Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop
Hykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop
Hykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop
Ebook222 pages4 hours

Hykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hykie Berg is 'n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika vir sy rol in Binnelanders en as wenner van Survivor. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppieshospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateAug 4, 2017
ISBN9780796320568
Hykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop
Author

Hykie Berg

Hykie Berg is in Pretoria gebore en het ook daar skoolgegaan. Hy het drama studeer en was al te sien in reekse soos Egoli, Plek van die vleisvreters en Binnelanders, en rolprente soos Dis ek, Anna. In 2011 neem hy aan die realiteitskompetisie Survivor South Africa deel en wen die reeks. Hykie is passievol daaroor om mense te help wat in verslawing verval het. Hy is getroud met Melissa en bly in Johannesburg.

Related to Hykie Berg

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hykie Berg

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hykie Berg - Hykie Berg

    Hykie Berg

    My storie van Hoop

    Hykie Berg

    Vertaal en verwerk deur Marissa Coetzee

    Lux Verbi

    Ek dra hierdie boek op aan my vrou, Melissa Berg, die Berg-familie, Ihan Hutchinson en Abba Vader.

    VOORWOORD

    Hierdie boek gaan oor hoop; ware hoop. Hoop in aksie. Dit is hoop wat jy as leser, of jy nou ’n verslaafde is of nie, kan kry en gebruik om jou lewe te verander in iets groters, iets beters, iets veel méér. Hierdie boek probeer geensins uitspraak lewer oor die hoeveelheid dwelms, drank, seks, kos, dobbelary of wat ook al jy aan verslaaf is of was nie, ook nie oor hoe sleg jy was of dink jy geword het nie. Dit wys bloot hoe jy uit jou dilemma kan ontsnap en ’n lewe van betekenis kan begin leef.

    Ons almal het ’n storie om te vertel en ek deel graag myne. Daar is net een ding waarin ek, wat my betref, ’n deskundige is – en dis in die wees van my eie ek: Hykie Berg. Vanaf die tydlose oomblikke nog vóór die skepping tot stand gekom het, was daar geen ander skepsel met my siel, my hart, my oë, my ore, my hande, my hare en my mond nie. Daar was niemand soos ek wat voor my gekom het nie en daar sal ook nooit wees nie. Ek is uniek, nes jy uniek is. Niemand het my lewe geleef of gaan dit leef nie; nes niemand jou lewe geleef het of gaan leef nie. Ons ervarings, hoop en kragte is almal uniek en niemand s’n is dieselfde nie. Ek is ’n deskundige in Hykie Berg-wees en dit het waarde, nes jou storie waarde het.

    In hierdie boek fokus ek op my eie jare lange worsteling met heroïen en kokaïen, en die pad wat ek moes stap om tot by sekere insigte te kon kom. Die boek bestaan merendeels uit dele van my eie lewensverhaal wat verweef is met die beginsels van die stappe wat ek gevolg het om van my verslawing genees te word. Beskou hierdie boek as ’n gids om jóú te help.

    Ek glo met my hele wese dat die Twaalf Stappe wat ek hier bespreek en wat wêreldwyd al miljoene mense gehelp het, nie net van toepassing op verslaafdes is nie, maar ons almal. Dit sal enigiemand help wat die intense begeerte het om uit hul verslawing, vernietigende en/of kompulsiewe gedrag te ontsnap. Die verduideliking van die Twaalf Stappe sal as aanwysing dien om jou op ’n pad van herstel, genesing en ’n lewe van oorwinning en passie te plaas.

    Die Twaalf Stappe van Narkotika Anoniem is ’n leefwyse, ’n deurgang tot die dieper geheime wat God aan ons wil openbaar. Dis nie ’n selfhelp-trappie van die een vlak na die ander en woeps! daar is jy presies wie, wat en waar jy moet wees nie. Dis ’n lewenslange proses van beginsels wat toegepas moet word.

    Die beginsels van die Twaalf Stappe kan toegepas word op alle vorme van verslawing of enige vorm van uitdaging: alkoholisme (of dwelm- en alkoholmisbruik), prosesverslawing soos kompulsiewe ooretery en ander eetversteurings, seks- of pornografieverslawing, liefde- of dobbelverslawing, emosionele verslawing, wanfunksionele gedrag sowel as volwassekind-sindroom. As jy in die vernietigende stadium van jou verslawing is, wanneer jy nie meer ’n keuse kan uitoefen oor jou gebruik van jou middels nie en jou lewe totaal onbeheerbaar geraak het, is dit belangrik dat jy na ’n rehabilitasiesentrum gaan. Die boek is nie die kuur nie; persoonlike verantwoordelikheid vir jou keuses en jou lewe is wel.

