Huisgenoot

TB JOSHUA: BEDRIEËR OF GESALFDE?

OP DIE tweede dag van TB Joshua se begrafnis klim sy dissipels op die verhoog. ’n Mikrofoon word rondgestuur terwyl meer as 60 dissipels hulself voorstel.

Hulle kom uit 18 lande waaronder Suid-Afrika, Indonesië, Mexiko, Amerika en Brittanje. Party is skaars uit hul tienerjare; ander in hul laat middeljare nadat hulle die Nigeriese miljoenêr- pastoor en selfverklaarde profeet wat in Lagos ter ruste gelê word dekades lank gedien het.

’n Senior Nigeriese dissipel, wat onlangs tot profetes bevorder is, begin met haar huldeblyk. “Hoe beskryf jy iemand so onbeskryflik?” vra sy. “Hoe definieer jy iemand so ondefinieerbaar? Menslik en goddelik?”

Joshua is op 5 Junie 2021, ’n paar dae voor sy 58ste verjaardag, dood. Die nuus het in die sosiale media versprei nog voor die Synagogue, Church of All Nations, bekend as Scoan se amptelike verklaring uitgereik is.

“God het sy dienaar profeet TB Joshua huis toe geneem,” het dit gelui, “soos dit volgens goddelike wil hoort.”

Met sy begrafnis, meer as ’n maand later, is daar nog geen melding van die oorsaak van sy dood gemaak nie.

In ’n stad vol megakerke en charismatiese pastore het TB Joshua se wêreldwye bekendheid hom laat uitstaan. Op sy stadiontoere deur Afrika, Asië en Latyns-Amerika het hy groot skares gelok. Sy satellietkanaal, Emmanuel TV, was ’n teenwoordigheid in talle huishoudings in Afrika suid van die Sahara.

Voor die pandemie was sy kerk die grootste toeristeaantreklikheid in die land. Sowat 15 000 mense het Scoan weekliks besoek.

Party het uit nuuskierigheid gekom; baie uit desperaatheid om hopelik van siekte genees of van bose geeste bevry te word. Politici het gekom in die hoop dat Joshua se seën

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related