Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Christina Landman: 'n Lewe
Christina Landman: 'n Lewe
Christina Landman: 'n Lewe
Ebook206 pages2 hours

Christina Landman: 'n Lewe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as ’n onstuitbare grootmond beskryf wat “selfs ’n klip kan kwaadmaak”. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat steeds wonder of sy die regte besluite tydens haar loopbaan gemaak het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder. 
 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 30, 2023
ISBN9780796323156
Christina Landman: 'n Lewe
Author

Christina Landman

Prof. Christina Landman was vir meer as 30 jaar aan Unisa verbonde. Sy het sewe grade en word die eerste vroulike professor in Teologie. Sy was onder meer die redakteur van die Leefstylbybel vir vroue. Sy is 'n dominee in die VG Kerk en was ook dié kerk se algemene sinode se Actuarius. Sy bly in Lyttelton en het een seun. 

Related to Christina Landman

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Christina Landman

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Christina Landman - Christina Landman

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    Lux Verbi

    Druk maar op my knoppie as julle my nie kan kry nie – dan help ek soek.

    ONBEKEND

    Tussen die manne

    Ek dink my lewe is ’n agt. Nie ’n agt uit tien nie. Ver daarvan. Ook nie ’n agt soos in agtermekaar nie, want my lewe was meestal chaos. Eerder ’n agt soos in agterstevoor.

    Soos in . . . nie heeltemal inpas nie.

    Dit is dié dat ek ’n agtermekaar besluit geneem het. Ek gaan my lewe skryf as ’n heilsgeskiedenis, en die onheilsgeskiedenis gaan ek los. Dit is ook nie ’n heilsgeskiedenis soos ’n mens dit mooi in die Bybel kry nie. Dáár loop die heilsgeskiedenis soos ’n goue draad.

    Myne is eerder ’n heilsgeskiedenis van agterstevoor.

    Ek moet toe ook besluit of ek my verhaaltjie vinnig gaan begin. Of stadig. As jy nou ’n onheilsgeskiedenis skryf, dan kan jy vinnig skryf. Jy kan sê: Ek is in die 1950’s gebore, hier in Lyttelton naby Pretoria. Dit was baie NP en Calvinisties. By tye was dit Adriaan Vlok se kiesafdeling. Ons het nie van swart mense geweet nie. Verder is ons meisies maak glo dat dit romanties is om niks te word nie. As jy nie ’n man gekry het nie, was jou lewe bitter in die oë van die samelewing. As jy die verkeerde man gekry het, het jy lojaal in stilte jou slae gevat. Tog het die plaaslike Calvinisme in daardie tyd wit vroue nog meer stileer as swart mense.

    Na matriek se vyf onderskeidings is ek universiteit toe, maar ek is nie toegelaat aan Tukkies se teologiese fakulteit nie. Want ek was ’n vrou. Toe word ek ’n baie vry teoloog by Unisa. Nadat ek later deeltyds by Kalafong en in die gevangenis gewerk het, beleef ek ’n tweede bekering. Ek verloor my liberale teologie en word ’n tentmaker-dominee in die swart Verenigende Gereformeerde Kerk. En ook die actuarius, die kerklike regspersoon. Die gemeentes is heerlik, maar die hoë gestoeltes lewe in konflik. In die kerk is daar altyd die gevaar dat mense met ’n persoonlikheidsafwyking ’n voet in die deur kry.

    So sukkel ek my lewe deur om ’n identiteit te vorm. Een waarin jy ’n vrou en ’n dominee en iets van ’n leier kan wees. Dit is amper soos die man wat gekla het hulle boots sy handtekening na op die hot cross buns. As jy dit dalk te vaag vind, die man kan net ’n kruisie maak wanneer hy sy naam teken. Nou sien hy sy handtekening oral op die hot cross buns en hy kla in die openbaar dat hy nageboots word.

    Vir my was dit net andersom. Waarvoor ek wou teken, en wat die lewe my toegelaat het om voor te teken, was heeltyd in konflik.

