoe om uit dié groef te kom nie. Hoe kan ons dit regkry om ontsteld te wees én te sê hoe ons voel, maar steeds naby aan mekaar te voel? Hoe kan ons dié aaklige siklus van baklei en stilstuipe verbreek?

    Ingeval julle nie weet hoe om ’n gesprek te voer sonder om mekaar seer te maak nie; dít is nie hoe jy ooit met enigiemand praat nie. Of jy in ’n intieme verhouding is of nie, om so met enigiemand te praat is nie goed vir jou of jou verhoudings nie.

    As jy jou verhoudings seermaak, maak jy ook jouself seer.

    Voordat jy begin praat, verwyder al die maniere van praat wat jou en jou verhouding kan seermaak. Nes jy ’n wond sal skoonmaak voordat jy ’n pleister daarop sit, moet jy jou verhouding van al jou skadelike maniere reinig voordat dit gesond kan word.

    As julle optrede of manier van praat skade berokken, moet liewer niks doen of sê voordat julle geleer het hoe om mekaar met respek te behandel nie. As jy nie kalm en met respek kan praat nie, moenie praat voordat jy gereed is nie.

    Die beste gesprek wat jy kan hê, is ’n gesprek wat die minste skade berokken.

    Die meeste paartjies baklei meer oor hóé hulle met mekaar praat as wát hulle vir mekaar sê. Hoe julle dinge vir mekaar sê, is dikwels baie meer skadelik as wat gesê word. Hoe julle met mekaar praat, sal bepaal hoe julle gesprekke verloop. Hoe gouer julle julle seermaakmaniere van doen laat staan, hoe beter vir julle verhouding.

    ’n Skadelike gesprek is een waarin julle:

    •op mekaar gil of skree;

    •’n skerp of sarkastiese stemtoon gebruik;

    •mekaar name noem of etiketteer (jy is onnosel, belaglik, oorsensitief of mal);

    •mekaar stamp, krap of slaan, of mekaar rondstoot of -trek;

    •deure of kasdeure klap of goed breek;

    •stilstuipe kry en weier om te praat as ’n vorm van straf (passief aggressiewe gedrag);

    •julle liefde en gedagtes van mekaar weerhou, en weier om te praat of belangstelling te wys;

    •vloek;

    •mekaar in die rede val;

    •dreigemente oor julle verhouding maak of dinge sê wat julle nie bedoel nie (Ek doen dit nie meer nie! of Jy sal nog eendag spyt wees!); of

    •veralgemenings maak (Jy doen dit altyd! of Jy doen nooit ’n ding nie!).

    Hoewel ons almal weet ons moenie mekaar so behandel nie, sukkel die meeste paartjies om dinge kalm te hou en met respek op te tree.

    Hoekom praat ons al hoe harder en skree ons op mekaar as ons maar net gehoor wil word? Hoekom baklei ons keer op keer as ons weet dit bring ons nêrens nie? Ek het agtergekom hoe meer ons voel ons word misverstaan, hoe meer verhef ons ons stem. Ons skree om gehoor te word. Ons baklei om raakgesien en verstaan te word, want ons glo as ons mekaar regtig liefhet en respekteer, sal ons lewensmaat ons verstaan en belangstel in ons gedagtes en gevoelens.

    Hierdie lelike, destruktiewe bakleiery laat my wonder: Stel jy nie belang in wat jou lewensmaat regtig dink en voel nie? Is dit so belangrik vir jou om reg te wees dat jy nie jou lewensmaat kan hoor nie? Hoekom hou ons aan om mekaar op so ’n destruktiewe manier te behandel as ons weet dit werk nooit nie?

    Ons baklei vir ons reg om gesien en gehoor te word.

    Ons moet nooit baklei om reg te wees nie.

    Ons weet hoe om te baklei, mekaar seer te maak en ons verhoudings ’n knou te gee. Ek weet nie van jou nie, maar niemand het ooit met my gepraat oor hoe ’n mens praat en nie praat nie, en hoe ’n mens met liefde kan verskil nie.

    Ons probeer desperaat dat ons lewensmaat ons verstaan en raaksien. As jou lewensmaat regtig snap wat jy sê – wanneer jy voel jy word raakgesien – voel jy hy of sy het jou lief en respekteer jou. Op daardie oomblik voel jy weer kalm.

    Hier is die grootste drie foute wat paartjies maak wanneer hulle ’n meningsverskil het:

    Val mekaar in die rede. Die meeste paartjies voel hulle gaan vergeet wat hulle dink as hulle dit nie onmiddellik sê nie. As julle mekaar in die rede val, kry julle verhouding natuurlik ’n nog groter knou. Die vanselfsprekende oplossing is bloot om beurte te maak. Maak aantekeninge as jy bang is jy gaan nie onthou wat jy wou sê wanneer dit jou beurt is om te praat nie.

    Skree en gil. In die klassieke skreesessie sê die een lewensmaat: Hou op om op my te skree!, waarop die ander een reageer: Ek skree nie op jou nie… Ek praat hard. Op ’n snaakse manier was ons almal al daar – ons baklei oor of ons baklei. Wanneer paartjies vir my vra: Dink jy ek skree?, is die antwoord eenvoudig: As jou lewensmaat dink jy skree, is dit skree vir hom of haar. Jy moet jou lewensmaat se ervaring respekteer. Julle hoef nie saam te stem nie, en julle hoef nie daarvan te hou nie, maar jy moet aanvaar dat dit net te veel is vir jou lewensmaat om te hanteer. As jy sy of haar ervaring respekteer, sal jy die volume afdraai. Op ’n skaal van een tot tien kan een persoon miskien ’n volume van drie verduur, en die ander persoon agt – miskien omdat hy of sy Italiaans is!

    Hoe dit ook al sy, jou verdraagsaamheid of sensitiwiteit vir volume of ’n harde stemtoon word bepaal deur hoeveel jy geslaap het, jou hormone, wat jy vir ontbyt geëet het, hoe jou ouers baklei het, en baie ander faktore. Dit is egter ’n eenvoudige waarheid: As jou lewensmaat sê jy praat te hard, dan is dit te hard vir hom of haar. Jy moet dit respekteer en sagter praat. ’n Mens se sensitiwiteit of verdraagsaamheid vir volume moet nooit bevraagteken word nie, maar bloot gerespekteer word.

    Stilstuipe: As julle mekaar vermy of die rug toekeer. Dit is die ander kant van die skree-en-gil-munt. Om ’n gesprek te vermy of stil te bly kan net soveel skade aanrig soos skree en gil; dit is net die stil weergawe. Ná ’n ontsteltenis of meningsverskil weier jy bloot om deel te neem. Jy raak dikmond en nukkerig soos ’n kind, en vermy ’n volwasse gesprek. Die gevoel dat jy in die moeilikheid is sonder dat jy weet hoekom, kan baie pynlik wees. Niemand hou daarvan om dae aaneen in ’n gespanne stilte te leef nie. Die logiese oplossing is om so gou as moontlik te sê wat jy wil sê, eerder as om ’n gedoente daarvan te maak. Wanneer jy ontsteld is, sê wat jy op die hart het!

    Elke verhouding het ’n keerpunt waar jy nie meer kan omdraai nie – ’n punt waar jou skadelike gedrag

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1