Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kultusse in Suid-Afrika
Kultusse in Suid-Afrika
Kultusse in Suid-Afrika
Ebook210 pages10 hours

Kultusse in Suid-Afrika

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jana Marx, bekende joernalis, bestudeer kultusse: van antieke kultusse, die verskil tussen 'n sekte en 'n kultus, wie word in 'n kultus ingetrek en die kenmerke van 'n kultusleier. Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel en sy bekyk plaaslike en internasionele kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy wys ook hoe om 'n kultus uit te ken. Laastens gee sy riglyne oor wat om te doen as 'n geliefde in 'n kultus vasgekeer is. 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateSep 1, 2023
ISBN9780796322968
Kultusse in Suid-Afrika
Author

Jana Marx

Jana Marx is 'n ervare verslaggewer en inhoudskepper. Na sy haar studies in joernalistiek en teologie voltooi het, werk sy by Finesse ​en Media 24 se Afrikaanse koerante en tydskrifte asook Carte Blanche. Sy is die outeur van Afspraak met moord oor die Krugersdorpmoorde en is te sien in die dokumenter Devilsdorp​. Sy bly in Johannesburg.

Related to Kultusse in Suid-Afrika

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kultusse in Suid-Afrika

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kultusse in Suid-Afrika - Jana Marx

    9780624089810_FC

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    KULTUSSE

    IN SUID-AFRIKA

    JANA MARX

    Lux Verbi

    Menslike wolwe het nog nooit hul vermommings verander nie. Vandag nog dra hulle skaapklere. Steeds kom hulle in sulke vroom vermommings na ons toe. Daarom dat ons ons eie hart goed moet oppas, asook dié van almal rondom ons. – Stephan Joubert

    Inleiding

    Mense probeer al eeue lank verstaan wat die lewe betekenis gee; dit sien ons byvoorbeeld in die godsdienstige artefakte wat argeoloë opgrawe. Godsdiens was nog altyd vir mense belangrik, in so ’n mate dat dit selfs oorloë veroorsaak het.

    Die afgelope paar jaar was daar ’n oplewing in godsdiens oor die hele wêreld, met Christene wat die grootste groep uitmaak. In Julie 2018 berig die Britse koerant The Guardian¹ dat 84% van die wêreld se bevolking hulleself godsdienstig noem. Mense het duidelik die behoefte ontwikkel aan iets meer of dieper as dít wat individualisme, materialisme en kapitalisme kan bied. Dit beteken eintlik net geld en sukses is nie ’n resep vir vergenoegdheid nie en gee nie die sin en betekenis waarna mense op soek is nie.

    Dit is ook waar in Suid-Afrika waar baie mense diep gelowig is en bevoorreg genoeg is om dit te kan uitleef. Ook hier is diegene wat hulleself Christene noem verreweg in die meerderheid. ’n Praktiese teoloog skryf in ’n akademiese artikel dat Suid-Afrikaanse Christene baie streng ortodoks is. Die HAT verklaar die term ortodoks as wat streng vashou aan die kerkleer en voorskrifte van ’n bepaalde geloof. Die Griekse woord is orthódoxos: orthos (reg) en doxa (leer). Die Cambridge-woordeboek gebruik ook die woord tradisioneel. Hierdie terme hou verband met konserwatiewe denke. Baie Suid-Afrikaners plaas dus groot klem op die gesag en letterlike interpretasie van die Bybel.

    ’n Ander professor in teologie skryf Suid-Afrika se godsdienstigheid kan toegeskryf word aan sosio-ekonomiese omstandighede soos ons hoë werkloosheidsyfer en mense se soeke na sekuriteit. Die ekonomie, natuurrampe en die alewige dramas in die regering laat Suid-Afrikaners moedeloos en hulpeloos voel. Daarom lyk Suid-Afrika se prioriteite heelwat anders as dié van party Westerse lande. Terwyl ’n Eerstewêreldland dink oor hoe om ’n reeds sterk ekonomie nog sterker te maak, is ons besig om vir mense basiese huise te bou wat, as hulle gelukkig is, toegang tot skoon drinkwater en ordentlike rioolgeriewe het.