    Ek skryf met groot respek oor die Twaalf Stappe. As dit nie vir hierdie Twaalf Stappe was nie, sou ek waarskynlik nooit by ’n plek kon uitkom waar ek iets het om voor te leef nie. Ek sou God eenvoudig nie geken het nie en nog minder oor my verslawing kon kom.

    Die Twaalf Stappe is ’n brug wat ons help om ons uitdagings te oorkom sodat ons God kan leer ken. Met God se hulp het ek die betekenis van die Stappe probeer verduidelik sodat jy as leser kan besef wat dit vir my oor die jare beteken het en wat dit vir jou kan beteken. Ek wys ook hoe my begrip van God tydens my genesingsproses verander het.

    ’n Radikale genesingsproses vereis dat jy jou verstaan van God in heroënskou neem. Ons begrip van wie God is, word grootliks beïnvloed en gevorm deur ander mense en hul verstaan van wie God is. Omdat mense feilbaar is, is dit ongelukkig so dat ons deur die kerk en ons ouers wat God dien dikwels ons grootste verwonding opdoen. Daarom distansieer jy jou dan van die naam God wat deur dié groep mense gebruik is wat vir soveel pyn gesorg het. Dan praat jy eerder van Krag/Mag/Universe om jou herontmoeting met, ja God, en jou nuwe verstaan te benoem. Hierdie nuwe begrip is slegs moontlik deur ’n wedergeboorte in die Gees.

    Die Bybel is die gesproke Woord van die Heilige Gees, die fondament en riglyne tot die dieper geheime van wie en wat God is, en wat sy doel vir ons is. Iemand wat nie in die Gees wedergebore is nie, kan nie die koninkryk van God sien nie (Joh 3:3). Om wedergebore te word in die Gees is ’n onmiskenbare werk van God. Dis so geheimsinnig soos die wind, so verbasend soos God Self. Ons het geen benul waar dit begin nie; dit is weggesteek in die diepte van ons persoonlike lewe. Wedergeboorte in die Gees is ’n meerjarige, onophoudelike en ewige begin; ’n varsheid te alle tye in ons denke, ons woorde en in lewe; en die aanhoudende verrassing van die lewe in afhanklikheid van God.

    Vir my is God die begin en die einde, die Skepper van hemel en aarde, my eerste liefde, die bron van al my voorsiening. Hy is die waarheid wat nie gebreek kan word nie. God is my Pa, my Koning, my Redder en my Regter. Deur sy Gees word alles geopenbaar, tot stand gebring en tot sy glorie omskep sodat almal sal weet Hy is die magtige God van Israel. In God vind ek my blydskap.

    Tog was dit nie in my geluk nie, maar eerder in my verslawing en in my pyn waar ek God ontmoet het. My jonger sussie, Magrikie, sê altyd: God laat dít toe wat Hy die meeste haat, en laat dinge reg uitwerk vir dié wat Hy die meeste liefhet.Vandag glo ek dit heelhartig.

    Dit is dikwels in ons pyn dat ons ons roeping vind. Ongelukkig is daar soveel mense wat nooit daardie skaduwees konfronteer nie, en derduisende mense mis hul ware roeping in hul lewe. Baie mense weier om persoonlike verantwoordelikheid vir hul eie wonde en gebrokenheid te aanvaar; sodoende word hul lewe ’n eentonige gestap na nêrens. Vrees weerhou hulle daarvan om na hul eie gebreke te kyk. Mense wil nie met hul stuff deal nie, want dit maak seer en dit onbloot hulle. Om jouself kwesbaar te maak, is baie moeilik en vir niemand lekker nie. Dit verg moed en guts. Jou houding teenoor jou proses van genesing en jou vermoë om jou met ander wat deur dieselfde soort verwonding as jy gaan te vereenselwig, word op die ou einde ’n geskenk vir iemand anders.

    Baie mense vra my: Hykie, hoe kom ’n mens skoon? Daar is nie ’n eenvoudige antwoord nie. Selfs rabbi Abraham J Twerski (skrywer van Addictive Thinking) wat die hoof is van Hazelden Brittanje en geag word as een van die wêreld se voorste kenners op die gebied van verslawing, kan ook nie sê waarom die lig vir sommige mense opgaan en vir ander nie. Dis ’n kombinasie van ’n klomp faktore – elemente wat in hierdie boek bespreek word. Weet wel: Herstel is moontlik. Dit maak nie saak hoe ver jou pad van verwoesting strek nie, solank jy asemhaal, is daar hoop. Daar is altyd hoop.

