Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek Sal Nie Doodgaan Nie!
Ek Sal Nie Doodgaan Nie!
Ek Sal Nie Doodgaan Nie!
Ebook65 pages55 minutes

Ek Sal Nie Doodgaan Nie!

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is nog nie oor nie.  God is nog nie klaar met jou nie.  Jy gaan nie nou dood nie.  Ja, jy gaan nie.  Hierdie boek is om jou te verseker dat Hy nog 'n plan vir jou lewe het.  Dit maak nie saak hoe donker dinge lyk nie.  Hier sal jy baie interessante hoofstukke vind soos:  EK SAL NIE DOODGAAN NIE, ALLE KRAG BEHOORT AAN GOD, GAAN TERUG EN VERTEL HOM, GEBED, WAT MAAK JY HIER?  MOENIE BANG WEES NIE, MOENIE WEGHARDLOOP NIE en ONBEPERKTE AANBOD.

Daar is geen rede om nou op te gee nie.  Moenie jouself doodmaak nie.  Jy moet opstaan, met geloof en hoof en aanhou veg, staar jou uitdagings in die gesig.  Moenie bang wees nie en moenie van dit af weghardloop nie.  God kom om jou te help.  Hier sal jy ook leer hoe om die gees van frustrasie, depressie en dood te weerstaan.  Hoekom styg die koers van selfdood?  Enige oplossings??

LanguageAfrikaans
PublisherGabriel Agbo
Release dateOct 14, 2020
ISBN9781071568644
Ek Sal Nie Doodgaan Nie!

Related to Ek Sal Nie Doodgaan Nie!

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek Sal Nie Doodgaan Nie!

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek Sal Nie Doodgaan Nie! - Gabriel Agbo

    Alle regte voorbehou.  Geen deel van die publikasie mag weergegee of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitende fotostatering, opname, of andersins, of by enige informasie berging en herwin sisteem, sonder skriftelike toestemming van die outeur nie.

    Tensy anders aangedui, is alle Skriftelike aanhalings in hierdie boek, uit die Nuwe Lewende Vertaling weergawe van die Heilige Bybel aangehaal.

    Uitgewer: Gabriël Agbo

    www.authorsden.com/pastorgabrielnagbo

    Epos: gabrielagbo@yahoo.com

    Tel: +234-8037113283

    Van die skrywer van die bes verkoper – Power of Midnight Prayer

    ––––––––

    Inhoudsopgawe

    Inleiding          3

    Toewyding          4

    Hoofstuk Een Ek Sal Nie Sterwe Nie    5

    Hoofstuk Twee Alle Krag Behoort Aan Hom    11

    Hoofstuk Drie Gaan Terug en Vertel Hom

    Hoofstuk Vier Gebed 

    Hoofstuk Vyf Wat Doen Jy Daar?

    Hoofstuk Ses Moenie Bang Wees Nie

    Hoofstuk Sewe Moenie Weghardloop Nie

    Hoofstuk Agt Onbeperkte Aanbod

    INLEIDING

    Dit is nog nie oor nie.  God is nog nie klaar met jou nie.  Jy gaan nie nou sterwe nie.  Ja, jy gaan nie.  Hierdie boek is om jou te verseker da thy nog steeds ‘n plan vir jou lewe het.  Dit maak nie saak hoe donker dinge lyk nie.  Hier sal jy heelwat interessante hoofstukke vind soos:  JY SAL NIE STERWE NIE, ALLE KRAG BEHOORT AAN GOD, GAAN TERUG EN VERTEL HOM, GEBED, WAT MAAK JY HEIR?  MOENIE BANG WEES NIE, MOENIE WEGHARDLOOP NIE en KRY MEER VAARTUIE.

    Daar is geen rede om nou op te gee nie.  Moenie jou eie lewe neem nie.  Jy moet opstaan, met geloof en hoop aan, staar daardie uitdagings in die gesig.  Moenie bang wees en vir hulle weghardloop nie.  God het gekom om jou te help.  Hier sal jy ook leer hoe om die gees van frustrasie, depressive en dood teen te staan.  Hoekom neem selfdood toe?  Enige oplossings?

    Toewyding

    Ek dra hierdie boek op aan Maliah Khatoon en Sophia Kirkeiner. Hulle was ‘n instrument van seëninge en ‘n simbool van God se getrouheid tot Sy bereidwilligheid en krag om te bevry.  God wil hê dat ons in totale vryheid en voorspoed moet lewe.

    Mag God u albei seën en veilig hou!

    Hoofstuk Een

    Ek Sal Nie Sterwe Nie

    ‘n Kind van God is in elk geval nie veronderstel om te sterf nie.  Ja, wanneer jy in die kennis van ‘n funksionele verbond met God loop, word niks toegelaat om jou lewe voortydig weg te neem nie.  Niks! Al is dit siekte, demonise magte, bose swaarkry, of wat ookal.  Niks, en ek bedoel absoluut niks, word toegelaat om jou lewe te beëindig alvorens jy jou roeping gevul het nie.  Almal het ‘n opdrag(te) wat hulle die in die wêreld ingebring het.  God kan nie net Sy tyd en hulpbronne mors om so wonderlike kreatuur soos jy te maak nie.  Kyk ook na al die dinge – the tyd, die hulpbronne, emosies, gebed, liefde en soms beplanning en verwagtinge wat in die proses ingesit word om ‘n babe in hierdie wêreld in te bring.  Soos jou ouers wat saamgekom het, die verhouding, jou wonderbaarlike bevrugting en vorming in die baarmoeder, die voorbereiding, jou geboorte en jou groei, ens.

    Miljoene het nie hierdie fases oorleef nie, maar jy het!  Dit wys duidelik dat daar ‘n definitiewe, bonatuurlike plan vir jou lewe is.  Waar.  Ek het onlangs ‘n gerespekteerde ginekoloog/chirurg, ‘n professor, a dekaan van ‘n skool vir medisyne, hoor sê dat niemand, nie eens die ekperte het total verstaan wat God in die proses van bevrugting and geboorteskenk gedoen het nie.  En onmiddelik het daardie woorde in my gees geregistreer.  Ek onthou my oudste dogter, Joy, was in sy kliniek gebore.  My vrou was in kraam vir omtrent veertien ure en, ek glo, hulle het begin gereed maak vir ‘n keisersnee, toe ‘n baba skielik begin kom het.  Toe die verpleegsters hom geskakel het om te sê die baba is alreeds oppad, kon hy dit nie glo totdat hy direk met my vrou gepraat het nie.  Ek weet nie presies wat gebeur het nie maar ek vermoed dat, met die posisie van die baba, dit ‘n operasie sou geneem het om die baba uit te help.

    Maar God het oorheers.  Gebede het ingevloei op haar en die baba vir daardie veertien ure tot God dit gedoen het.  Jy kan alles doen, wetenskaplike en medies, wat jy wil maar net God wat lewe toelaat, vervolmaak en koester.  Ek glo dit is ook ‘n staande geloof in die mediese.  Elke lewe moet van Hom kom en in Hom eindig.  Self wanneer jy vir die vrug van die baarmoeder bid of behandeling ontvang, moet jy dit in jou agterkop hê dat dit slegs God is wat lewe kan voortbring.  Ja, wetenskap help, ja, medisyne is goed

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1