    In sulke armoedige en sukkelende omstandighede is godsdiens ’n bron van hoop. As jy nie geld vir ’n mediese fonds het nie, die staatshospitaal laat jou in die steek en iemand sê vir jou gebed gaan jou kind genees, dan bid jy jou knieë deur.

    Kultuur speel natuurlik ook ’n belangrike rol in Suid-Afrika se godsdienstigheid. Volgens prof Dion Forster, professor in sistematiese teologie en etiek (met ’n fokus op Publieke Teologie), hoof van die Departement Teologie en Ekklesiologie se werkgroep oor sistematiese teologie en direkteur van die Beyers Naudé-sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, word Afrika meegevoer deur wat die Kanadese filosoof Charles Taylor betowering (enchantment) noem. ’n Wêreld van betowering is een waarin geeste, voorvadergeeste en demone woon, en voorvaders se morele kompas die rigting aanwys. Waar Westerse samelewings dikwels agterdogtig oor godsdiens is, is die meeste mense binne Afrika-kontekste uit die staanspoor in voeling met alles wat geestelik is.

    Godsdiens is ingeweef in alle dele van ons bestaan. ’n Ekstreme voorbeeld is ’n redelik onlangse hofsaak waarin ’n hedendaagse Daisy de Melker haar familie een ná die ander laat vermoor het om haar hande op hul lewenspolisse te kry. Rosemary Nioma Ndlovu, ’n voormalige polisiebeampte van Johannesburg, het huurmoordenaars gekontrakteer om die vuilwerk te doen. Dit het later aan die lig gekom dat hierdie huurmoordenaars voor die moorde ’n toordokter sou raadpleeg en slegs gaan moor het as die toordokter sy seën daaroor uitgespreek het. Om op dié manier goedkeuring te kry, is nie uniek nie.

    Godsdiens is ook diep ingewortel in die Afrikaner-kultuur. Dink maar aan die rol van die kerk in die staat se sake voordat die demokrasie aangebreek het. Dinge word dikwels op ’n bepaalde manier gedoen of aanvaar omdat generasies dit so gedoen en aanvaar het. Eenmaal by ’n groot kerkvergadering waar ek verslag gedoen het, het ek oor ’n sekere kerkgroep se standpunt oor iets gewonder. Groot was die verbasing dat ek hoegenaamd daaroor kan wonder as daar dan reeds vier dekades gelede daaroor besluit is!

    Hoe ons dink en glo, het ’n regstreekse impak op hoe vatbaar ons vir nuwe invloede is. Gegewe al hierdie dinge is dit daarom nie vreemd dat Forster al in 2019 opgemerk het dat daar ’n oplewing van kultusse in Suid-Afrika is nie. Voeg nou ’n ramp soos die Covid-19-pandemie by hierdie mengsel en jy het die ideale storm: Suid-Afrika word ’n vrugbare teelaarde vir kultusse.

    Drie jaar nadat daardie eerste Covid-19-geval in Suid-Afrika aangemeld is, herstel baie van ons nog van die ongekende vrees en onsekerheid, woede, magteloosheid, spanning, trauma, verlies en ekonomiese verwoesting wat maande lank nie wou einde kry nie en steeds in sommiges se lewe heers.

    In situasies buite mense se beheer – soos ’n ramp – sal gelowiges hul troos by hul God soek. Die Franse sosioloog Émile Durkheim het in die laat 1800’s reeds gesê godsdiens gaan oor gemeenskap. Dit bind mense saam, skep struktuur en beheer – veral in die lewe se tragedies. Dit gee ook innerlike vrede en stabiliteit. Kerkleiers het gedurende die streng inperking baie kritiek gekry omdat hulle by die regering bly pleit het om mense kerk toe te laat gaan. Vir die pandemie was dit dalk nie ideaal om ’n klomp mense in ’n geslote vertrek te versamel nie, maar hierdie kerkleiers het gelowiges se diepste geestelike behoefte in onseker tye verwoord. Selfs die wetenskap onderskryf dit: ’n Studie wat in die Covid-19-krisistyd in Pole gedoen is, het bevind deelnemers van die studie het hulle tot geloof gewend as ’n meganisme om onseker omstandighede te hanteer.²

