Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

C'est la vie: Van lief en leed en kanse vat
C'est la vie: Van lief en leed en kanse vat
C'est la vie: Van lief en leed en kanse vat
Ebook329 pages4 hours

C'est la vie: Van lief en leed en kanse vat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Meesleurend, hartseer en snaaks ... vol vonkel."
- Marita van der Vyver

Toe die bekende ontwerper Lanie van Reenen al haar spaargeld en energie in 'n kasteel in Aubusson ingooi, het haar vriende gewaarsku dis onwys. Maar Lanie was besiel. Sy het haar Franse kasteel liefderyk herstel en die "beste boetiekhotel in die streek" geskep.

Die opening val egter saam met persoonlike en internasionale tragedie: die wêreldwye finansiële krisis, en 'n ernstige ongeluk wat Lanie se eks-man in 'n koma laat. Boonop dreig die beleggers om haar hotel van Kaapstad af te bestuur.

Dan is daar die kwaai brandweerbaas en die Franse burokrasie om mee rekening te hou, die uittartende kamerbediende, ander eksentrieke hotelpersoneel, die ongewone bure en Franse vriende.

Lanie se kleurryke vertelling raak aan die diep hartseer wat voluit leef kan meebring, maar ook aan die ekstase van jou drome nastreef. Al is dit 'n vet kans wat jy vat...
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 28, 2013
ISBN9780624056195
C'est la vie: Van lief en leed en kanse vat

Related to C'est la vie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for C'est la vie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    C'est la vie - Lanie van Reenen

    Hoofstuk 1

    My lewe as selfbewuste mens het eers ’n week ná my een-en-twintigste verjaardag begin. Dit het begin met ’n eksistensiële krisis wat my in ’n senuweekliniek laat beland het. Dit was asof ek eensklaps in my lewe beland het, en waar ek voorheen was, het vaag en wollerig gevoel. Ja, daar was ’n dogtertjie met blonde hare wat op haar pa se skoot gesit het wanneer hy stories lees, wat soms bang ná ’n nagmerrie tussen haar ma en pa in hulle bed gaan inkruip het, hoofmeisie in die laerskool, die stoute tiener wat meer in kêrels as in skool belanggestel het, die aspirant-joolprinses wat dit nooit gemaak het nie, maar dit was alles so outomaties, asof ’n ek ontbreek het.

    Ek het die ineenstorting soos ’n groot storm in my binneste voel opbou. Al hoe nader het dit gekom. Ek ken geen eensamer plek nie. Angs fladder in jou borskas soos ’n voël wat in ’n toe kamer vasgekeer is. Jy voel van jou self vervreem. Kernloos, ongeanker en apart. Jy wil iemand aanraak en sê: Ek is in die moeilikheid, help my, neem dit weg.

    Ná skool is ek Tukkies toe. My ma en pa, Fransie en Franz Quass, het my by Nicolhuis afgelaai waar studente tuisgegaan het wat in ’n para-mediese rigting studeer het. Arbeidsterapie was ’n halfhartige keuse. Ek het myself in die regte gesien, maar die voorligtingsielkundige wat ons skool in my standerd 9-jaar besoek het, het nie. Die jong juffrou Quass se punte, het hy gemeen, was heeltemal te vrot vir dié hoge professie. Toe is dit maar arbeidsterapie agter my ouer vriendin aan wat toe reeds in haar tweede jaar was en dit entoesiasties aanbeveel het.

    In my derde jaar moes ons ses weke lank psigiatrie-prakties doen in die Tara-hospitaal in Johannesburg. Daar was terapeute – ons – en pasiënte – hulle. Dit het vir my gevoel asof my binnekant begin oorsleep het na die oorkant toe, na hulle toe.

    Een middag stap ek ná werk in ’n nabygeleë winkelsentrum rond en sien my weerkaatsing in ’n winkelvenster. Ek word lam van die angs. Wie is daardie mens? Sy loop al een-en-twintig jaar hier rond en haal asem en studeer . . . maar vanuit die venster staar ’n vreemdeling na my. Die geluid van my voetval maak my bang; ek wil nie na my hande kyk nie. Wie se hande is dit?

