Kerk floreer in tyd van korona
Die pandemie wat deur die nu-we koronavirus veroorsaak is, het die gewone manier van kerkwees deeglik ontwrig. Pleks van gewone eredienste, raak mense (ten minste dié in die middelklas met kubertoegang) nou al gewoond aan skermdienste. Gewone dominees, het iemand gesê, het nou almal televangeliste geword.
Maar om bloot só na die veranderinge in kerke te kyk, is ’n oppervlakkige kyk. Dit help dalk om ’n bietjie terug te staan en na die groot bewegings in die geskiedenis te kyk, as ’n mens wil probeer peil wat nou aan die gebeur is.
In die vroeë 1990’s het biskop Mark Dyer, Episkopaalse biskop van Betlehem in Palestina, ’n raamwerk vir so ’n besinning voorgestel waarop verskillende ander mense later voortgebou het. Hy het gesê dat die kerk elke 400 jaar of so as’t ware ’n groot garageverkoping hou waar hy van sy ou rommel ontslae raak en dan in ’n sin nuut begin.
Verskillende mense het dié groot keerpunte later op verskillende maniere geidentifiseer, maar een weergawe daarvan lyk so: Aan die begin van ons jaartelling, met en direk ná die koms
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days