SARIE

Af? Pê? Net oukei? Dís wat jou makeer

Jy is nie depressief nie, jy’s net … af.

As iemand vra hoe dit gaan, antwoord jy “oukei”.

Jy kan nie jou vinger daarop lê nie. Dit gaan beslis nie sleg nie. Jy is bevorder by die werk, jou gesin is nog gesond en jy het genoeg dinge om na uit te sien.

Maar jy voel ook nie baie goed nie. Jy het lanklaas uitbundig gelag en jy raak nie meer vreeslik opgewonde oor dinge nie.

Jy voel half “meh”.

Die braai by vriende klink lekker totdat jy in jou kar moet klim en gaan.

Jy het nie krág vir die president se familievergaderings nie.

Sommige dae het jy genoeg energie om alles te doen wat jy moet doen. Maar meestal voel jy asof jy stagneer – asof jy nie uit die wegspringblokke kan kom nie. Jy sukkel om te konsentreer.

Jy weet jy moet vroeg gaan slaap, maar lê tot ná 23:00 en kyk reekse wat jy reeds gesien het. Jou wekker gaan steeds 06:00 af, maar pleks daarvan om op die oefenfiets te spring, lê en kyk jy katvideo’s op Facebook tot ná 07:00.

Jy is gefrustreerd en jou eie lusteloosheid dryf jou teen die mure uit. Die realiteit is:

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE3 min read
Ons Wêreld
Megaster Taylor Swift het al 14 Grammy-musiekpryse gewen. By vanjaar se glansryke toekenningsaand was sy ook die onbetwiste mode-wenner. Haar verskyning op die rooi tapyt – in ’n wit Schiaparelli-rok en lang swart handskoene – het die meeste sosialem
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related