    ’n Paar dae later, ná die bespreking van ’n kliniese gevallestudie in Tara, gaan ek na die psigiater wat die bespreking gelei het. Dit voel asof jy oor my gepraat het, sê ek vir hom. Ek is verskriklik bang . . .

    Om bloot hardop te praat oor die onheil wat al hoe nader kom, is reeds ’n verligting, maar die psigiater gee my ook ’n paar pilletjies en sê ek moet saans voor ek gaan slaap twee drink.

    Die pille help my slaap, maar laat my kop bedags dof voel. Boonop voel ek skaam omdat ek, ’n arbeidsterapiestudent, so in duie stort, en vermy voortaan die psigiater.

    My bestaansangs raak uiteindelik so verlammend dat ek in die Denmar-kliniek in Pretoria opgeneem word. My vriendin Robin het ons psigiatrie-dosent laat weet dat ek angstig en huilerig voorkom. My ouers was oorsee en sy was bekommerd oor my. Die dosent het deurgery Johannesburg toe, besef dat ek hulp moes kry en met my teruggery na die Denmar-kliniek in Pretoria. Die psigiater wat my daar ondersoek, het my met slaapmedikasie uitgesit nadat hy skaars my naam gevra het of gesê het wie hy is.

    Slaapterapie. Genadeterapie, amper soos genadedood.

    Arme, arme Michael, wat my pas weer teruggevat het nadat hy ons verlowing verbreek het en vir oulaas ses maande van vryheid beproef het, staan verslae daar elke keer wanneer my oë oopfladder. In die jare hierna, wanneer ons in ons huwelik ongelukkige tye beleef het, en so verbete probeer sin maak het daarvan, sou hy soms moedeloos en ten einde raad na dié oomblik verwys, woordeloos, met net die gebaar van sy twee polse in boeie. Dit was die oomblik dat hy eintlik weer die hasepad sou wou gekies het, maar sy eerbaarheid en medemenslikheid het dit nie toegelaat nie.

    Tiekeloks. Met die malletjie sit jy nou!

    As ’n mens een maal so vir jouself geskrik het, is dit soos ’n mankheid wat jy binne jou saamdra. Êrens, weet jy, is daar ’n los draadjie wat die hele spul weer kan laat lostorring.

    Hoofstuk 2

    Om met ’n van soos Quass in ’n Afrikaanse voorstad in Pretoria groot te word was so effens eksoties, het ek gedink. Lanelle Quass. Nie van hier rond nie!

    My pa se pa, Charles Ferdinand Fortunato Quass, het in die vroeë 1900’s met dié vreemde Oostenrykse van in Suid-Afrika aangekom. ’n Avonturier wat hom in Middelburg in die ou Transvaal gaan vestig het en ’n winkelier geword het. Oor ons Quass-voorsate is daar egter min bekend, want my oupa was ’n weeskind. Op Middelburg het hy vir Marie-Louise Link ontmoet, ’n Duitse meisie wat by haar tante se losieshuis kom kuier het. Hulle het getrou en drie seuns gehad, Fred, Carl en my pa, Franz Wilhelm.

    Klein Franz was skrander, en as hy bang was vir ’n kwaai klasonderwyseres het hy gesorg dat hy na die volgende standerd spring. Só skryf hy dus op vyftien al matriek, studeer aan Tukkies en behaal sy doktorsgraad in chemie voor die ouderdom van dertig. Brandstofnavorsing was sy spesialiteit. Hy trou met sy universiteitsliefde, maar sy sterf in hulle bed aan meningitis voor hulle ’n jaar getroud is. Hy treur baie lank, en verdiep hom in sy werk en studies.

    My ma, Fransie, was ’n nooi Pretorius, die tweede jongste van agt kinders. My pa was bevriend met haar broers, wat saam met hom aan Tukkies studeer het. Die eerste keer dat hy haar gesien het, was sy ’n twaalfjarige rabbedoe, en die volgende keer ’n pragtige vrou van twee-en-twintig met die mooiste bene in die Suidelike Halfrond. Hy was ’n ou wewenaar van twee-en-dertig vir wie die wêreld weer geglimlag het.