    Sielkundiges en kultuskenners het in 2020 al begin waarsku dat daar weens die pandemie ’n toename in kultusse en kultusleiers oor die wêreld heen te wagte kan wees. Hulle het dit toe reeds sien gebeur. Die navorsing wys dat kultusse gedy in onseker tye, verduidelik Louis Awerbuck, kliniese sielkundige en direkteur van die SA Centre for Mental Health. Hy verduidelik dit gebeur veral in oorgangstye soos tye van oorloë of ekonomiese veranderinge. Suid-Afrika se oorgang na ’n demokrasie in 1994 was ook só ’n tyd; trouens, die polisie het in daardie tyd ’n okkulte-eenheid op die been gebring om die toename in rituele of godsdiens-geïnspireerde moorde en misdade in die land te ondersoek.

    Deesdae word daar spesifiek aandag gevestig op wat doomsday cults genoem word: mense wat glo die pandemie wys die einde van die wêreld is nóú op ons. Met dié dat almal oornag virtuele boffins geword het, word werwing vir kultusse nou ook sommer maklik aanlyn gedoen.³

    Die Krugersdorp-moordsaak met Cecilia Steyn en haar kultus, Electus per Deus, het ons gewys dat ’n wye spektrum mense, ondanks professionele beroepe of intellek, vatbaar vir kultusse kan wees. In hierdie saak, wat ook as die afspraakmoorde bekend staan, het die moordkultus 11 mense in die naam van God vir persoonlike en finansiële gewin vermoor. Electus per Deus het baie mense anders laat nadink oor kultusse en misdaad in Suid-Afrika. Van die moordenaars was geskoolde mense wat normaal voorgekom en professionele beroepe beklee het. Die slagoffers was op hul beurt ook gewone, professionele mense.

    Ná die dokumentêr Devilsdorp is ek dikwels gevra: Hoe weet ’n mens die groep of kerk waaraan jy behoort, is ’n kultus? Wat is die gevaartekens? Wat is eienskappe van ’n kultus? Kan ek per ongeluk in ’n kultus beland?

    Tydens navorsing vir Afspraak met moord, die boek wat oor die Krugersdorp-moorde handel, het ek baie nagelees en skielik meer bewus geword van groepe (ook in Suid-Afrika) wat as kultusse beskou word of aan die kriteria vir kultusgedrag voldoen. Natuurlik is elke kultus nie ’n moordkultus soos Electus per Deus nie, maar hulle kan op ander maniere uiters gevaarlik of ongesond wees en groot hartseer veroorsaak.

    ’n Kultus kom ongelukkig nie met ’n groot naambord wat lees: Waarskuwing: Jy betree nou ’n kultus se gebied nie. Dit is ook nie noodwendig een wat skreeu van ekstremisme met seksringe, orgies en moordenaars nie. Wie daarin beland, het ook niks te doen met hoe slim of dom iemand is nie. Dit word eerder geken aan baie spesifieke strategieë of metodes. Kultusse gaan áltyd oor die leier, sy of haar mag, en dié se persoonlike gewin of agenda. Dit spreek teen alles wat God in sy Woord sê Hy is en wat Hy doen. Wat in kultusomgewings gebeur – selfs dié wat kastig goed bedoel – is alles wat genade nié is nie.

    Geen van die organisasies wat in hierdie boek bespreek word, sal hulself ’n kultus noem nie. En party van die organisasies is waarskynlik nooit begin met slegte bedoelinge nie. Dit het net iewers verkeerd gegaan, om watter rede ook al, dikwels as gevolg van die leier. Dr Steven Hassan se lys later in die boek sal jou help om te bepaal of ’n organisasie ’n kultus is of nie, maar dit bly oop vir interpretasie en mense sal noodwendig altyd verskil oor watter organisasies kultusse is of nie.

    Kultusse is egter nie net godsdienstig van aard nie. Omdat mense met sulke spesifieke breinspoelmetodes beheer word, kan kultusomgewings netsowel in ander dele van die samelewing voorkom, soos in die politiek of in die sakewêreld. Die feit bly: If it looks like a duck, swims like a duck, and quacks like a duck, then it probably is a duck.