    Ek beskou hierdie boek as deel van ’n verantwoordelikheid wat ek teenoor myself en my eie daaglikse herstel van my siekte het, maar ook teenoor diegene wat steeds aan die pyn en hartseer ly wat verslawende of vernietigende gedrag tot gevolg het. Die boek sal jou nie net hoop gee nie, maar ook help met lewensbelangrike keuses en besluite wat jou uiteindelik na ’n plek van vryheid – ’n nuwe lewe en nuwe geluk – kan lei.

    Wees dapper en waag die eerste tree.

    DIE BEGIN

    My name is Hykie and I am a recovering addict. So stel ek en duisende verslaafdes oor die hele wêreld hulself voor in die gemeenskap van Narkotika Anoniem (NA). Ons sê "recovering, want ’n mens is nooit recovered" nie. ’n Mens kan skoon kom en ’n wonderlike lewe begin leef, maar ’n persoon met die siekte van verslawing sal nooit, ooit weer dwelms of drank kan gebruik sonder dat dit sy lewe oorneem nie. Jy sal dit nooit kan beheer nie. Die enigste oplossing is algehele onthouding.

    Verslawing is ’n lewensbedreigende siekte, ’n siekte wat nooit ten volle genees kan word nie. Dit kan egter aangepak, hanteer, by die wortel van die kwaad blootgelê en beveg word. Soos iemand eenkeer gesê het, dit is nie die alkohol wat die probleem is nie, maar die alkoholisme, die isme – die siekte wat met alle mag getakel moet word.

    Vandag kan ek sê dat ek uit aktiewe verslawing losgebreek het. Dit was beslis nie ’n maklike pad om te stap nie. Dit was die moeilikste ding wat ek in my lewe moes doen: om van heroïen skoon te kom. Dit was ’n geveg wat ek moes aanhou baklei. Elke keer dat ek geval en ’n insinking gehad het, moes ek maar weer opstaan en van voor af begin. My proses van genesing is iets waaraan ek elke dag moet aandag gee en dit bly die belangrikste aspek van my lewe.

    Die obsessie om dwelms te gebruik verlaat ’n mens wel indien jy doen wat jy moet om skoon te bly. Ek vind ek kan dit alleen doen deur aandag te gee aan my geestesgesondheid en die manier waarop ek my lewe leef. Vandag het ek ’n lewe, wáre lewe. My lewe het ’n doel, ’n rede en ’n rigting.

    Voordat ek ’n verslaafde geword het, was ek ook maar net ’n kind – een wat nodig gehad het om te weet: Ondanks my onstabiliteit en rebelsheid sou ander my nog steeds liefhê en aanvaar soos ek is.

    Ek het soos baie kinders gevoel ek pas net nie in nie. Ek was anders. Ek was die malletjie in die gesin. Een ding wat my as kind byvoorbeeld verskriklik gefassineer het, was kulkuns. Kul jou hier, kul jou daar en siedaar! Martino het my sussie by ons huis kom afneem. Hy was nie net ’n kulkunstenaar nie, maar ook ’n fotograaf. Hier is hy! In my huis! Martino van die televisie en net die beste kulkunstenaar in Suid-Afrika, het ek met ontsag geprewel. Ek was geweldig opgewonde. Martino wys toe vir my ’n toertjie. Ná daardie dag het ek die toertjie oor en oor geoefen. My nuutgevonde belangstelling in kulkuns het my gedryf om ’n towerboks met toertjies wat ek op ’n TV-advertensie gesien het van oorsee af te bestel. Die dag toe ek daardie boks vol toertjies by die poskantoor gaan haal het, bly een van my opwindendste kinderherinneringe. (Dit en natuurlik toe ek my eerste 50cc-motorfiets gekry het toe ek in graad nege, daai tyd standerd sewe, was.)

    Al my ouers se kuiergaste moes altyd na my toertjies kyk. Ek kon nie wag om elke toertjie met enigiemand wat ek teëgekom het te deel nie. Ek het my broer en suster behoorlik mal gemaak. Sonder die wete dat ek eendag ’n akteur sou word, het ek reeds toe al mense begin vermaak. Ek was geensins ’n pro nie, maar ek het dit geniet.