    ’n Heilsgeskiedenis, aan die ander kant, neem langer om te begin skryf. Jy moet eers mooi dink. Jy moet draaie gooi. Besluit watter mense jy moet uitlos sodat jy by ’n heilsgeskiedenis kan bly. En hoop die leser lees tussen die lyne.

    Ek begin dan maar by my geboorte. Dit was op 8 Februarie – natúúrlik op die agtste – in die Ou Moedersbond in Pretoria. Behalwe vir twee jaar in die voormalige Port Elizabeth woon ek my lewe lank in Lyttelton. Nog steeds langs Pretoria.

    Dit is vervelig om jou lewe by jou geboorte te begin skryf, maar my lewe word gou agterstevoor. Binne ’n maand is ek gedoop. Statisties oorleef meer dogtertjies as seuntjies hul geboorte, maar daar by my skynbaar onskuldige doop was ek die enigste dogtertjie tussen . . . nie 8 nie, maar 13 seuntjies. So vertel my ouma my. My ma vertel my die dominee het daardie dag uit Lukas 1:66, die 1933/1953-vertaling, gepreek: Wat sal tog van hierdie kindjie word? Dit is wat die mense gesê het toe Johannes die Doper besny is. Op die agtste dag natuurlik. En ons onthou almal dat Johannes die Doper se kop op ’n skinkbord voor die koning beland het.

    Fokus op vordering en nie volmaaktheid nie, was my motto my lewe lank.

    Baie jare later word ek op my kerk se hoofbestuur verkies. Niemand was so verbaas soos ek nie. ’n Enkele vrou tussen die manne. Ek het op geglimlag na my ouma in die hemel. Sy was vroom oor profesieë. Ouma, dink jy die doop was ’n profesie van een vrou onder die manne? Dat ek eendag die enigste vrou op die bestuur van ’n groot kerk vir swart mense sou wees? Was dit ’n profesie tydens die doop daar in die NG Kerk Moedergemeente van Lyttelton? Op 8 Maart 1956? Of was dit ’n profesie van een kop op ’n skinkbord?

    Dit was ’n effens onredelike ding om my ouma te vra, al is sy reeds met volmaakte kennis in die hemel. Nee, my ouma kon daardie tyd nie in wit en swart dink nie. My ouma kon ook nie dink aan ’n vrou wat ’n dominee is nie. Maar, ja, sy kon in profesieë glo. En dat dit soms die goeie is wat voorspel word. Dit was my ouma daardie.

    So is ek gedoop in die NG Kerk. Op 18 word ek ’n lid van die Nasionale Party. Ek gaan registreer by tannie Van der Walt wat agter ons woon. Ek was bang vir haar, maar sy het vir my poppe rokke gehekel toe ek klein was. Sy het later KP geword. Die Konserwatiewe Party het regs van die Nasionale Party afgeskei.

    My pa was ’n lid van die Broederbond en die Nasionale Party. Hy het ’n grappie gemaak dat die KP se vlag ’n wit skilpad op ’n wit agtergrond moes wees. Dis nou omdat hulle nie so vinnig soos die NP verander het nie. Wilde woorde tussen die KP en die NP. Ai, die wit politiek van daardie tyd! En die enigste politiek waaraan ek blootgestel was.

    Toe tannie Van der Walt nog NP was, het sy al haar seuns die name van behoorlike Afrikaners gegee. Toe trou haar oudste seun, Paul Kruger, met ’n Engelse vrou. Ons sou nooit weet wat die vrou se naam was nie, want tannie Van der Walt het haar altyd net Paul Kruger se Engelse vrou genoem.

    Ek het, terloops, net een keer iemand ontmoet wie se naam Paul Kruger was. Hy het my egter verseker hy is nie na die staatsman vernoem nie, maar na die Wildtuin.

    Toe Lyttelton-Oos van Moedergemeente afskei, was ek in die eerste graadeen-Sondagskoolklas. Ek word later daar aangeneem. Ek is in Laerskool Fleur en Hoërskool Lyttelton. Later word dit Verwoerdburg Hoër. Ek ry elke dag op my fiets skool toe verby die Adriaan Vlok-polisiestasie. Ek hoor swart mense daarbinne kerm, maar ek verstaan toe nie van swart mense nie.

