EK HET grootgeword op Nederburg-wynplaas in die Paarl. Soggens moes ek, my ouer suster en jonger broer na die skool op die dorp toe stap. Dit was nogal ’n wye ent. Seker so agt kilometer.
Op skool was dit moeilik, want ons het minder gehad as die dorpskinders. Ons was baie geboelie oor ons van die plaas af is. Dit het my regtigwaar laat voel ek’s nie slim of goed genoeg nie.
Toe ons in standerd twee dorp toe getrek het, was daai stigma nog daar. Ons was toe steeds die plaaskinders wat nou maar net in Amstelhof bly.
Met hoërskool is ons na