    Ek was vyftien toe my pa deur die regering aangestel is om Soekor (Suidelike Olie-eksplorasiekorporasie) op die been te bring om vir Suid-Afrika olie te probeer kry. Hy het dikwels vertel hoe hy, dr. Ampie Roux en dr. B.J. Vorster, toe eerste minister, met die inhuldiging van die eerste olieboor in Barkly-Oos op die boorplatform gestaan het. Dr. Vorster het aan hulle twee gesê, so het my pa vertel: Franz, vind jy vir ons olie, en Ampie, sorg jy vir die atoombom, dan sal die wêreld ons nie kan aanraak nie.

    Vir my was die voordeel van my pa se aanstelling dat ons gesin van Pretoria, waar my pa by die WNNR gewerk het, na Johannesburg verhuis het. In Pretoria was ek in die Hoërskool Menlopark, maar in standerd 7 het my pa my weggestuur na die Hoërskool Middelburg, waar hy skoolgegaan het en waar my boet Ferdie daardie jaar in matriek was. Toe ons Johannesburg toe trek, kon ek weer uit die huis uit skoolgaan, en wel aan die Hoërskool Linden.

    Die jaar in standerd 7 in Middelburg het my egter in ’n klein hel-en-bliksem verander. Ek het aanvaar my ouers het my koshuis toe gestuur omdat ek stout was, en half onbewus het ek blykbaar besluit: Nou ja, laat ek julle dan wýs hoe lyk stout! As daar ’n dare was onder ons klomp dogters in die koshuis, was ek die een wat getender het daarvoor. Naderhand is jy stout sonder om eers regtig lus te wees daarvoor, maar jy het nou eenmaal die reputasie verwerf. Ek het omtrent elke naweek in die studielokaal deurgebring as straf, en selfs daar het ek kattekwaad beplan en uitgevoer.

    Toe ek in standerd 8 in die Hoërskool Linden aankom, was daar reeds hegte vriendekringe gevorm en ek het nêrens regtig ingepas nie. Maar toe ek op ’n dag skool bunk en weer die week daarna, saam met ’n groepie ander belhamels, besef ek dat die kinders van my notisie begin neem en my naam begin ken. Lanie Quass. Kan julle glo sy het al weer gebunk! Min weet hulle dat dit gou vervelig raak om in Hillbrow rond te hang tot jy en jou maters weer die bus kan neem terug Linden toe. Ek word nie uitgevang nie. Ek neem selfgeskryfde verskoningsbriefies skool toe: Lanie moet tandarts toe gaan en Lanie het blindedermontsteking.

    Maar in standerd 9 loop ek my rieme styf. Ons skoolhoof, meneer Dirks, kondig op ’n Maandagoggend in die saal aan dat die volgende stokkiedraaiers summier uit die skool geskors sal word. Ons neem omsendbriewe hieroor huis toe, wat ons ouers moet teken.

    ’n Dare doen pouse die rondte: Wie sal dit wil waag om twee dae agter mekaar te bunk? Ek hou my maar skaars, ek wil regtig nie. Maar weer raak ek ingetrek as groepies gedurende pouses bymekaarkom en die groot bunk beplan.

    Daar is drie seuns wat in is, maar geen meisies nie. Ek hou van een van die seuns, maar hy maak my ook so ’n bietjie bang. "Toe, Lanie, ek dare jou, sê hy. En ná skool stap hy die eerste keer saam met my huis toe. Sien jou môre by Hennie se huis, sê hy toe ek ons tuinhekkie opstoot. Dink net aan die lekker pies by Fontana in Hillbrow, as die ander suckers in die skool sit."

    Die volgende oggend pak ek in plaas van my skoolboeke my jeans, tekkies en ’n T-hemp in my tas in. En my sakgeld. By Hennie, wie se ouers albei werk, se huis verklee ons en spring in die bus wat elke oggend om halfnege reg voor die huis stop. Dan is dit nogal opwindend om deel van die groep te wees, al voel ek naar op my maag van spanning. Ons eet Fontana-pies, drink Coke, rook menthol-sigarette en luister musiek by Hillbrow Records. Ek is one of the boys.

    Toe my sussie Linda, wat in standerd 7 is, ná skool voor Hennie se huis verby loop, sluit ek by haar aan, nou weer in my skooluniform. Slaps het gevra oor jou, sê sy. Ek het gesê jy is siek. Ek het nie meer lus om namens jou te jok nie. Sy is kwaad vir my, maar ook bang ek sal dink sy is nie cool nie. Slaps, die Latynonderwyser, is die gewildste onderwyser in die skool.