    Dit is hoe dit daardie tyd was.

    Toe ek gebore is, kon niemand dink dat ’n vrou ’n dominee kan word nie. My ma het twee van my broers na apostels vernoem: Jacobus en Petrus. Terloops, my broer Petrus is oorlede. Hy was by die SAUK van destyds, maar het oorgegaan na M-Net toe dié in 1987/88 begin het. Daardie selfde jaar is hy aan ’n hartaanval oorlede. Hy was 36. My broer Jacobus het ’n professor geword in ingenieursopmeting aan die Mangosuthu University of Technology. Dan is daar ook nog my boer Willem, wat die familienaam dra. Hy is, soos al drie ons oorblywende kinders, ’n professor. Ek het my kop in die hemel, my een broer meet die aarde op, en hierdie broer is in weerkunde, in die wolke. Ai, en my pa was so bekommerd oor wat van ons kinders gaan word.

    So is ek dan, weer eens, die enigste meisie tussen die manne: een suster en drie broers. Ten spyte van al die apostels in die gesin, is dit my ma se dogter wat ’n dominee sou word in die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGK). Vir dié wat nie weet nie, dit is ’n vereniging tussen die NG Kerk se dogterkerke vir bruin en swart mense, soos dit destyds genoem is. Dié vereniging het in 1994 plaasgevind, twee weke voor die algemene verkiesing wat ’n nuwe regering sou inlei. Meneer Nelson Mandela het die sinode besoek waar hierdie vereniging aan die plaasvind was. Hy is egter nie toegelaat om te praat nie, want politieke leiers kon nie by ’n kerklike sinode ’n spreekbeurt kry nie. So is die kerkorde maar.

    My doop in die NG Kerk was toe nie ’n volle profesie nie. Ek het wel gedominee, maar nie in die NG Kerk waarin ek gedoop is nie. Ek was die enigste van drie wit vroulike dominees in die VG Kerk vir swart en bruin lidmate; ’n kerk wat nie ten tye van my doop hoë aansien onder die wit lidmate gehad het nie.

    Toe ek as vroue-dominee op my ma en pa neergedaal het, het hulle my ondersteun. Hulle was by my legitimasie. Dit is wanneer jy ’n dominee word en ander dominees jou die hande oplê. Daardie dag was die VGK-dominees se swart hande en bruin hande op my kop. Dominee Sipho Mokoena van Ohrigstad het my ingehuldig. Doktor Charles Flaendorp het spesiaal van Suurbraak in die Kaap gekom om later die preek te hou. Hy het sy doktorsgraad onder my supervisie gedoen.

    Daar was ook ’n wit vroue-dominee van die NG Kerk se hand op my kop. Dominee Petro du Toit. Nou van Kloofsig. Langs Lyttelton. In haar tyd was vroue-dominees vreesaanjaend en Petro het 25 jaar vir ’n beroep gewag. Ook dominee Sarah-Jane Wessels, ’n wit vroue-dominee uit die VGK, se hand was op my kop. Sy is nou reeds oorlede. Dominee Sarah-Jane moes so lank wag vir vroue om dominees te mag word dat sy eers op 61 georden is. En toe nie ’n pensioen gekry het nie.

    Daar is ons toe almal in Dullstroom, in die Hoëveld van Mpumalanga, in die township Sakhelwe. Met gemeentelede wat Zoeloe en Ndebele praat, en waarvan 89% werkloos en 48% MIV-positief is. Dáár het mans- en vroue-dominees, wit en swart, hul hande op my kop gelê. Tog was dit nie ’n profesie vir kerkeenheid nie, want dit het nou nog nie gebeur nie. Die swart VGK en die wit NGK is steeds twee kerke. En dit gaan nie gou verander nie.

    My ma en pa het trots gesit; miskien ’n bietjie verslae, moet ek toegee. My pa het my toga omgehang. Vir die eerste keer. Ek was nou ’n dominee.

