Huisgenoot

VREDESMAN VOL GRAPPIES

DIS moeilik om te glo daardie aansteeklike laggie is vir altyd stil en sy warm glimlag sal nooit weer ’n vertrek of jou televisieskerm ophelder nie.

In onsekere tye het emeritus aartsbiskop Desmond Mpilo Tutu ons dikwels bemoedig of vertroos. Hy was die een wat ons na die “reënboognasie” herdoop het. En al het hy nie geskroom om openlik te huil oor die lyding van gewone mense nie, het hy met humor konflik ontlont.

Ná Nelson Mandela se dood in 2013 was die “Arch” die land se onwrikbare morele kompas en baken van hoop. Maar nou is ook hy weg – en saam met hom ’n tikkie van die reënboog se glans.

Tutu (90), wat in sy laaste jare teen kanker gestry het, is op 26 Desember in die Oasis-sorgsentrum in Kaapstad oorlede en het twee dae in staatsie buite die St. George-katedraal gelê voor sy roudiens op 1 Januarie.

Die openbare uitstorting van hartseer was ’n bewys van hoe geliefd dié geestelike leier, struggle-ikoon en Nobel-vredespryswenner was. Huldeblyke het van reg oor die wêreld ingestroom, blomme en boodskappe is buite sy geliefde katedraal gelaat, en duisende het sy liggaam gaan besigtig. In die dood was hy so nederig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related