    Daardie aand aan etenstafel vertel my pa, ingenome met homself, dat daar ’n verslaggewer en fotograaf van Huisgenoot die volgende middag na ons huis toe gaan kom om foto’s te neem van ons gesin. Hulle gaan ’n artikel oor Franz Quass van Soekor en sy gesin publiseer.

    Die volgende oggend maak ek en die drie seuns weer so. Ek is in die ding in, kan nie, wil nie kop uittrek nie. Twee dae gebunk is my grootste dare tot dusver en ek is halfpad daardeur.

    Die volgende dag in Hillbrow is die pies minder lekker, proe die menthol-sigarette al hoe slegter en voel ek naar van al die Coke. Ek skrik as die seuns daggazolle rol en rook. Nee, o donner, dis te erg.

    Bangbroek, sê Theo Kritzinger as ek nie aan sy zol wil trek nie, ou goody two-shoes!

    Ek kan nie wag dat die bus moet kom nie.

    Ek stap weer in my skoolklere na skool saam met Linda huis toe. In Derdestraat stop ’n klein Volksie langs ons. Dit is Slaps! Hy rol die Volksie se venster af, leun uit en sê stadig: Vir jou, Lanie Quass, wil ek nooit weer in my klas sien nie.

    Ek is asvaal en my bravade is weggeskrik. Linda huil sommer en loop vir my weg. Ek gaan geskors word en dit gaan Huisgenoot haal! My hele familie gaan verneder wees. Miskien sal ek na ’n verbeterskool toe moet gaan. My pa gaan so kwaad wees, sê nou hy kry ’n hartaanval en slaan dood neer. Die lewe soos ons dit geken het, gaan nooit weer dieselfde wees nie.

    Die middag se fotosessie is allerpynlik. Ons gesin poseer in ons uitgaanklere. Dan moet ek en Linda oor en oor met ons twee kleinsussies in die swembad spring. Die Quass-gesin se laaste normale dag voor hulle standerd 9-dogter uit die Hoërskool Linden geskors word, word op film vasgelê. Hoe sal ek kan verduidelik dat ek eintlik in my hart weet dat ek goed is, dat ek myself en my aandagsoekery eintlik verag, dat ek eintlik net wil hê my pa moet trots wees op my? Soos hy laas was toe ek hoofmeisie van die laerskool was. Wel, dis nou verby, ou sussa.

    Ek slaap die aand niks nie. Ek en Linda loop skool toe die volgende oggend, al twee van ons stil en benoud. Die eerste drie periodes het ek Latyn by Slaps. Ek gaan sit in my bank en die ander kyk my grootoog aan. Nie rêrig bewonderend nie. Slaps kom in en begin dadelik met die les. Net soos altyd.

    Ná die eerste periode kom staan hy voor my bank. So, jy was siek, sê jou sussie.

    Nee, Meneer, ek was nie siek nie.

    Nou waar was jy dan?

    In Hillbrow, Meneer.

    Was dit lekker?

    Nee, Meneer. Die trane brand in my oë.

    Hy gaan aan met die klas. Ná die tweede periode stap hy uit en sê ons kan rus. Nou kom dit, dink ek. Hy gaan terugkom met meneer Dirks en ek sal saam met hom na sy kantoor toe moet gaan. Miskien is my ouers reeds daar. Ag, liewe Here tog.

    Slaps kom terug. Alleen. Hy sit die les voort en toe die klok ná die derde periode lui, verdaag hy die klas.

    Nooit het hy ’n verdere woord oor die voorval gesê nie. Maar Lanelle Quass en al die ander Latynleerlinge in standerd 9 het geweet dat iemand se sonde die dag oorgesien is en dat haar dae van dares vir goed verby is.

    Twee weke later verskyn die artikel oor ons gesin in Huisgenoot. Ons lyk soos ’n normale, gelukkige, bevoorregte, voorstedelike gesin. Wat ons is.