    Voordat ek amptelik ’n dominee geword het, het ek dikwels in Eersterust gaan preek. Eersterust is die tradisionele bruin buurt van Pretoria. Ek het hierdie gemeente se geskiedenis opgeteken. ’n Honderd jaar gelede (nou reeds 120 jaar) is die bruin mense uit die florerende Marabastad verwyder na Eersterust, wat toe troosteloos en bar was. Sonder strate. Mense moes met hul pragtige meubels van daardie tyd in klein huisies met ’n buitetoilet inpas. Ons het uitgeroep, vertel een vrou my, wat gaan van ons word!

    Ek het in daardie voortyd nie vir my ma en pa gesê ek gaan soontoe nie, hoewel Eersterust se mense en hul verhale vir my die lekkerste plek op aarde was. Eendag het ek ná kerk op pad huis toe teen ’n randsteen vasgery. My motor se wiel het gebars. Toe moes my pa my kom haal. So vind ek uit hy en my ma is eintlik nuuskierig oor my ander wêrelde.

    Die wit mense van daardie tyd het net in ’n wit wêreld gebly. Soms is hulle wêreld onverwags vergroot en kon hulle ’n bietjie van die lekker saamwees met ander proe. So het ons geleef in tye van heil en onheil. Soms was party bang vir mekaar. Soms het hulle mekaar verras.

    Soos reeds gesê, het ek besluit om my lewe as heilsgeskiedenis te skryf. Al die onheiliges wat my lewe versuur het, gaan nie ’n stem in my lewe kry nie. Dan kan ek my verbeel my lewe was maklik.

    Maar dit was nie.

    Dit bring my terug by my geboorte en vormingsjare. Later sou ek eendag ’n grappie van die preekstoel af vertel. Die meeste mense in die kerk was ten gunste daarvan. Dit is van die dominee wat ongeduldig met die broer geraak het. Die broer se vrou het ’n baba verwag en hy wou elke nou en dan by die dominee weet hoe maak ’n mens ’n volmaakte kind groot. Die dominee sê toe: Broer, ’n kind se lewe word deur twee dinge bepaal: gene en omgewing. As die kind soos sy pa lyk, is dit gene. As hy soos die buurman lyk, is dit omgewing.

    My omgewing was apartheid. My gene was beslis my ma en pa s’n. Hulle was, terloops, Willem en Rachel Landman.

    My ma kom van Calvinia. Ek is bly om gene van die Noord-Kaap in my te dra, want dié streek se mense is gutsy en gesellig. Ek ken net een wit mens uit die Noord-Kaap en dit is my ma. O ja, en haar suster Drienie wat lank reeds oorlede is. Later sou ek dominee wees in ’n bruin gemeente in Rustenburg vir mense wat van die Noord-Kaap kom. Van Keimoes en Upington en Kakamas. Ai, die lekkerte!

    My pa se familie was halfgeletterd. Party mense het hulle die armblankes van Olifantsfontein genoem. My ouma kon haar vinger onder woorde hou en dit stadig lees, mits dit Afrikaans was. Sy het die Bybel gelees en niemand kon Paulus soos my ouma verstaan nie.

    My oupa se werk was om toiletpype in die water te druk wanneer dit van die vervoerband af kom. Toe ek ’n tiener was, het ek eenkeer vir my oupa ’n grappie vertel kort nadat ’n sensus gehou is, destyds net onder wit mense. Die grappie het gevra: Wat is die werk van ’n sensus-opnemer? Die antwoord was: Dit is iemand wat van huis tot huis gaan en die bevolking vermeerder. My oupa het lekker gelag. Hy sê toe: Dit klink na ’n lekker werk! Ek het ook vir hom van gravitasie vertel en hoekom ’n bottel op ’n tafel kan staan. Hy het lekker daaroor ook gelag.

    My ouma het respek gehad vir my oupa. Sy het hom bewonder. Hulle skakelhuisie het destyds net ’n buitetoilet gehad. My ouma het my oupa bewonder omdat hy altyd die buitetoilet gaan gebruik het en nooit die kamerpot nie. Dit het sy my vertel. Dit is hoe ’n ware man maak.

    Toe my oupa afgetree het by die fabriek, het hy besluit by die huis sit is nie vir hom nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1