    Met behulp van ’n handvol kenners, soos prof Dion Forster en Louis Awerbuck, asook fenomenale ouddosente van die Universiteit van die Vrystaat se teologiese fakulteit en dapper mense – ek wil hulle nie slagoffers noem nie, want hulle is dit lankal nie meer nie – wat bereid was om seer stories te deel, probeer hierdie boek ’n kykie gee op die binnewêreld van kultusse in die wêreld, maar ook en veral in Suid-Afrika.

    1

    Van kerk tot kultus

    Vir so lank as wat groepe mense saam aanbid, versplinter kerke al of spring daar nuwe kerke, strominge of gelowe op na gelang van mense se behoeftes en kontekste. Een van die oudste voorbeelde is waarskynlik die Protestantse Reformasie: ’n godsdienstige rewolusie in 16de-eeuse Europa toe die Rooms-Katolieke Kerk nog aan die stuur van politieke sake was. Dalk onthou jy die naam Martin Luther, die Duitse priester wat volgens oorlewering meer as 500 jaar gelede sy akademiese tesis met spykers teen die kasteelkerk in Wittenberg se deur vasgeslaan het. Hoewel historici die egtheid van hierdie spesifieke voorval by Wittenberg in twyfel trek, het Luther se weerstand die Reformasie afgeskop wat die Protestante uiteindelik van die Rooms-Katolieke laat wegbreek het. Dit is een voorbeeld van talle waar die kerk dramaties weggebreek het.

    In die 19de eeu was daar ’n wêreldwye oplewing in evangelisasie en hernuwing met ’n groot klem op sendingwerk. Die 19de eeu merk ook die totstandkoming van die sogenaamde nuwe godsdienstige bewegings, oftewel alle nuwe godsdienste van die middel van die 19de eeu af. Hierdie bewegings het steeds Christelike wortels gehad, maar was meer modern as die ou, tradisionele Christenkerk waaraan mense gewoond was.

    Die veranderinge en ander dinge wat tot diep in die 20ste eeu oor die wêreld heen gebeur het, het baie laat dink die einde is in sig. Trouens, sommige Jehova-getuies was ’n paar keer in ’n benarde posisie⁴ omdat hulle van al hul besittings ontslae sou raak in voorbereiding op Jesus se koms – net vir die son om die volgende dag maar weer op te kom.

    In die 20ste eeu het Oosterse invloede van onder meer Boeddhisme en Hare Krishna ’n meer prominente rol begin speel. Hare Krishna is ’n vertakking van Hindoeïsme. Dit is albei gevoelsgodsdienste en spreek tot ’n mistieke of gevoelspiritualiteit. Mense het gemediteer en wou alles wat geestelik is, voel en beleef. Die 1960’s en 1970’s sal onthou word vir die hippies – sielsoekers – wat ver afstande van Turkye na Nepal afgelê het op soek na hul land van melk en heuning.

    Net so het Suid-Afrika die afgelope dekades fundamentele veranderinge deurgemaak. Apartheid is deur die inklusiewe demokrasie vervang, met ’n streng fokus op menseregte. Ná die opheffing van die sanksies kort voor die val van apartheid het Suid-Afrika weer sy plek in die wêreld ingeneem en die impak van wêreldse uitdagings soos oorloë en ekonomiese krisisse gevoel. Daardie tyd is ook geken aan onsekerheid, risiko, groot besluite, onvoorspelbaarheid en kulture wat skielik saam moes begin bestaan.

    Prof Kobus Schoeman skryf in ’n artikel⁵ dat die Christelike bevolking in Suid-Afrika sedert die eerste nasionale sensusopname in 1911 aanvanklik gegroei het tot in 1980 waarna dit weer effens afgeneem het. In die sensusopnames van 1991 en 1996 was godsdiensvoorkeur ’n opsionele vraag, wat beteken die data is nie so betroubaar nie omdat baie mense waarskynlik nie die boksie getiek het nie. Tog skryf prof Schoeman daar was wel ’n afname in 1996 wat waarskynlik toegeskryf kan word aan sekularisasie: ’n wêreldwye neiging wat beteken het

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1