    Ek het grootgeword in Lynnwood, Pretoria, in ’n ouerhuis wat geen tekort aan geld en luukshede gehad het nie. Soos enige ander huisgesin was daar probleme, maar ’n mens deal mos maar daarmee soos die tyd verloop – of so het ons gedink. Daai tyd was dit normaal om enigiets wat skande of vernedering vir die familie sal bring, onder die mat in te vee en te hoop en bid die probleem gaan weg. Vir baie jare het ek geglo ons familie is absoluut uniek wat ons uitdagings en familietwis betref. Ek het gedink daar is iets fout met ons almal, altans met my. Dit kon nie verder van die waarheid af gewees het nie. Vandag weet ons dat baie gesinne eintlik inherent disfunksioneel is. Al verskil is die omvang of graad van disfunksionaliteit.

    Wanneer kinders in ekstreme disfunksionele gesinne grootword, leer hulle nie hoe om op ’n gesonde manier aan pyn uiting te gee nie. Oormatige streng beheer van kinders, projeksie van innerlike konflik vanaf ouer na kind of omgekeerd, emosionele manipulasie, asook die onvermoë om kwesbaar te word en persoonlike verantwoordelikheid te aanvaar vir eie besluite en dade beskadig die ouer-kind-verhouding.

    Almal het probleme, almal het issues. Dit kan tot lewenslange letsels lei wat herhaal word indien die kind nie die ongesonde siklus van die gedrag stopsit nie. Indien een party wel besluit om werklik die siklus van generasiebande of -gebruike te verbreek, veroorsaak dit gewoonlik ongelooflike konflik tussen ouer en kind. Die verhouding word onherstelbaar indien opregte vergifnis nie plaasvind nie. Dit is wat ek ook in ons eie gesin sien gebeur het.

    My ma was en is nog steeds ’n beeldskone vrou. Sy was joolprinses saam met Jana Cilliers en het mans behoorlik oor hul voete laat val. Dit was nog altyd vir haar belangrik om mooi na haar voorkoms om te sien. My ma was ’n ruk lank in haar lewe ’n onderwyseres, maar weens ’n hele klomp rugoperasies kon sy nie meer vir lang ure op haar voete staan nie. Die pyn was net te ondraaglik. Boonop het een van die dokters wat op haar rug geopereer het erg drooggemaak: hy het haar linkerbeen se senuwee per ongeluk afgesny. Die gevolg was lewenslange ongemak en pyn, en dit het natuurlik ’n sneeubaleffek op haar lyf gehad. Die een probleem het gelei tot die ander, die een operasie ná die ander het gevolg. Tog was sy ’n voltydse mamma en het alles in haar vermoë gedoen om my, my jonger sussie, Magrikie, en my ouer broer, Nielen, behoorlik groot te maak. Sy was streng en kwaai, maar ook opreg en liefdevol.

    My pa is ’n senior advokaat. Enige persoon wat al met my pa te doen gehad het, sal kan getuig dat hy sekerlik een van ons land se slimste regsgeleerdes en vooruitstrewende advokate is. Omdat hy so in aanvraag is, was hy baie min by die huis toe ek klein was. Steeds het hy finansieel alles in sy vermoë gedoen om vir ons net die beste te gee. My pa het byvoorbeeld baie geld aan ons skole en naskoolse opleiding bestee om seker te maak dat ons elkeen ’n sukses van ons lewe sou kon maak. Hy het altyd in ons geglo. Sy lewe getuig van sy onvoorwaardelike opofferings wat hy gemaak het vir sy kinders, selfs ten spyte van homself. Wanneer hy laat in die aande by die huis gekom het, het hy ons altyd eers kom wakker maak om vir elkeen ’n soentjie te gee. Hierdie kosbare oomblikke was wel min. My pa was daar, maar ook nie.

    Elke seuntjie het ’n verlange en ’n begeerte na ’n pa – iemand wat hom as’t ware op sy hart se skouers sal dra en gehaltetyd saam met hom sal deurbring. My pa was nie altyd bewus van my verlange na hom nie. Hy was nie ’n pa wat ’n werklik hegte verhouding met sy kinders gehad het nie, maar aan sy liefde vir ons twyfel ek glad nie.

    Later in my lewe het ek sy liefdestaal ontdek en toe kon ek hom beter begin verstaan, nes ook my ma. Ons kry nie altyd die liefde van ons ouers soos ons dit graag wil hê nie, maar daar is wel redes daarvoor. Dit dwing ons om

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1