    ’n Oud-Tukkie in die Kaap is ’n bedreigde spesie. As die oud-Maties in die Kaapse stadskom, waar ek woon, so lekker in die kudde spog oor hul universiteitsdae, dan hou ek my maar effe stil en eenkant. Dit voel asof jou universiteitsdae nie rêrig tel nie en paranoïes verbeel jy jou dat as jy jou rug draai, hulle fluister: Siestog, sy was ’n Tukkie. Wanneer jy dan weer by die groep aansluit, is almal effe jammer vir jou, soos vir iemand met ’n tekortkoming. Of dis in elk geval hoe jy jou dit verbeel. Maar as jy lank genoeg vasbyt, en die kudde besluit daar is tog nou en dan iets goeds wat uit die ou Transvaal en Tukkies gekom het, aanvaar hulle jou uiteindelik – solank jy net nie vir die Blou Bulle skree nie. Uit selfbeskerming het ek gou ’n WP-ondersteuner geword, en vandag kan ek my nie voorstel dat dit ooit anders was nie.

    Op Stellenbosch word gesokkie; op die Tukkie-kampus het ons gebokjol, veral in die Rautenbachsaal onder die Aula-teater. Die planke van die houtvloer het gewieg as die studenteorkes, Scene Four, Ob-la-di, Ob-la-da gespeel het. Ons het dan opgehou met langarm dans, in ’n lang ry agter mekaar ingehaak en gehuppeldans terwyl ons luidrugtig saamsing. Ek het altyd gewonder of die vloer sou hou.

    Ek onthou die uitbundigheid van ’n bokjol met soveel vreugde – kon ’n sokkie op Stellenbosch ooit so lekker gewees het of ’n orkes so great?

    In my eerste jaar het ek Scene Four se hoofkitaarspeler opgemerk; hom so van ver af bewonder, soos eerstejaartjies maar maak met onbereikbare ou manne op die kampus.

    Michael van Reenen.

    En toe ek hom uiteindelik een aand by ’n braai van aangesig tot aangesig ontmoet, voel dit vir my asof ek voor ’n celebrity staan en maak hy my skoon senuweeagtig. Hy dra ’n nerfaf baadjie van skaapleer en ’n swart rolnektrui by sy jeans; hy is bebaard en het blou-blou oë. Sy stem is warm en sy glimlag skewerig. Hy is selfversekerd en gemaklik met sy gewildheid.

    Toe almal rustig om die vuur sit, laataand, speel hy vir ons kitaar en val weg met Me and Bobby McGee. Ek ken die liedjie goed en kan self nogal sing en teen die tweede vers val ek in. Maar die oomblik is te groot en in plaas daarvan dat ek met selfvertroue die noot vat, kom daar net so ’n dun piep uit – so dun en pieperig dat Michael verbaas opkyk. Hy sien my skok en verleentheid, draai glimlaggend na my en help my die liedjie in deur harder te sing totdat ek my stem vind. Ons sing die liedjie klaar, sonder te veel verdere pyniging vir my en die toehoorders.

    ’n Week later word ek oor die interkom in my koshuiskamer geroep: Telefoon, juffrou Quass! Seker my ma, dink ek toe ek na die telefoonhokkie stap, maar dis ’n man. Dis Michael van Reenen, sê hy, en my knieë word so lam dat ek teen die muur van die hokkie afgly en plat op die vloer gaan sit. My ore tuit en ek praat nie lekker nie, maar sê darem ja toe hy vra of hy my die Vrydagaand kan uitneem.

    En ná die Vrydagaand wil hy my die Saterdagaand ook uitneem, en teen Sondagaand soen hy my. En kon hy! As ’n man goed kan dans, dan dans jy maklik met hom; met soen is dit klaarblyklik ook so. Hy fluister in my nek: Jy maak my bang; jy lyk na ’n troumeisie en ek wil nie nou al ’n troumeisie leer ken nie . . .

    Die Maandag ontmoet ons op ’n afgespreekte tyd op kampus. Vir my voel dit ek sweef elegant in my baie kort minirok en hoë wighaksandale oor die lang grasperk voor die Ou Lettere-gebou, maar later sê Michael ek het só ongemaklik en stywebeen aangestap gekom dat hy gedink het ek het die een of ander gebrek.

    Maar ons gaan gou vas uit. ’n Gróót kys. Ek voel soos ’n uitverkorene, asof die gode glimlag en in my rigting die kop knik.

    Hoofstuk 3

    ’n Paar maande ná die Groot Kys, ry ons vir ’n naweek na Golden Gate sodat Michael my aan sy ouma en oupa Van Reenen kan gaan voorstel. Hulle woon in die mooi ou opstal tussen die twee bergkranse waar Golden Gate sy naam gekry het.

    Die plase Golden Gate en die aanliggende Glen Reenen in die Oos-Vrystaat is ’n paar geslagte reeds Van Reenen-grond – Michael se oupagrootjie, Jan Nicolaas Rossouw van Reenen, het hom in 1876 hier kom vestig en sy oumagrootjie, ’n nooi Moody, het die poort sy naam Golden Gate gegee. Oupa Van Reenen het ’n ding oor vanne gehad en het vas geglo dat hy iemand se karakter aan die hand van sy van kon uitlê. Toe Michael hulle bel om te sê hy bring ’n meisie saam vir die naweek, Lanie Quass, wil Oupa weet: Wat vir ’n van is dit, Boet? Klink vir my Portugees? Maar toe ek vlot Afrikaans blyk te wees, is Oupa sommer verlig. Gedurende die naweek kry ek kans om te vertel van my Oostenrykse oupa Quass wat in Middelburg met ’n Duitse meisie getrou het. En dat daar aan my ma se kant darem Pretoriusse en Snymans is.

    Ek kry ’n kamer met ’n hoë houtkatel, gestyfde wit linne en ’n donskombers wat ouma Van Reenen self gemaak het van haar eie ganse se dons. Daar is ’n waskom en ’n beker wat saans wanneer jy bed toe gaan met warm water regstaan, ’n warmwatersak tussen jou lakens en ’n piepiepot onder die bed, sodat jy nie snags ’n koue, donker gang hoef te trotseer nie.

    Die huis ruik soos geen ander plek wat ek ken nie, ’n mengsel van katjiepiering en vloerpolitoer en kamfer en soetgebak uit die kombuis.

    Ek ken dit nie, ’n ouma en oupa wat op ’n plaas woon met ’n kombuis waaruit daar die wonderlikste kos te voorskyn kom, drie maal per dag, en dan nog boonop tee, koek, koekies en terte tussenin. ’n Mens wil naderhand huil van al die eet.

    Ouma Van Reenen maak kosbaarhede bymekaar wat sy koop van ’n handelsreisiger wat ’n paar maal per jaar met sy ware daar aandoen. Hy weet al waarvoor om uit te kyk vir haar: fyn blou-en-wit porselein, mooi glas- en koperware. Ek kan my verkyk aan die mooigoed wat uitgestal word op, onder meer, ’n agthoekige tafel van okkerneuthout waarin ’n groot, blink, ronde koperskinkbord versink is. Ouma sê dat die kopertafel een van haar kosbaarste aankope was – sy het dit van ’n katalogus bestel en moes baie lank daarvoor wag. Dit lyk vir my of die herkoms Indies kan wees en ek is verbaas dat ’n mens daar op daardie afgeleë plek iets so mooi kan bekom. Ek is verlief op die kopertafel.

    Michael wys vir my die plekke van sy kleintyd. Die kloof wat agter die opstal begin en waarin ons plek-plek moet leopard crawl omdat dit heeltemal vergroei het sedert hy dit as seun verken het.

    Ons klim na die witkruisarende se nes in die krans aan die oorkant van die huis. Oupa Man sit die arende daagliks met ’n verkyker en dophou en hy het gesê ons moet gaan kyk, hy dink daar is kuikens. Ons moet egter agterom klim tot bo-op die krans en dan op die maag tot by die rand van die sandsteenrots seil om in die nes in te kan sien.

    Dié avontuur is so reg in my kraal, maar net toe ek my neus oor die rand van die afgrond stoot en tot in die nes kan sien, kom ek agter Michael is nie meer langs my nie. Ek roep saggies: "Daar is twee kuikens in die nes, kom kyk." Ek hoor egter niks nie en kyk om.

    Michael sit spierwit in die gesig vir lewe en dood aan twee graspolle en vasklou. Kom weg daar van die afgrond, asseblief, roep hy. Nou dadelik!

    Ek seil agteruit tot

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1